kategorieë: Leef gesondGesondheid

Alzheimer: Raad vir as die onthou kwyn

Ons dokter sê

Dit is moeilik vir haar brein om baie inligting te verwerk. ’n Nuwe omgewing met musiek, die TV en mense wat kom en gaan en oor en weer gesels, is te veel vir haar brein. Hou die tempo rustig en omring haar met die bekende.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Laat haar eerste aankom waar julle gaan kuier. Bring mense een vir een by sodat sy elkeen kan plaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak seker daar is plek waar sy kan rus en afskakel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom oor jou ego: Sy beledig jou nie deur nie jou naam te onthou nie; sy kán dit nie onthou nie omdat haar brein degenereer.

Sowat 10% van die Baby Boomers gaan Alzheimersiekte ontwikkel. Daar is nog geen raad of kuur daarvoor nie. Ons sal moet leer dat ouderdomsgebreke deel van die normale lewensiklus is en ons kinders deur ons voorbeeld moet leer hoe om dit met humor en liefde as deel van familiewees te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Volledige koslys vir die Alzheimer MIND-dieet

Die aftree-oordmatrone sê

Maak plannetjies om elkeen van julle subtiel “bekend te stel” met uitdrukkings soos “Môre, Hannes! Het ons oudste boet lekker geslaap?” So herinner jy haar dadelik aan sy naam en hoe hy inpas. Deurspek jul geselsies met agtergrond-inligting wat vir haar die prentjie inkleur, soos met “Hannes, jou kind is besig! Waar is Tonie nou heen? Sal hy vanaand betyds terug wees om die vleis vir ons Kersete te braai?”

Moenie vra “Onthou Ma nog toe … “Sy onthou nie of onthou verkeerd, en raak verleë. Sê liewer iets soos “Dit was so lekker toe ons laas … ” Jy brei uit, en sy leef mee. As sy onthou, sal sy iets byvoeg.

Vir bejaardes is hul herinneringe kosbaar. Bring gerus albums met al die ou foto’s saam. As julle ’n geskrewe familie- of dorpgeskiedenis het, lees dit voor. Ek sien hoe geniet die oues koerantstories oor die gebeure waarmee hulle grootgeword het.

As sy moeilik is of argumenteer, moenie stry nie. Dit gaan nie oor wie is reg en wie nie. Bestuur liewer die situasie deur haar aandag af te trek met ’n ander aktiwiteit, of deur die omgewing te verander.

Dit is uitstekend vir bejaardes se selfrespek as hulle nuttig voel. Betrek haar met takies binne haar vermoë, soos om die tafel te dek of messegoed te bêre.

Onthou die drukkies. Enkellopendes kry nie meer lyfaanraking nie. As jy kans sien, masseer haar kop, rug of voete. Maar werk saggies, want baie het teer gewrigte.

Lees ook: Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.