Deur Margaret Gardiner.
“Ek was soms verward en het vreemd voorgekom,” sê Selena Gomez, “sowel as lomp, so ek kan my vereenselwig met my karakter, Mable, se manier om haarself te vind.” Met 418 miljoen volgelinge op Instagram, is die Only Murders in the Building-aktrise lank reeds een van die mees gevolgde vroue ter wêreld. Die talentvolle sangeres, aktrise, en vervaardiger met ’n beroemde lys van kêrels, insluitend Justin Bieber, The Weeknd en Nick Jonas, en Golden Globe-benoemde is tans aan sanger Benny Blanco verloof.

(Foto: Disney/Patrick Harbron)
Verlede Saterdag het sy tydens die TV Academy Televise in die middestad van Los Angeles op die verhoog verskyn om te praat oor die afgelope seisoen van haar trefferprogram, saam met Steve Martin, en die uitvoerende vervaardiger en programleier, John Hoffman. Martin Short het aanlyn by die paneel ingeskakel.
Die 1,6 m-skoonheid, wat openlik oor haar geestesgesondheidsprobleme en lupus praat, het mense aangeraak deur baie kwessies uit te wys wat ander sterre probeer wegsteek.
View this post on Instagram
Haar sukses het as ’n kinderaktrise in Barney & Friends begin. Sy het gou ’n ikoon vir tieners geword. Soos soveel ander megasterre (Britney Spears, Miley Cyrus, Ryan Gosling en Zendaya), was die Disney-kanaal soos kunsmis vir haar roem. Dit was daar waar Selena Alex Russo in Wizards of Waverly Place (2007-2012) vertolk het. Sy het haar ster-aantrekkingskrag in belangrike en kommersiële gunstelinge soos Hotel Transylvania, Emilia Perez en Only Murders In the Building (OMITB) verstewig.
Die Only Murders In the Building-reeks fokus op drie woonstelbewoners (Steve Martin, Martin Short en Selena Gomez) wat ’n obsessie met werklike misdaad deel en hulself in een vasgevang bevind wanneer daar ’n moord in hul gebou gepleeg word. In elke seisoen word ’n nuwe moord gepleeg en kykers volg hoe die moordenaar ontbloot word.

(Foto: Disney/Patrick Harbron)
John Hoffman het berig gelewer dat Meryl Streep, wat die gasvrou op OMITB was, voorgestel het dat Selena die “gom” was wat dié speurderprogram ’n treffer gemaak het. Hy het gedeel dat Meryl beweer het dat sy “geïntimideer” was om by die program aan te sluit, onseker oor waar sy sou inpas aangesien sy Selena as die “geheime bestanddeel” beskou het. Toe sy John se woorde hoor, het Selena haar kop in ontsag en nederigheid gebuig. “Dis so vreemd dat ek haar kan SMS,” het sy uitgeroep en haar kop geskud oor die vriendskap met ’n toneelspelikoon, voordat sy bygevoeg het: “John, jy het my dit nog nooit tevore vertel nie.”
Met haar reuse- 8-karaat-ovaalverloofring, beset met ’n Marquise-diamant, het Selena die mikrofoon vasgegryp en gegiggel toe sy oor haar gunstelingtoneel in die reeks gevra is. Molly Shannon van SNL-faam, ’n gasrol in seisoen 3 van die reeks, het lyne geïmproviseer, Selena onverwags op die wang gesoen, en was so onvoorspelbaar dat Selena gesukkel het om haar lag te bedwing. “Dit was ondraaglik. Ek kon nie deur ’n enkele opname kom nie,” het sy erken. “Molly is ’n absolute improvisasie-genie en dan gee sy haarself nog die vryheid om te maak asof sy dronk is, en dit het net nog beter en beter geword.” Elke opname was goud werd. Hulle moes uiteindelik Mable toelaat om vir Molly se gedrag in die reeks te giggel, want “ek kon nie my gesig neutraal hou om my lewe te red nie,” het die sangeres laggend gesê.
- (Foto: Disney/Patrick Harbron)
- (Foto: Disney/Patrick Harbron)
Steve Martin het Selena “’n vreedsame teenwoordigheid wat die drie akteurs bind” genoem. Martin het van die verhoog af voortgegaan: “Dis goed om Selena te hê om na terug te kom,” as ’n teenmiddel en rustige teenwoordigheid onder die twee meer maniese karakters.
Selena het gesels oor die storielyn van haar karakter oor die seisoene van die treffer Hulu-reeks en die parallelle wat dit met haar werklike lewe het. “Ek probeer uitvind wat reg is, wat verkeerd is; so dit voel gepas om Mable as iemand uit te beeld wat probeer uitvind waar sy inpas.”
Ter afsluiting het John Hoffman oor seisoen 4 van Only Murders In The Building geterg. “Ons keer terug na New York en die storie draai weer om die gebou. Ons het uit koerantopskrifte van New York aangehaal wat vandag op spesifieke maniere baie eietyds is. Ons kombineer klassiek met modern, oud en nuut. Wat is die magspel wat in New York aan die gang is wat weerspieël wat in die land aangaan? Ons flankeer met wie die mag gehad het, wie die mag het en wie dit sal kry, en wat ons trio sal doen wanneer hulle midde-in dit is. Ons suggereer dit dwarsdeur die nuwe seisoen.”
KYK | Steve Martin gesels oor sy verjaarsdag en Disneyland
Volg Margaret op Youtube, Facebook, Twitter en Instagram!
Lees ook: IS JY GEREED? | Vyf dinge wat jy van Spoorloos: Losprys moet weet



