kategorieë: Bekendes

Almal praat hieroor: Dawie de Jager The Voice

Dawie de Jager, veral bekend as lid van die musiekggroep Klopjag, se weergawe van U2 se bekende liedjie “One” het vir hom ’n plek in die tweede seisoen van The Voice SA in Bobby van Jaarsveld se span besorg. Hy is die gelukkige man wat die laaste plek in Bobby se span gekry het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bobby van Jaarsveld en sy voltallige span vir die tweede seisoen van The Voice SA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Dawie is ’n kitaarspeler vir die musiekgroep Klopjag en die baskitaarspeler vir die groep Die Tuindwergies. Hy kom uit ’n musikale familie – sy pa het klavier gespeel by die skool en sy ma kan self ’n bietjie kitaar speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Sy liefde vir musiek het begin toe hy vir die eerste keer in Graad 10 ’n kitaar opgetel het en sy lewe daar en dan verander het. ’n Paar van sy vriende het gesê dat hulle ’n band moet begin en so het hulle ’n groep gemaak: een met ’n dromstel, een ’n elektriese kitaar en ’n ander die baskitaar. Volgens hom het hulle vreeslik sleg geklink, maar geoefen en later Klopjag begin. Klopjag is ’n sesmanspan en hoewel hulle steeds ’n gunsteling is by feeste soos Aardklop (Potchefstroom) en KKNK (Oudtshoorn), het hulle besef dat dit nie ’n groot inkomste verseker nie. Klopjag het sedert sy verskyning op die Afrikaanse musiektoneel in 2002 verskeie toekennings ingepalm en hoewel die groep van tyd tot tyd steeds optree, fokus die lede deesdae op hul solo-loopbane.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

De Jager het Sondag (19 Maart 2017) op sosiale media gesê sy deelname aan dié gewilde program volg nadat hy ’n vriend (Roan van As) vir die vorige seisoen ingeskryf het. “Vanjaar het hy my ingeskryf en ek is mos maar ’n man van my woord,” het hy geantwoord.

The Voice SA se blinde oudisies vir die tweede seisoen is Sondagaand voltooi en al die afrigters – Bobby van Jarsveld, Kahn Morbee, Lira en Karen Zoid, se spanne is voltallig.

Kyk gerus na Dawie se opvoering in dié YouTube video:

The Voice SA word op Sondae om 17:30 op M-Net uitgesaai.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.