Resepte, stilering en fotografie: Marlo Kitshoff-Carstens
4 porsies
Bestanddele
Koekielaag
- 375 ml (1½ k) koffie, sterk en afgekoel
- 30 ml (2 e) suiker
- 200 g (1 pakkie) Boudoirskoekies (vingerkoekies)
Roomlaag
- 250 ml (1 k) room
- 90 ml (6 e) versiersuiker
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 250 g (1 bakkie) mascarponekaas
Opdiening
- 30 ml (2 e) kakao
Metode
- Roer koffie en suiker tot opgelos.
- Giet koffiemengsel in plat vlak bak en doop vingerkoekies vinnig in koffiemengsel. Plaas laag onder in bak of sny vingerkoekies voor die tyd in stukkies sodat dit in individuele bakkies sal pas.
Roommengsel
- Klits room, versiersuiker en vanielje tot styf met elektriese klitser.
- Vou mascarponekaas by roommengsel in.
- Skep helfte van roomlaag bo-op vingerkoekielaag.
- Herhaal bestanddele met nog laag vingerkoekies wat in koffie gedoop is en oorblywende roomlaag. Smeer boonste laag glad.
Opdiening
- Sif kakao bo-oor.
- Plaas in yskas vir 5 uur voor opdiening.

Wenke:
- Moenie vingerkoekies te lank in koffie doop nie, anders raak dit pap.
- Jy kan ook roomkaas in plaas van mascarponekaas gebruik as jy sukkel om mascarponekaas in die hande te kry.

