kategorieë: Ontspanning

Almal praat hieroor: Mamma-aap en haar aanneem-hondjie

Dié apie in Indië het ’n ernstige geval van ‘puppy love’ en het ’n hawelose hondjie as haar eie aangeneem. Nie net het sy die hondjie onder haar vlerk geneem nie, maar sy voer hom, beskerm hom en sorg dat hy altyd skoon en vlooi-vry bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ’n merkwaardige storie oor ’n vreemde vriendskap: ’n reeks hartroerende foto’s – wat al reeds meer as 17 000 keer op Facebook gekyk is – wys hoe hierdie aap haar rol as mamma aangeneem het en na hierdie hondjie omsien asof hy haar eie is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die mamma-aap openbaar selfs vir ons haar aggressiewe kant soos sy haar slagtande vir die rondloperhonde wys om van haar kleintjie af weg te bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe iemand vir hulle ’n bietjie melk uitgesit het, het die mamma die hondjie eerste laat drink. Sy spring selfs met die hondjie van boom tot boom terwyl sy hom stewig onder haar een arm vasklou.

Maar die klein hondjie sal dalk ’n vegetariër moet word, want die aap probeer gereeld om vir hom vrugte te voer. In een foto is die oomblik toe sy vir hom druiwe probeer voer, wat sy iewers in die hande gekry het, mooi vasgevang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Niemand weet hoe hierdie pragtige vriendskap gevorm het nie, maar ’n mens kan nie help om saam te glimlag nie.

Lees meer hier: shareably.net/monkey-adopts-puppy-in-india

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: diere

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.