Agter die skerms met Prinses Charlène van Monaco

Foto’s: Leana Clunies-Ross

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Prinses se eerste keuse

Die prinses se skoonsuster, Chantell Wittstock, het die adjunkredakteur van rooi rose, Hannelie Diedericks, vroeg vanjaar ingelig dat die gewoonlik kamera-sku prinses beplan om Suid-Afrika te besoek en dat sy graag op ’n rooi rose-voorblad sou wou verskyn. Natuurlik het die rooi rose-span die gulde geleentheid aangegryp en die bal aan die rol gesit om ’n voorbladfotogeleentheid te reël wat ’n prinses waardig sou wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beplanning vir die groot dag

Die eerste taak was om seker te maak dat rooi rose se voorblad-droomspan, wat verantwoordelik is vir die wenvoorblaaie wat rooi rose op die rak laat uittroon, beskikbaar is. Fotograaf Leana Clunies-Ross neem al die afgelope tien jaar hoofsaaklik ons voorbladfoto’s en sy is ons eerste keuse. Haar onverbeterlike beligting en intrinsieke vaardigheid om enige senuweeagtige voorbladmodel op haar gemak te stel en pragtig te laat voel, maak van al haar voorblaaie wenners. Stilis Riaan Hulley, grimeerkunstenaar Adelle Jung en sterhaarstilis Saadique Ryklief is ook onmiddellik bespreek vir die beplande datum om seker te maak daar word aandag aan selfs die kleinste detail gegee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die span: Van agter, links na regs: Hannelie Diedericks (adjunkredakteur), Adelle Jung (grimeerkunstenaar), Melissa-Jade Myburgh (assistent), Saadique Ryklief (haarstilis), Michelle Nortjé (assistent), Tracey Lange (aanbieder Bravo!), Leana Clunies-Ross (fotograaf), Elsa Krüger (joernalis), Riaan Hulley (stilis), Haar Deurlugtige Hoogheid Prinses Charlène van Monaco, Martie Pansegrouw (redakteur).

Die konsep

Die doelbewuste keuse van ’n onderbeklemtoonde maar sjiek swart-en-wit kleurpalet het reg laat geskied aan prinses Charlène se natuurlike blonde skoonheid en elegansie. Plaaslike sowel as internasionale ontwerpers soos Gert-Johan Coetzee, Anel Botha, Stefania Morland, Erre Fashion, Kat van Duinen, Hugo Boss, Michael Kors, Suzaan Heyns, Pichulik, Max Mara, Chopard, Cartier en Bulgari was gretig om van hul beste ontwerpe te verskaf vir dié glansryke fotogeleentheid. Pragtige meubels van Weylandts is ook gebruik as agtergrond vir sommige van die skote. Die lieflike ontwerpe van Erre Fashion het in besonder die prinses se oog gevang en sy is ná die fotosessie met ’n paar van hul ontwerpe huis toe. Intussen het dit geblyk dat die prinses die Erre-ontwerpspan van Pretoria, Natasha Jaume en Carina Louw, Monaco toe genooi het.

Erre fashion: Van links na regs: Carina Louw (Erre), Haar Deurlugtige Hoogheid Prinses Charlène van Monaco, Natasha Jaume (Erre).

Die stylvolle Light Station Studio in Bryanston was die perfekte venue vir die fotosessie. Groot genoeg om die prinses se entourage (plus stewige veiligheidswagte en die blouligbrigade van die SAPS), ’n TV-span van kykNET se Bravo! en ’n opgewonde rooi rose-span te huisves – en almal was slaggereed om te begin skiet! Prinses Charlène was natuurlik en gemaklik voor die kamera. Haar atletiese grasie, gloeiend-gesonde vel en opvallende blou oë het van elke skoot ’n meesterstuk gemaak.

Moenie *Bravo! misloop (op kykNET kanaal 144 op DSTV) om te deel in alles wat die dag van die fotosessie gebeur het nie.

*Hierdie episode van Bravo! word op Sondag 13 Mei om 19:30 op kykNET, kanaal 144 op DSTV, gebeeldsend. Herhalings is die daaropvolgende Maandag om 10:00 en 22:30, Dinsdag om 00:30, Woensdag om 12:00, Donderdag om 16:00 en Vrydag om 15:00.

Deel
Gepubliseer deur
Hannelie Diedericks
Tags: local celebs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.