kategorieë: TrendsMode

Algemene foute wat jy met jou sonbril maak

Deur: Susra Matthee. Hooffoto: Noah Black

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

7 algemene foute om te vermy

1 Dit verstel nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alle gesigte is effens asimmetries, of dit sigbaar is of nie. Die meeste van ons se ore is ook nie presies horisontaal aan mekaar nie. Baie sonbrilwinkels bied gratis paskonsultasies aan om te verseker ’n sonbril sit reg op jou gesig voor jy dit koop.

2 Jy dra nie jou sonbril op bewolkte dae nie

Hoewel die lig nie altyd helder is buite nie, is UV-strale steeds teenwoordig, daarom is dit net so belangrik om jou oë met ’n sonbril te beskerm, al is dit effe bewolk.

3 Sit dit op jou kop

Hoewel die meeste mense dit doen, is dit een van die maniere hoe jy maklik jou bril kan beskadig. Brille soos die vlieënierstyl-sonbril kan die draadneuskussings en brug van die sonbril buig of breek. Dit kan ook die syraam van die sonbril uitrek wat veroorsaak dat dit te los om jou gesig sal pas.

4 Jy dra sonbrille sonder ’n UVA- en UVB-faktor

Ons kies graarg sonbrille gebaseer op die voorkoms, kleur en vorm. Hoewel dit ook belangrik is, moet jy onthou dat sonbrille hoofsaaklik jou oë moet beskerm. Daar is talle rame waaruit jy kan kies sodat jy terselfdertyd stylvol lyk én jou oë teen skadelike UV-strale beskerm. Gee aandag aan die spesifikasie van die sonbril voordat jy dit koop.

5 Te donker glase

Dikwels dink mense hulle kan nie ’n sonbril dra nie omdat hulle nie daardeur kan sien nie of omdat dit hul sig verdof. As jou glase donker is, beteken dit nie noodwendig dat die beskerming beter is nie. Sonbrille met ligter glase kan net so goed beskerm. Die belangrikheid lê in die UVA- en UVB-faktor.

6 Gooi dit in jou handsak

Jy kan jou sonbril in jou handsak bêre – solank dit in ’n beskermende houer is. Baie sonbrilwinkels gee ’n kissie saam met die sonbril wanneer jy dit koop. Die binnekant van ’n handsak, wat dikwels met sleutels en ander los voorwerpe gevul is, rig die meeste skade aan ’n sonbril wat nie in ’n kassie is nie.

7 Jy maak dit nie reg skoon nie

Gebruik skoonmaakmiddels wat spesifiek vir sonbrille ontwerp is asook die lappies wat saam met die sonbril kom. Sterk skoonmaakmiddels kan jou lense beskadig en ’n kledingsitem of lap het talle materiaalvesels wat jou lense kan krap.

Lees ook: 10 modewenke vir ‘n sweetvrye lente en somer

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.