Aan tafel met die Du Toits

Die  dag is afgeskop met bokkom en anysmosbolletjies met korrelkonfyt en vanieljebotter saam met die Old Vine Du Toitskloof Sauvignon Blanc 2020.
“Du Toitskloof Wyne is vanjaar 60 jaar oud en die Old Vine Sauvignon Blanc vang vir my die wynkelder se erfenis en nalatenskap vas. Erfenis verwys na die verlede en nalatenskap verwys na dit wat ons saamneem in die toekoms,” het Ed Beukes, bemarkings- en verkoopsbestuurder van Du Toitskloof Wyne, vertel.

Bokkom- en anysmosbolletjies is met korrelkonfyt en vanieljebotter of reuse heuningkoek-laaie bedien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Bokkom- en anysmosbolletjies met vanieljebotter is prentjiemooi op my bord.

Ed het voorts gesê: “Die wingerd waarvan hierdie wyn gemaak word, is in 1985 geplant – toe my ma swanger met my was. “Net so was Du Toitskloof destyds ook swanger met iets besonders  ’n nuwe era was besig om gebore te word toe die kelder gebottelde wyn begin produseer het uit ‘n streek wat meestal bekend was vir die vervaardiging van grootmaatwyn van hoë gehalte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Vandag, 37 jaar later, is hierdie spesiale wingerd by die Old Vine Project geregistreer, waar dit net een van agt sauvignon blanc-wingerde in Suid-Afrika is wat ouer as 35 jaar is.

Du Toitskloof Sauvignon Blanc

“Dit is hierdie einste Blok no.20, ook bekend as ‘Oupa’ en ‘Old Faithful’, waarvan die heel eerste Du Toitskloof Sauvignon Blanc gemaak is. Dit het ook vir Du Toitskloof bekend gemaak, toe die wyn as een van die Top 10 Suid Afrikaanse Sauvignon Blanc-wyne aangewys is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Errieda, ook skrywer van tien kookboeke en inhoudsvervaardiger van onder meer Kokkedoor, Koekedoor, In die sop en MasterChef SA, het interessanthede met die ander gaste gedeel, terwyl sy haar eie pad met erfenis gedeel het.

Die ete is by die kookboekskrywer en TV-aanbieder Herman Lensing se nuwe Sluysken-ateljee in Kaapstad gehou. Hy het pas deelgeneem aan MasterChef SA en het vertel dat die spyskaart so ’n bietjie van hom insluit. “Dit weerspieël my Noord-Kaapse wortels, maar ook Afrika. Met MasterChef SA is ek opnuut van ons ryk kosgeskiedenis bewus gemaak. Ek het onder meer begin om eerder met koring in plaas van Basmatirys te kook. Ons het soveel eiesoortige disse en bestanddele in ons pragtige land, ons moet dit gebruik en ons eie maak.”

Die mooi tafels by Sluysken-ateljee.

Die sjef beskryf Errieda as sy “kosma”, omdat haar nostalgiekos en liefde vir Suid-Afrikaanse kos en wyn so ’n goeie voorbeeld vir almal is.

Hy het as sjef van die Instituut vir Kulinêre Kunste (ICA) op Stellenbosch gekwalifiseer, en sy reekse soos Okkasie Inspirasie, Dit proe soos huis, Herman se mikro-geheime en Herman se kortpaaie op DStv se leefstylkanaal, VIA, is baie gewild. Hy het die gesogte Galliova-toekenning vir Suid-Afrika se top kosskrywer in 2010 en 2017 gewen, en ’n SAFTA vir Dit proe soos huis. Huiskos is sy sesde kookboek. Sy ander kookboeke is Voorskoot, Nóg ’n voorskoot, In my kitchen, 30 en Dit Proe Soos Huis, is almal topverkopers. Hy het ook ’n klein rolletjie in die film Stiekyt, wat by die Silwerskermfees premiere.

Op ’n warm Kaapse dag word die binnebraai by Sluysken-ateljee met oranje pampoene versier.

Lees ook: kykNET se eerste hibriede Silwerskermfees skop volgende week af

Eerste proe met Du Toitskloof Pinotage Rosé 2021

Gaste kon volgende smul aan die “Eerste proe”: Koringrisotto met chorizo-room, met die Du Toitskloof Pinotage Rosé 2021. Hieroor het Ed gesê: “Hierdie wyn is vir my speels, bietjie spuls, spontaan, smeulend. Wanneer ek my oë toemaak sien ek ’n swembad, hakskoene, ’n neon vizer, ’n tannie in ’n sarong, ’n oom met ’n wit kortbroek onder ’n sonsambreel. Ek ruik sondbrandolie, beechies, iemand se parfuum.

Die spyskaart vir die dag wat nuwe wyne, nuwe oesjare en tradisionele nostalgiekos gepasmaat het.

