Gebakte Carbonara. Resep deur Vickie de Beer
Genoeg vir 4
Bestanddele
- 250 g spekrepies, in blokkies gesny
- 400 g (4 k) pennenoedels
- 2 middelslaguie, fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 30 ml olyfolie
- 6 eiers
- 250 ml melk
- 250 ml room
- 100 g cheddarkaas, gerasper
- sout, neutmuskaat en swartpeper
- 250 ml ertjies
- 150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny
Metode
Verhit die oond tot 180 °C.
- Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deursigtig.
- Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
- Meng die eiers, melk, room en cheddarkaas. Geur met sout, neutmuskaat en peper.
- Skep die pasta in ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 3 liter. Strooi die ertjies oor en gooi die melk-en-eiermengsel bo-oor. Druk die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in.
- Bak tot goudkleurig en geset voor jy smul.
Lees nog:

