Winter is nog in volle swang, maar dit beteken nie jou tuin hoef te slaap nie!
Die belangrikste tuinmaaktaak is nou om te snoei, veral roosbome, wat in die lente ’n heerlike vol bos kleurryke blomme sal dra. Deur rose in die winter te snoei wanneer die plant dormant is, help die blomknoppe om nuwe lote en blare te vorm. Wanneer die temperatuur in die lente styg, sal jou roosbome gereed wees om te blom. Maar as jy die snoei tot einde Augustus uitstel, sal die roosbome waarskynlik eers laat in Oktober blom. Hier is ’n paar wenke van GARDENA om jou rose goed te snoei voor die lente kom.

SNOEI
’n Bedding- of roosboom is rose wat verskeie bloeisels op een stam het, terwyl hibriede teerose slegs een blom per stam het. Hoe jy snym vorm die grondslag vir ’n sterk en lewendige plant met welige blomvorming. Dit genereer nuwe hout, en die roos kan siektes baie beter weerstaan. As rose nie gereeld gesny word nie, word die blom swakker en die roos sal kaal word. As jy ’n snoeiskêr van goeie gehalte gebruik, verbeter jy die snyresultaat en die takke word nie beskadig nie. GARDENA se reeks snoeiskêre, met kragtige snylemme, bied uitstekende resultate wat plantinfeksies verminder.

GEBRUIK GEREEDSKAP VAN GOEIE GEHALTE
Wanneer jy jou rose terugsnoei, is daar nie veel wat jy verkeerd kan doen nie. Dit is veral belangrik dat die roos sterk gesny word sodat die plant sterk kan teruggroei – behalwe as die roos te oud is of te swak voeding het. Wanneer jy te versigtig sny, word die hout in die onderste gedeelte oud en dik, terwyl die roos meer vatbaar vir siektes raak en breek. Vir sagte groen lote, gebruik die GARDENA Bypass Secateur. As jy droë takke aanpak, gebruik die GARDENA Anvil Secateur, wat ontwerp is om ’n dikte van tot 24 mm te sny.

VERWYDER RYPBESKERMING
Voordat jy kan begin om jou rose terug te snoei, moet jy eers die rypbeskerming van blare en struike afhaal. Rose sal sterker uitloop as dit aggressief teruggesnoeiword, afhangende van die groeikrag van die spesie. Ná ’n groot sny, loop die roos met net ’n paar maar sterk nuwe lote uit, terwyl ’n swak sny veroorsaak dat baie dun lote uitspruit. ’n Sterk snoei beteken om die roos tot 10 tot 20 cm bo die grond af te sny.

SNOEI STERK
Jy moet altyd die roosstingel afsny bo ’n ogie wat uitwys. Ogies is die spruitpunte van die takke. Die snit moet altyd skuins wees, nie reguit nie. Lote wat in die binnekant van die roos groei en dié wat mekaar kruis, moet heeltemal afgesny word. Dooie hout word by die basis verwyder, op so ’n manier dat jy ’n bietjie in die oorkantste gesonde hout insny. Dit is belangrik omdat kieme daarvan hou om in die dooie hout te vestig. Ook beroof die dooie hout ruimte vir nuwe lote, so raak ontslae daarvan. Jy kan dit herken aan sy droë bruin kleur. Wilde lote wat onder die okuleerlas uitloop, moet ook verwyder word.

SORG NÁ SNOEI
Maak seker dat jy goed vir jou rose sorg en aandag gee nadat jy dit gesnoei het. Verseël die snitte om infeksie te verminder of spuit die plante met ’n insekdoder. Van Augustus af, is dit raadsaam om jou bosse te bemes deur ’n gebalanseerde rooskunsmis te gebruik en deeglik nat te maak. Kompos word sterk aanbeveel – gebruik kompos of ’n deklaag rondom die wortel van die rose. Maak seker dat jou rose minstens ses tot agt uur sonlig en goeie lugsirkulasie kry.

PLANT- EN HANDBESKERMING
Soos met jou rose, is dit ook ’n goeie tyd om ander blomplante te snoei, wat jou tuin gereed sal maak om in die lente te blom. Soos jy jou plante beskerm het, moet jy ook jou hande beskerm. Gebruik handskoene van ’n goeie gehalte waarmee jy enige snoeitaak kan uitvoer. GARDENA se rooshandskoene is spesiaal saam met Kevlar ontwerp, wat keer dat dorings deur die materiaal steek.

Sodra jy klaar gesnoei en jou plante gevoed is, kan jy nou agteroor sit en vir jou tuin wag om in die lente met helder kleure lewendig te word.

Klik hier vir meer nuttige tuinmaakwenke.
Lees ook: Planne vir ’n piepklein tuin

