Advokado-en-mosterd-slaai

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Slaaisous
45 ml (3 e) olyfolie
30 ml (2 e) balsemiekasyn
5 ml (1 t) Franse mosterd (Dijon-mosterd)
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
sout en peper
Tabasco-sous (opsioneel)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Slaai
2 avokadopere, ontpit, geskil en in skywe gesny
30 ml (2 e) suurlemoensap
12 gaar baba-aartappeltjies, middeldeur gesny
12 kersietamaties, middeldeur gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in repies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
blaarslaai van jou keuse – ons het bindslaai (cos lettuce gebruik)
12 olywe, ontpit
1 klein pers ui, fyn gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Maak eers die slaaisous deur al die bestanddele te meng. Hou eenkant.
2 Sprinkel ’n bietjie suurlemoensap oor die avokadoskywe om verbruining te voorkom.
3 Meng al die ander bestanddele liggies in ’n mengbak.
4 Rangskik die slaaiblare op ’n slaaibord en skep die res van die slaaibestanddele bo-op. Geur na smaak met sout en peper en selfs hande vol vars kruie soos grasuitjies en pietersielie. Giet die slaaisous oor en sit voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.