kategorieë: Ons menseBekendes

Almero Welgemoed: Propvol talent!

Almero Welgemoed: Propvol talent!Hooffoto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is 21 en het onlangs jou eerste vollengte-album uitgereik. Waarom die titel Maandag? Wat is besonders aan die dag?

Tyd en die verloop daarvan is vir my ’n interessante konsep. My broer het eendag vir my gevra hoekom ons name het vir die dae van die week, en nie net elke dag “vandag” noem nie. Maandag simboliseer ’n begin. Iets nuuts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het onder meer die liedjie “Vloed-verlief” saam met Spoegwolf se Danie du Toit geskryf. Hoe het dit gebeur?

Ek en die platemaatskappy (Kanada Records) het vir Danie gevra om saam met my aan die vervaardiging van sekere liedjies op die album te werk. Hy het tot my verbasing ingestem en ek, my broer en twee vriende het ’n week lank in Danie se woonstel gaan kampeer om aan die liedjies te werk. Ek dink Danie is die beste skrywer in Afrikaans – dit was ’n droom om saam met hom te werk.

Jy is ook die outeur van Donderweer Gedagtes, ’n bundel met kortverhale en gedigte. Waaroor handel die boek?

Dis ’n versameling skryfstukke oor donker temas. Dit bevat baie stories van vriende, of mense in my lewe wat trauma ervaar het. Aanvanklik dink die leser die stories staan alleen, maar namate jy lees, besef jy die stories is almal gekoppel. Daar is briewe, gedigte, gesprekke en stories, en almal is kort en kragtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy en jou broer Nico het twee jaar gelede uit Bloemfontein Johannesburg toe getrek. Het dit iets met jou samewerking met Bouwer Bosch te doen?

Ons het vroeg in 2015 Mosselbaai toe getrek om ’n nuwe fase te beleef en omdat ons albei lief vir die see is. Ons het ses maande daar gewoon maar toe baie werkgeleenthede in Johannesburg gekry en hierheen verhuis. Baie van die geleent-hede is danksy Bouwer se betrokkenheid. Ons het ook heelwat musiekprojekte saam aangepak.

Jy en Bouwer Bosch het ’n digbundel, Liefde Wen, saamgestel. Hoe belangrik is liefde?

Ek dink liefde is onlosmaaklik deel van my geloof. In my lewe is dit die fondament van my besluite, leefwyse en ervaring. Ons almal se definisie van liefde verskil, so om hieroor te praat is baie subjektief en persoonlik.

Het jy en Nico afsonderlike afdelings in jul werkverhouding?

My broer is ’n video-graaf en fotograaf en met sulke projekte is ek sy handlanger. Die administratiewe deel en dinge soos menseverhoudings is weer my afdeling. Nico help my baie met die vervaardiging van musiekprojekte. Die vreugde lê daarin dat ons mekaar se passies verstaan en deel, asook heeltyd bymekaar leer.

Vertel ’n bietjie meer oor jou musiekagtergrond en jou ouerhuis?

Ek het in Bloemfontein grootgeword waar ons al die jare in dieselfde huis gewoon het. My gesinslede is almal verskriklik lief vir musiek. My ouerhuis was en is ’n onge-looflik veilige plek.

Wie is jou inspirasie as dit by musiek kom? En wat fiksie en gedigte betref?

My inspirasie is die onbekende skrywers en musikante wat nooit in die kollig verskyn nie. My vriende. My broer. Spoegwolf. Joshua na die Reën. Met skryfwerk is ek weer eens verlief op die werk van my vriende, soos Danie en Marc Barron.

Help feeste soos Aardklop en Oppikoppi om musikante onder die aandag van die publiek te bring, of is dit hoofsaaklik YouTube wat musikante bekend maak?

Die afgelope jaar is YouTube-kykers ook aan die afneem. Waarom weet ek nie, maar ek glo ’n nuwe platform sal binne-kort weer die leisels oorneem. Feeste doen merkwaardige werk, maar ongelukkig is dit ook net vir ’n sekere mark.

Wat wil jy nog bereik?

Op kort termyn: Ek en my broer werk tans aan ’n kortfliek-reeks en ek hoop dit sien eersdaags die lig. Op lang termyn: Ek wil ’n maand lank in ’n afgeleë woud gaan woon waar ek nie die taal verstaan nie.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Lees, drink koffie, maak kuns en slaap.

Jou beste:

Vakansieplek?
Die see.

Seisoen?
Herfs.

Boek?
‘Challenger Deep’ deur Neal Shusterman.

Rolprent?
Captain Fantastic.

CD?
Swaartekrag deur Spoegwolf.

Happie en drankie?
Kaaskoek en koffie.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.