Genoeg vir 6.
Bestanddele
Tamatiesous
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, gekap
- 1 selderystokkie, gekap
- 1 wortel, gerasper
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 2 x 410 g-blikke heel geskilde tamaties, met ’n vurk in die sous fyn gedruk
- 15 ml (1 e) suiker
- hand vol tiemieblare
Vir die hoender
- 45 ml (3 e) sagte botter
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- hand vol salieblare, gekap + ekstra
- 6 groot, ontbeende hoenderborsies, sonder vel, oopgevlek en met ’n rolstok platter geslaan
- sout en gemaalde swartpeper
- 6 skyfies mozzarella
- 6 lappies parmaham
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 g (1 houer) bocconcini, in die helfte geskeur
- hand vol basiliekruidblare
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Tamatiesous
- Verhit die olie in ’n groot, oond-vaste kastrol en braai die ui, seldery, wortel en knoffel hierin tot sag.
- Voeg die tamaties, suiker en tiemie by en prut vir 15 min. Geur na smaak.
Hoender
- Meng die botter, knoffel en salie. Rol die oopgevlekte borsies effens platter en smeer die botter oor die hoender. Geur na smaak.
- Pak ’n skyfie mozzarella op elk van die borsies en strooi ekstra salieblare oor. Rol elkeen in ’n lappie parmaham toe.
- Verhit olie in ’n oondvaste kastrol en braai die hoenderborsies hierin tot goudbruin. Geur na smaak en gooi die tamatiesous en bocconcini oor.
- Bak vir 10-15 min. tot die bocconcini begin smelt en die hoender gaar is. Strooi die basiliekruidblare oor en sit met pasta voor.

