Bestanddele van die koek
- 200 g donkersjokolade (70% kakao)
- 150 g botter, saggemaak
- 8 eiers
- 160 ml (2/3 k) strooisuiker
- 180 ml (3/4 k) meel
- 10 ml (2 t) gemengde speserye
- 60 ml (1/4 k) lemoenmarmelade, warm
Instruksies vir die koek
- Voorverhit oond tot 180 ℃. Smeer 20 cm-springvormpan en voer basis en kant met bakpapier uit.
- Meng sjokolade en botter in hittebestande bak oor pot met pruttende water (moenie dat water aan onderkant van bak raak nie). Roer tot gesmelt en glad. Verkoel effens.
- Klits eiers en suiker saam in bak met elektriese menger vir 8 minute of tot verdriedubbel in volume. Sif meel en speserye oor; vou liggies met klitser in om te kombineer.
- Plaas sjokolademengsel oor na bak. Vou eiermengsel in, in twee sarsies. Giet mengsel in pan en maak oppervlak glad.
- Bak koek vir 50 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat koek vir 20 minute in pan afkoel voor jy dit op draadrak sit.
Bestanddele van die sjokoladeglaseersel
- 300 g donkersjokolade (70%), gekap
- 300 ml room
Instruksies vir die sjokoladeglaseersel
- Plaas sjokolade in oondbak. Giet room in pot en bring tot kookpunt. Gooi warm room oor sjokolade en roer tot glad.
Sit voor
- Sny bokant van koek af. Sny ronde bakpapier effens groter as die koek; plaas op draadrak. Draai koek onderstebo op bakpapier. Sny koek in helfte en smeer basislaag met warm marmelade. Bedek met oorblywende koeklaag.
- Plaas koek op draadrak oor skinkbord. Gooi versiersel oor koek; gebruik platlemmes om versiersel eweredig oor koek te smeer.
rr wenk: Jy kan konfyt in plaas van marmelade in hierdie resep gebruik.
Lees ook: Neuttertjies
