Genoeg vir 4.
Bestanddele
Klapper-jasmynrys
- 1 stingel sitroengras (lemon grass) gekneus
- 250 ml (1 k) jasmynrys, afgespoel
- 1 x 400 ml-blik klappermelk
- 125 ml (½ k) water
- 4 kaffir-lemmetjieblare
- 3 cm gemmer, gesny
- sout
Oosterse hoender
- 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
- 400 g ontbeende hoenderdytjies, in 2 cm stukke gesny
- 5 ml (1 t) brandrissies, 5 ml (1 t) gemmer, 5 ml (1 t) knoffel
- hand vol groenboontjies, groeipunte afgesny
- 80 ml (1⁄3 k) hoenderaftreksel
- 15 ml (1 e) oestersous
- 15 ml (1 e) vissous
- 10 ml (2 t) bruinsuiker
- gekapte basiliekruid-, koljander-, kruisement- en pietersielieblare – ’n hand vol van elk
- 1 lemmetjie, in wiggies gesny
Metode
Klapper-jasmynrys
- Meng die sitroengras, rys, klappermelk, water, lemmetjieblare, gemmer en ’n knypie sout in ’n groot kastrol.
- Bring tot kookpunt oor matige tot hoë hitte. Verlaag die temperatuur tot op die laagste stelling, bedek en kook vir 12 min. tot gaar en al die vog geabsorbeer is.
Oosterse hoender
- Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Braai die hoender tot goudbruin. Skep die rissie, gemmer en knoffel by en roer deur vir 1 min.
- Meng die boontjies, aftreksel, oester- en vissous en suiker by. Verhit vir nog 2 min. tot deurwarm.
- Meng die kruie deur en sit voor met die klapperjasmynrys met lemmetjiewiggies.

