kategorieë: GrimeringSkoonheid

Goue grimering

Raine Tauber, grimeerkunstenaar vir MAC, gee raad:

  • Hou jou onderlaag natuurlik, met ligte dekking.
  • Vermy dit om goud te gebruik waar jy baie plooie het. Fokus eerder op die binneste deel van jou oë, as buite waar dit dalk in jou plooitjies kan beland.
  • As jy reeds natuurlike grimering aanhet, tik ’n bietjie goue oogskadu in die binneste V van jou oë, of gebruik ’n goue oogomlyner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suzanne se goue voorkoms vir elke dag:

Ek druk my ringvinger in my potjie MAC Pro-Longwear Paint Pot in Indianwood (R270) en vee dit net oor my ooglede. Met hierdie tipe goue voorkoms wat nou in die mode is, hoef dit nie te netjies te wees nie, so dit is ideaal vir my wat altyd iewers heen jaag. Ek is gaande oor die produk, want dit mors geen goue stukkies wat die res van jou gesig laat blink nie. Een smeersel is baie natuurlik, en jy moet mooi kyk om te sien dat dit goud is. Dit lyk werklik natuurlik. As ek dit meer sigbaar wil hê, smeer ek net nog ’n lagie bo-oor. As ek effens meer tyd het (soos ’n halwe minuut), tik ek ook Bobbi Brown Long wear Cream Shadow in Golden Pink (R405) met my vingers net aan die binnehoeke van my oë. Saam met dit dra ek maskara (Dior Diorshow Mascara, R570, is op die oomblik ’n gunsteling) en ’n natuurlike lipkleur. Givenchy Le Rouge Perfect (R605) is ’n heerlike lipbalsem, wat ook jou lippe se natuurlike kleur effens pienker/donkerde laat vertoon (danksy ’n aktiewe bestanddeel wat met jou vel se pH reageer).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie produkte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk ook hier na die agter die skerms-video van ons April 2017-skooheidstorie, “Gemaklik in Goud”

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.