Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele crphotograpic.co.za
Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 400 g gerookte snoek, gevlok en grate versigtig verwyder
- 1 k (250 ml) gaar mieliepitte
- ½ k (6-8) droë appelkose, fyngekap
- ¼ k (60 ml) geroosterde grondboontjies
- 2 grasuie, in skyfies gesny
- ½ fyngekapte rooi-ui
- ’n hand vol gekapte vars koljander
Mosterdslaaisous
- 1 k (250 ml) mayonnaise
- 1 k (250 ml) volroom Griekse jogurt
- ½ k (125 ml) korrelmosterd
- 2 t (10 ml) mosterdpoeier
- 2 t (10 ml) fyngekapte knoffel
- 1 e (10 ml) fyngerasperde gemmer
- 2 e (30 ml) heuning
- sap en skil van een suurlemoen
Metode
- Meng die gevlokte vis, mielies, appelkose, grondboontjies, grasuie, rooi-ui en vars koljander in ’n groot mengbak.
- Meng die mayonnaise, jogurt, korrelmosterd, mosterdpoeier, knoffel, gemmer, heuning en suurlemoen in ’n bakkie.

