Metode
- Geur 4 steaks met sout en gemaalde swartpeper. Laat vir 15 min. staan.
- Verhit 15 ml (1 e) avokado-olie en 15 ml (1 e) botter in ’n pan oor matige hitte.
- Braai 1 ui, geskil en oorlangs in dik skywe gesny en 10 ml (2 t) balsemiekasyn vir 5-8 min. daarin of tot sag.
- Roer 15 ml (1 e) korrelmosterd by en hou eenkant.
- Smeer die steaks met avokado-olie en braai vir 3-4 min. aan elke kant op ’n warm riffelpan. Laat rus.
- Rooster 4 groot snye plaasbrood.
- Sit roket, geroosterde tamaties en die steaks op 2 van die snye brood.
- Skep lepels van die uie bo-op en sit die ander snye brood bo-op. Sny elk in 3 dele en smul!

