kategorieë: InspirasieJou lewe

Dr. Wilmien Human oor haar werk en “good enough mothering”

Dr. Wilmien Human oor haar werk en “good enough mothering” deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Wat het jou laat besluit om ’n sielkundige te word?

Ek dink dit het te doen met die feit dat ek mens-georiënteerd is. Van jongs af was ek dikwels die vertroueling na wie mense uitreik. Daarby het ek ’n belangstelling in menslike gedrag en gevoelens, sowel as ’n empatiese en analiserende geaardheid. Dalk het die sielkunde mý gekies?

Luister hier na ons podsendingsreeks, Tussen Ons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Jy is ook in die akademie. Vertel ons van jou werk by die Universiteit van Johannesburg (UJ) en van jou nuwe uitdaging.

Ja, ek het die uitdagende paadjie gekies om die akademie met die praktyk te kombineer, met die doel om op die voorfront te bly van die nuutste navorsing sodat ek werklik ’n scientific practitioner kan wees. Die professionele opleiding van kliniese en voorligtingsielkundiges is vir my ’n passie. Tot einde 2019 is ek die koördineerder van die Kliniese Sielkunde Meesters Professionele Opleidingsprogram by UJ. Dit behels die opstel en koördinasie van die professionele program volgens die HPCSA en Universiteitsregulasies. Ek het ook die verantwoordelikheid om die kliniese personeelspan te lei wat meestersgraad-studente oplei. Dis ’n voorreg en ’n groot verantwoordelikheid, maar ook ’n manier om terug te gee aan die professie, en dit gee my insae in die nuwe generasie sielkundiges.

Na ses en ’n halwe jaar in die UJ Sielkundedepartement skuif ek van begin 2020 na ’n senior dosentpos by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) waar my rol ook grotendeels in die professionele opleiding van sielkundiges gaan wees. Dis ’n groot skuif vir ons gesin, maar ons is opgewonde oor die nuwe avontuur. Ek gaan dit weer kombineer met praktykwerk, wat in die Paarl gebaseer sal wees.

3. Waarop het jou doktorale studie gefokus?

My fokus was op aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteitsindroom, beter bekend as ADHD, in volwassenes – onder meer op hoe die psigodiagnostiese profiel in volwassenes manifesteer, hoe om dit klinies te assesseer, wat die neurokognitiewe prosessering is en hoe die manifesterende gedrag lyk.

4. Jy het ook ’n privaatpraktyk. Is dit nie dreinerend om daglank op mense se emosies en probleme te fokus nie?

Inteendeel – dit gee my lewe! Dit verryk ook my opleiding met studente omdat ek uit ’n praktiese ervaringsraamwerk kan praat. Deur die jare word ’n mens praktykfiks. Gesonde grense en om in die praktyk uit ’n sekere raamwerk te funksioneer dra by tot gesonde energieregulering sodat ’n mens nie gedreineer word nie. Dis vir my ’n voorreg, en het ek baie respek vir die terapeutiese spasie en mense se probleme en emosies.

5. Jou man, Werner, is ook ’n kliniese sielkundige. Hoe het julle ontmoet, en wat doen hy? Dis seker lekker om oor ’n gedeelde werksveld te kan gesels.

Ek het destyds Johannesburg toe gekom om my kliniese hospitaal-internskapjaar by Sterkfontein Psigiatriese Hospitaal te voltooi. Werner was daar met sy kliniese gemeenskapsdiens jaar besig. Ons het mekaar ontmoet terwyl almal tussen saalrondtes saam koffie drink, en menige gesprek gehad oor die lewe, ons professie en die beste intervensies vir ons pasiënte. Ons het sedertdien in verskeie kontekste saamgewerk en kon die professionele grens nog altyd goed handhaaf.

Ons is vanjaar tien jaar getroud. Hy is my pasmaat, die mens wat my die beste ken en verstaan. Werner het ’n amazing teenwoordigheid, en is ook baie pret! Ek is elke dag dankbaar vir sy menswees en pa-wees vir ons twee kosbare dogtertjies. Hy werk sedert November 2019 vir ’n privaat binne-pasiënte verslawingskliniek in die Paarl, en ook in privaat praktyk met ’n wye verskeidenheid pasiente.

