Deur Tanya de Vente-Bijker
Foto’s Willem Botha
Willem Botha se kamera neem hom deesdae om die wêreld heen. As jy weer sien, is hy op ‘n vliegtuig op pad iewers heen. Die vroegoggendvlug Kaapstad toe om ‘n rooi rose-voorblad te gaan skiet. Of op pad Robertson, Nelspruit of Upington toe vir een van Willem Botha Beauty se meesterklasse.
Maar sy nederige menswees spreek vanself in die uitkies van die foto’s vir hierdie artikel … Elke foto het ‘n spesiale storie oor sy loopbaan. Dis foto’s van mense en oomblikke wat hom na aan die hart lê.
Willem het al op laerskool sy eerste mik-en-druk-kamera in sy hand vasgehou, en nooit weer teruggekyk nie. “Een van daai wat jy nog so moet opwen,” vertel hy. In graad 10, toe hy 16 was, het sy ouers vir hom sy eerste Canon-kamera gekoop. Hy het alles afgeneem, of dit nou diere of sy vriendinne was. In graad 11 het hy Die Burger se Plusster-kompetisie gewen. “En omdat dit ‘n koerant was, het hulle foto’s van my gesoek. Ek het toe begin om my eie foto’s te neem.”
In 2006 het hy tweede in Idols gekom en in daardie jare het die platemaatskappye net vir een fotosessie betaal. “Ek het rêrig nie geld gehad om self fotograwe te bekostig nie so ek moes toe maar weer my eie foto’s neem.”
Die sanger Jay was saam met Willem by CO Productions geteken en hy het Jay se foto’s begin neem. Eers as ‘n guns, en later vir R200 vir ‘n shoot.
“Tot Jay vir my gesê het hy gaan my nooit weer boek as ek nie begin regte geld vra nie, want niemand in die bedryf gaan my ernstig opneem as ek R200 vra nie. Só het ek rêrig begin foto’s neem.”
Lees in die Augustus 2026-uitgawe van rooi rose hoekom elkeen van hierdie foto’s vir Willem in sy loopbaan uitgestaan het.
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Augustus-uitgawe móét lees!










