kategorieë: Bekendes

En die wenner is toe nie La La Land nie

Dit was ’n aand propvol pret, trane, spoggerige rokke en beslis ook skok! Jimmy Kimmel was vanjaar se gasheer en ons kan in alle eerlikheid sê dat hy sy taak goed afgehandel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die hoogtepunte

Viola Davis, bekend vir haar rolle in How to get away with Murder, Won’t back down en nou ook vir Fences, het uiteindelik haar langverwagte Oscar gekry! Sy het die toekenning vir beste ondersteunende aktrise vir haar rol as Rose Maxon in Fences ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die hoog besingde La La Land is ’n yslike 14 keer genomineer en het met 6 ( amper 7 …)  Oscars huis toe gestap. Emma Stone is as beste aktrise vir haar rol in La La Land aangewys. Sy is benoem saam met groot name soos Issebelle Huppert, Ruth Negga, Natalie Portman en Meryl Streep.

Die baie gewilde animasiefilm The Jungle Book is as die film met die beste visuele effekte aangewys, terwyl Suicide Squad die Oscar vir die beste haarstyle en grimering gekry het.

Gaan kyk gerus wie genomineer is en wie op die einde as wenners huis toe is

Maar die hoogtepunt (dalk in hierdie geval ook ’n laagtepunt) van die aand was die aankondiging van die grootste toekenning: ‘Best Picture’ (die beste film vir 2016) en dié oomblik by vanjaar se Oscars het beslis geskiedenis gemaak. Die aanbieders Warren Beatty en Faya Dunaway het per ongeluk aangekondig dat La La Land die wenner is terwyl die toekenning eintlik bedoel was vir Moonlight. Die gehoor het nie moeite gedoen om hulle skok weg te steek nie en asems is skerp in getrek. Die ergste is, La La Land was reeds op die verhoog besig om hulle toekenning te vier en Fred Burger was in die middel van sy  bedankings toe die regisseur, Jordan Horowits, skielik die mikrofoon vat en aankondig dat La La Land teen Moonlight verloor het. Die oomblik was vir almal te groot en niemand kon die regisseur ernstig opneem nie. Moonlight het eers besef dat hulle regtig gewen het toe Horowits die koevert by Beatty gryp en vir die gehoor wys wat daarop getik staan.

Fred Burger se woorde: “By the way, we lost,” het die gehoor laat besef dat dit nie ’n grap is nie, maar wel die werklikheid.

Die raaisel is opgelos

Later is daar verduidelik wat gebeur het. Daar is elke jaar net twee persone wat weet wie ’n Oscar wen voordat almal anders weet. Dit is gewoonlik twee rekenmeesters van PricewaterhouseCoopers. Die persoon wat die wen-koevert vir die aanbieders moes gee, was vanjaar Ev Williams en hy het per ongeluk die koevert vir ‘Actress in a leading role’ aan Warren Beatty oorhandig in plaas van die een vir ‘Best Picture’. Hy het later op Twitter verduidelik presies wat gebeur het:

CNN International se twiet verduidelik:

Dit het ’n rukkie geduur vir die skok om in te sink. Kyk net die gehoor se gesiguitdrukkings:

Die grappe op Twitter het ingestroom:

La La Land, en veral die regisseur, het die skokkende oomblik met grasie hanteer en Moonlight se regisseur,Barry Jenkins, het hulle daarvoor bedank:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.