Deur Rediscover Dairy
Bedien: 6-8 porsies
Porsiegrootte: 120 g
Bestanddele
5 middelslag-bete, gaar en in blokkies gesny (gekoopte gaar beet kan ook werk)
100 g Deense fetakaas
3 hande vol vars roketblare
3 e okkerneute, gekap (pekanneute is ‘n goeie alternatief)
Suurlemoenvinaigrette
125 ml (½ k) olyfolie
50 ml suurlemoensap
skil van een suurlemoen, gerasper
130 ml heuning
5 ml (1 t) Dijon-mosterd (opsioneel)
sout en peper na smaak
Metode
- Klits bestanddele vir vinaigrette saam.
- Plaas roketblare in slaaibak of rangskik op opdienbord. Gooi bietjie vinaigrette oor en voeg blokkies beet en fetakaas by.
- Gooi meer vinaigrette oor en sprinkel gekapte okkerneute oor.
- As daar nog slaaisous oor is, hou dit in ‘n lugdigte houer in yskas en verkoel vir maksimum van vier dae.
Lees ook: 11 maklike happies vir laer cholesterol