kategorieë: Skoonheid

Aaron Taylor-Johnson nuwe gesig vir Givenchy-parfuum

Aaron Taylor-Johnson is nie net baie aantreklik nie, maar ook ’n bekwame akteur wat in 2017 ’n Golden Globe-toekenning ontvang het vir beste akteur in ’n ondersteunende rol in die Tom Ford-riller, Nocturnal Animals (2016). Hy is ook genomineer vir ’n BAFTA-toekenning (as beste akteur) vir dieselfde rolprent. Hy sal ook binnekort te sien wees in Doug Liman se nuwe film, The Wall.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aaron se loopbaan het begin toe hy die hoofrol in die biografie van John Lennon, Nowhere Boy (2009), vertolk het. Hy het daarna ook in die aksie-rolprent, Kick-Ass, verskyn. Verskeie ander rolprente het gevolg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Savages (2012)
  • Anna Karenina (2012)
  • Godzilla (2014)
  • Avengers: The Age of Ultron (2015)

Romain Spitzer, Givenchy Perfumes se uitvoerende hoof, het Aaron as ’n lieflike mens met baie talent beskryf. Hy het ook gesê Aaron is ’n omgee-mens met ’n sjarmante persoonlikheid en hulle is baie opgewonde om hom as ’n ikoniese gesig vir die manlike afdeling van Givenchy te hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wees op die uitkyk, want die nuwe parfuum en veldtog sal in Augustus 2017 onthul word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.