Dr. Wilmien Human oor haar werk en “good enough mothering”

6. Vertel ons van julle twee dogtertjies.

Jy moet liewer nie ’n mamma vra om oor haar kinders te begin praat nie! Lilly is sewe en gaan in 2020 na Graad 2 en Olivia is vyf en begin met Graad R. Hulle is ons ligpunte – vol energie en liefde. Ons geniet dit om die wêreld deur hul oë te beleef. Hulle gee ook struktuur aan ons gesinslewe, want in hierdie seisoen van ons lewens prioritiseer ons hul behoeftes en roetine. Ons is baie gefokus op gesinsaktiwiteite. Ek moet ook ons ondersteuningsnetwerke krediet gee – ons ouers, hulle ooms en tannies, en ons vriendekring. It really takes a village. Ons is geseënd.

7. Wat is vir jou die grootse uitdagings van ma-wees?

In die sielkunde is daar ’n teoris, Winnicott, wat van die good enough mothering-konsep praat. Soms sê ek vir myself ek is ’n good enough mamma, al was dit ’n rowwe dag of het alles nie volgens plan verloop nie. Vir my bly dit ’n uitdaging om voltyds werk met die grootmaak van ons dogtertjies te balanseer. Ek moes leer om my tyd goed te bestuur, die kwantiteit versus kwaliteit tydkonsep uit te leef, asook intensioneel loopbaankeuses te maak wat ’n mate van flexibility bied om teenwoordig te kan wees by die dogtertjies.

Ek is baie intensioneel met waarvoor ek ja of nee sê. Ek moes al byvoorbeeld vir aanloklike werksgeleenthede nee sê omdat dit tyd van my kinders sou wegneem. Dit bly ’n uitdaging om al die werkprioriteite en -verantwoordelikhede met ma-wees te balanseer.

8. En die grootste lekkertes?

Daar is so baie! Die onvoorwaardelike liefde, drukkies, sêgoed. Ek het soveel waardering vir hoe hul temperamente verskil en hoe hul elkeen hul ontwikkelingsfase en menswees uitleef. Ma-wees is sekerlik een van die grootste geskenke wat ek nog ontvang het en alhoewel dit soms oorweldigend kan raak, bly ek altyd bewus van die voorreg en lekkertes daarvan. Ons probeer intensioneel met elkeen se behoeftes omgaan. Werner is ’n baie betrokke pa en ons twee is ’n heerlike span wat lekker saam met die dogtertjies kan lag en speel.

9. Wat is jou wens vir jou kinders?

Om content te wees. Om te vind wat hulle betekenis in die lewe gee. Om die lewenslus en liefde vir die lewe wat hulle nou het altyd te behou. Dat hulle altyd sal weet daar is ’n hele community van hul ouers, familie en vriende wat vir hulle cheer. Omdat hulle soms al gesels oor met wie hulle eendag gaan trou, hoop ek hulle vind eendag ’n man soos hul pa 😉

10. As jy terugkyk op jou lewe, vir watter gawes of gebeure is jy die dankbaarste?

Ek dink vir die gawes van geduld, om teenwoordig te kan wees, en om in moelike omstandighede toleransie en perspektief te kan hê.

Ek is dankbaar vir baie gebeure wat my gevorm het tot wie en wat ek vandag is.

Ek is baie dankbaar vir my gesin van oorsprong en my grootwordjare en avonture, al was daar ook soms traumatiese en uitdagende tye. My ma is ’n juweel en een van my beste vriendinne. Ek en my pa deel ’n groot liefde vir musiek en klavier. En my boet is een van my hartsmense en bederf my en die dogtertjies altyd. Behalwe vir al die bederf is hy ook my hair stylist.

My troudag en die geboorte van ons dogtertjies was hoogtepunte.

Ek het kosbare skoonfamilie wat van niks issues maak nie – ek is altyd dankbaar dat ek ’n familie ryker geraak het. My skoonma is ’n vriendin en my skoonsusters is soos sussies, en ons het heerlike familiekuiers.

En dan is daar my kosbare hartsvriendinne en ons vriendekringe wat ons verryk. As ek oor my lewe reflekteer, is ek so dankbaar vir wat hulle tot my lewe toevoeg.

Ek het ook waardering vir kollegas wat ’n mens uitdaag om te groei en wat die werksreis kan deel. Die lewe is ’n geskenk en ek probeer alles wat gebeur, die lekker én uitdagende dinge, in perspektief te sien.  Dit, saam met my geloof en hartsmense, help my om grounded te bly.

Luister hier na Tussen Ons:

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.