“Dis lig, lekker en pienk, en anders as die tipiese onion-skin, onion-peel rosés wat uit Frankryk kom, is ons rosé gemaak van ons eg Suid Afrikaanse kultivar, Pinotage, en sy skil maak die wyn pienk. Die wyn is een van die Top 5 Pinotage Rosés in die ABSA Pinotage kompetisie 2021.”

Die Koringrisotto met chorizo-room is met die Du Toitskloof Pinotage Rosé 2021 bedien.

Amper feestelik met Du Toitskloof Nebbiolo 2020

Onder die “Amper feestelik”-gedeelte van die spyskaart waar denningvleis-tortellini met ligte klapper en koljandersous met die Du Toitskloof Nebbiolo 2020 trakteer is, het Ed vertel: “Du Toitskloof is een van sowat ses wynkelders in Suid-Afrika wat Nebbiolo produseer. Dit is ’n Italiaanse variëteit van die Piedmont-streek in Noord-Italië.

Die Du Toitskloof-sterre van die dag se middagete wag geduldig hul beurt af.

“Die woord ‘Nebbia’, waarvan die naam afgelei is, beteken ‘mis’. As jy al ooit vroegoggend in die winter deur die Breedekloof gery het, sal jy weet dat die mis partykeer so dik is dat jy nie eens jou eie noodligte kan sien flikker nie. Ons wynmaker het 20 jaar gelede, ná ’n besoek aan die Piedmont streek, voorgestel dat ons Nebbiolo plant, veral toe hy die mistigheid in die wingerd gesien het en dit hom aan die Breedekloof se winters herinner het.”

Lees ook: Sjef Mynhardt se eie kookboek

Die feesmaal met Du Toitskloof Merlot 2019

By die hoofgereg of “Die feesmaal” van hoender-en-sampioen-rollade, blomkool-piekels, aartappelfondant, gerookte kruisement en ertjie-puree en porcini-room saam met die Du Toitskloof Merlot 2019, het Herman aan gaste vertel toe hy die eerste maal Merlot gedrink het, het hy gevoel hy is nou ’n grootmens.

Die hoender-en-sampioenroulade, blomkool-piekels, aartappelfondant, gerookte kruisement en ertjie-puree, porcini-room is met die Du Toitskloof Merlot 2019 voorgesit.

Ed het vertel dat hulle in 2020 baie pret gehad het om hul wyne te verpersoonlik en die menslike eienskappe te identifiseer.

Ed Beukes vertel meer oor hul wyne.

“Ons merlot kan beskryf word as ’n wyn wat almal bly maak. Dis toeganklik, maklik om mee oor die weg te kom, ongekompliseerd en die tipe rooiwyn wat jy vir amper enigiemand kan skink en hulle sal dit geniet – en dit is Herman vir ons. Die merlot sal nie te aanmatigend wees vir ’n voorgereg nie, dit sal nie in ’n hoofgereg verdwyn nie en kan selfs met nagereg gepasmaat word, amper soos Herman en sy veelsydige geaardheid.”

Die kuier is afgesluit met vyeblaar-panna cotta en moscato-jellie met turksvy-sorbet en ’n glas Du Toitskloof Moscato 2021.

Ed vertel: “Moscato is die Italiaanse naam vir wyne wat van Muscat blanc gemaak is, maar word deesdae gebruik vir enige wyne wat van Muscat-druiwe gemaak word. Ons Moscato is ’n semi-soet wyn gemaak van ’n versnit van Muscat d’Alexandrie, Muscat Morio en ’n Hongaarse variëteit, Irsai Oliver.”

Hy het die middag afgesluit deur te sê: “Terug na waar ek begin het met ons erfenis en nalatenskap – dis vir my lekker om af te sluit met die begin. Die eerste Kaapse wyn wat ’n paar eeue terug gemaak is, was ’n soetwyn. Suid-Afrika is en was nog altyd een van die beste soetwyn-produserende lande in die wêreld. Dis ons erfenis en iets wat ek hoop ons altyd sal deel hou van ons kultuur – want dis ikonies en ook nou deel van ons Du Toitskloof Erfenisreeks.”

“Hoe wonderlik om om ’n tafel te sit, en om deel te neem aan ’n viering van ons sintuie. Die geure van speserye en kruie, die geure van goue en robynrooi vloeistowwe, drywende gesprekke en lag. Die gekleurde skeppings wat ons innerlike diep raak. Hierdie kern van ons menswees,” het Anton Böhmer, wat ook by die middagete was, bygevoeg.

“Tafels staan nie in isolasie nie. Hulle kom met stoele. En met die stoele, mense. Die stories wat ek hoor, neem my terug na familiebyeenkomste, veral met Paasfees en Kersfees.”

• Die dag het selfs sy eie musiek-speellys gehad. Gaste kon dit op Spotify aflaai by Du Toitskloof Tafel Musiek X Sluysken Studio.

Foto’s: Nickey Bothma en Clifford Roberts

Word: Maryke Roberts

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.