kategorieë: KosLaekoolhidraat

Hoenderpilaf

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 400 g (3-4) hoenderborsies
• 15 ml (1 e) olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 125 ml (1/2 k) hoenderaftreksel
• 15 ml (1 e) sojasous
• 30 ml (2 e) sjerrie
• 1 ui, gekap
• 1 knoffelhuisie, gekneus en gekap
• 3 wortels, geskil en in repies gesny
• 50 g (1 k) spinasie, fyn gekap
• 2 selderystingels, in ringe gesny
• 4 sprietuie, gekap
• 1 rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
• ’n hand vol koljanderblare en grasuitjies, gekap
• 750 ml (3 k) gaar bruinrys
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 8 olywe, ontpit en fyn gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1 Smeer die hoenderborsies met die olyfolie, sprinkel suurlemoensap oor en geur goed met sout en peper. Bak vir ±20 min.
2 Trek die afgekoelde hoenderborsies in repies, en marineer dit in die hoenderaftreksel, sojasous en sjerrie tot benodig.
3 Verhit 5 ml olyfolie en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die wortels en spinasie by en braai vir nog 1 min. Voeg die res van die groente by en roerbraai tot gaar, maar steeds ferm.
4 Voeg die rys, hoendermengsel en lemoenskil by en verhit. Strooi olywe en vars kruie oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.