kategorieë: Ons menseBekendes

Anel Alexander en ander se raad teen uitbranding

Anel Alexander en haar akteurman, James Alexander, het ná hul rolprent, Semi-Soet, besef hulle ly aan uitbranding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons het soms twintig uur per dag, sewe dae per week gewerk. Selfs vir ons, wat ’n groot werksvermoë het, was dit te veel. Die stres het al ons vreugde gesteel. Ons kon soggens byna nie opstaan nie. Alles was ’n groot krisis en ons het permanent gevoel of ons verkoue het. Dit was soos ’n werk-babelaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ons het besef geen roem of geld is ons verhouding, huwelik of gesondheid werd nie. Ons het ook besef dit het in ons samelewing byna mode geword om altyd besig te wees. Moderne mense dra hul besigwees soos ’n mantel en is in ’n onbewuste kompetisie met mekaar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Anel en James het hul leefstyl met ’n paar eenvoudige stappe ingrypend verander:

• Deesdae vat ons een dag per week af en doen iets saam. Dan kan ons die ander ses dae weer produktief werk.
• Ons verhouding is weer ’n prioriteit.
• Ons eet bewustelik meer vars, eenvoudige kos, en vermy suiker en gluten. Maar dit beteken nie dat ek nooit meer ’n stukkie koek eet nie!
• Ons is ook meer bewus van die produkte wat ons op ons lywe gebruik. In ’n wêreld waaroor jy min beheer het, kan jy wel beheer wat jy in en op jou lyf sit. Dit laat jou beter en gesonder voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

13 gevaartekens

Die Amerikaanse kenner, Vanessa Loder, stigter van onder meer Mindfulness Based Achievement, noem haarself ’n “gerehabiliteerde perfeksionis”. Sy het ná groot loopbaansukses uitgebrand, en haar definisie van uitbranding is kort en kragtig: dis fisieke of emosionele ineenstorting weens oorwerktheid of stres. Deesdae wy sy haar lewe daaraan om vroue te help om ’n meer gebalanseerde lewe te lei. In ’n Forbes-artikel bespreek sy dertien vroeë waarskuwingstekens van uitbranding.

• Jou stres- of angsvlakke is baie hoog, en jy ervaar ’n konstante gevoel van irritasie en/of ’n konstante adrenalien-rush.

Ongeïnteresseerdheid is nog ’n teken. Jy sukkel om te fokus en voel nie gemotiveerd by die werk nie.

• Jy voel al hoe meer sinies en negatief oor alles en almal om jou. Dis moeite om met vriende kontak te hou, en jy kan selfs afgunstig op ander word. (Laasgenoemde gebeur omdat dit voel asof niemand hulle aan jou behoeftes steur nie.)

• Jy eet net om te eet, sommer voor die TV, by jou lessenaar, of selfs in die motor.

• Jy slaap te min. Die gemiddelde mens het sewe tot agt uur se slaap nodig – enigiets minder verhoog jou kanse op uitbranding.

• Jou energievlakke is laag en jy voel altyd moeg. Maar dis meer as die moeg van te min slaap en te hard werk. Dis ’n emosionele moeg, en jy sleep jouself daagliks voort.

• Jy het nooit genoeg tyd vir alles wat jy elke dag probeer doen nie en voel altyd gejaagd.

• Jy is oorkrities op jouself en jou gedagtes is vasgevang in ’n voortdurende spiraal van bekommernis. Jou binnestem is nooit stil of tevrede met wat jy doen nie. Jy het min geduld of genade met jouself.

• Jy word makliker siek – dit kan begin met iets soos hoofpyne, ’n omgekrapte maag, ’n verkoue wat jy nie afgeskud kry nie. As jy nie na jou gesondheid omsien nie, kan dit tot ernstiger toestande lei.

• Jy voel afgestomp, en maak al hoe meer staat op suiker en/of kafeïen vir energie.

• Jy kyk dalk baie meer televisie as voorheen, of wend jou na comfort eating. Pasop, hierdie verslawende gedrag kan later lei tot ’n ekstra glas wyn of drie, en selfs dwelms. Dis alles net dinge waarmee jy jouself probeer paai om te ontsnap van hoe naby aan die rand van die afgrond jy regtig voel.

• Jy is nie meer so produktief soos altyd nie en doen nie meer jou werk so goed nie. Dit voel of al die energie wat jy by die werk inploeg, nie genoeg resultate lewer nie.

• Jy kan nie onthou wanneer laas jy ’n dag nie gewerk en net ontspan het nie, of jy het maande laas ’n behoorlike vakansie gehad. By die werk gun jy jouself selde ’n ruskans – om vir twee uur aaneen te sit en werk sonder om eers op te staan en jou bene te rek, is vir jou niks vreemds nie. Daar is eenvoudig geen tyd in jou skedule vir enigiets wat jou sal laat ontspan nie – nie eens om ’n rustige ete te kook, ’n boek te lees of sommer net in die bad te lê tot jy kalm en rustig is nie.

• Jy het nie meer tyd vir enige vorm van oefening nie. Loder beveel aan dat jy jou topdrie-simptome uit hierdie lys kies, en besluit wat jy daaraan kan verander. Eet jy elke middag by jou lessenaar? Reël eerder om soms vinnig saam met jou vriende te eet of ’n bietjie te gaan stap. As jy meer as ’n jaar gelede met vakansie was, reël nou een. Kies ’n sperdatum wanneer jou veranderings afgehandel moet wees. “Sê byvoorbeeld jou vakansie moet teen ’n sekere datum gereël en die vliegtuigkaartjies/verblyf bespreek wees.” Loder sê ’n konkrete doelwit is een van die beste maniere om jouself te dwing om tot aksie oor te gaan en iets gedoen te kry.

Sy beveel ook aan dat jy ’n anti-uitbrandingsvennoot kry aan wie jy verslag oor die uitvoering van jou strategie teen uitbranding moet doen. Dit kan jou man/vriendin/kollega wees wat jou tot verantwoording moet roep as jy nie by jou doelwitte en veranderinge hou nie.

Bron: forbes.com

Luister ook hier na Vanessa se inspirerende praatjie, “Sukses sonder stres”:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.