Bestanddele
- 12 vanieljekolwyntjies
- 80 ml (1⁄3 k) aarbeikonfyt
- 2 k (500 ml) basiese vanieljestroop
- 200 g (’n groot hand vol) vars aarbeie
- ekstra aarbeie vir bo-op
- 50 g strooisuiker
Botterversiersel
Genoeg vir sowat 4 koppies. Daar is ’n groot verskeidenheid kleursel by spesialiteitsbakwinkels beskikbaar. Wees op die uitkyk na poeier- en jelkleursels wat in baie interessante kleure te kry is.
- 5 groot eiers, geskei
- 270 ml suiker (1 k en 2 e)
- 500 g botter by kamertemperatuur
- 5 ml vanieljegeursel (1 t)
Metode
- Voeg die saadjies van 1 vanieljeboontjie by die stroop, of gebruik 15 ml (1 e) baie goeie ekstrak, soos Madagaskar- vanielje-ekstrak.
- Verhit weer tot deurwarm en verf oor die kolwyntjies.
Koffielikeurstroop
-
- Meng 30 ml (2 e) Bailey’s koffielikeur met 125 ml (½ k) basiese vanieljestroop.
- Verhit weer tot deurwarm en verf oor die sjokoladekolwyntjies.
Botterversiersel
- Roer die eierwitte, suiker en ’n bietjie sout aanhoudend in ’n metaalbak oor ’n kastrol met kokende water tot die suiker opgelos is.
- Vryf die mengsel tussen jou vingerpunte om seker te maak dat al die suiker opgelos is. Haal af.
- Klop die mengsel in ’n elektriese menger met ’n ballon-klitser tot stywe punte vorm.
- Vervang die ballonklitser deur die spaantoestel. Voeg die botter eetlepelgewys by en klop goed ná elke byvoeging. Die mengsel kan geskif lyk, klop net verder.
- Voeg die vanieljegeursel by en meng goed deur.
- Verdeel en geur soos benodig, of andersins kan die versiersel in ’n lugdigte houer verseël word en sowat 3 dae in die yskas gehou, of vir ’n maand gevries word.
- Ontdooi by kamertemperatuur en spuit met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies.
- Verwerk die aarbeie en strooisuiker in ’n voedselverwerker. Vou die puree in die botterversiersel in.
- Sny doppies uit die bokant van elke kolwyntjie en vul die gaatjie met ’n eetlepel aarbeikonfyt. Sny die doppie gelyk onder en sit weer op die gaatjie.
- Spuit die aarbeiversiersel met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies.
- Eindig met twee dun gesnyde skyfies aarbei op elkeen.
