kategorieë: Leef gesondGesondheid

Anoreksie: swaai jou kind se kop oor dieet, gewig en kos

Tienermeisies is meer vatbaar vir anorexia nervosa. As ma kan jy baie help om haar houding oor kos in ’n gesonde rigting te stuur. Ons het die tien beste antwoorde bymekaar gemaak, om jou te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Anoreksie is in ons gewig-behepte samelewing steeds springlewendig. En mooi, talentvolle meisies met ’n toekoms vol potensiaal sterf steeds daaraan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Raad vir ’n tienervel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit gebeur méér dikwels as wat mens sal wil glo. Volgens ANAD (anad.org) sterf tot 20% van mense aan anoreksie, as iemand nie ingryp nie. 20% is lewenslank so ernstig geknou dat hulle nooit sal kan werk of na hulself kan omsien nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar begin dit?

Gene speel ’n rol. Maar ook jou gemoedstoestand, groepsdruk, kommersiële druk (advertensies en winkels wat die skraal figuur as ideaal bevorder) en persoonlike persepsies, wat gevorm word in die ouerhuis, vriendekring, media, en wyer gemeenskap.

Volgens die American National Institute for Mental Health ontwikkel een in drie ‘normale’ diëters eetprobleme, met 20-25% wat volledig of semi- anoreksies of bulimies raak. Lees meer hier.

Is daar oplossings? Kan jy dit keer?

As jy dink daar is ’n probleem, kry professionele hulp. Maar jy kan baie doen om te keer dat dinge so ver ontwikkel. Een van die moeilikste kwessies is om die persoon se beskouing van kos te normaliseer. Dit is waar jy inkom. Die vertrekpunt van ’n gesonde lewe begin by ’n gesonde verwysingsraamwerk oor kos. Met ander woorde, dit gaan oor ’n houding wat jy by jou kind vaslê. En dit doen jy in jul dag-tot-dag gesprekke. Om die tafel. Wanneer julle uiteet. In die motor op pad skool toe. Wanneer jy kos koop. As jy jou kind dan gesonde perspektief gee, is die stryd gewen.

Lees ook: As jy sekere kosse weier, ly jy dalk aan ‘Avoidant, restrictive food intake disorder’

Foto Pixabay

Hier is ’n paar idees vir goeie, positiewe antwoorde:

Jou tiener sê: Kos maak vet.

Jou teenantwoord: Ongesonde, verkeerde kosse maak vet.

Jou tiener sê: As ek eet, gaan ek vet word.

Jou teenantwoord: As jy eet en nooit oefen nie, gaan jy vet word.

Jou tiener sê: Niemand sal van my hou as ek vet is nie.

Jou teenantwoord: Ek sal altyd van jou hou.

Jou tiener sê: Vet meisies kry nie dates nie.

Jou teenantwoord: Baie verskillende soorte lyfies is mooi vir mans. Benerigheid is ook nie mooi nie.

Jou tiener sê: Ek is nie goed genoeg nie.

Jou teenantwoord: Vir mý is jy absoluut wonderlik, pragtig en perfek. Ek is trots op jou soos jy is.

Jou tiener sê: Ek lyk nie goed genoeg nie.

Jou teenantwoord: Vir mý is jy absoluut pragtig en perfek, so mooi soos die dogtertjie waarvan ek altyd gedroom het.

Jou tiener sê: Mense sê ek het vet geword.

Jou teenantwoord: Mense dink eintlik altyd oor hul eie gewig, selde oor ander s’n. Hulle vergeet gou van joune, en praat nie regtig ooit lank daaroor nie.

Jou tiener sê: Ek gaan goed lyk as ek nog net twee kilo’s verloor.

Jou teenantwoord: Jy gaan ook so moeg en pap voel want jou liggaam gaan verswak.

Jou tiener sê: Hoe minder ek weeg, hoe mooier is ek.

Jou teenantwoord: Jy is klaar pragtig. Ek wil niks aan jou verander nie.

Jou tiener sê: Klere lyk die mooiste aan die maerste mense.

Jou teenantwoord: Klere lyk die mooiste as dit goed gesny is en pas by jou lyfvorm.

Jou tiener sê: Niks pas my nie want ek is te vet.

Jou teenantwoord: Daardie styl is nie reg vir jou nie. Kom probeer hierdie styl, want dit vly jou.

Jou tiener sê: Ek pas nie meer in ’n nommer tien nie.

Jou teenantwoord: Jy het gegroei. Jy is mos nie meer agt jaar oud nie.

Jou tiener sê: Net skraal meisies is mooi.

Jou teenantwoord: Glad nie. Jy is so mooi soos wat jy voel. Jy is so mooi as wat jy jouself versorg.

Jou tiener sê: Mense sal my ophou kritiseer.

Jou teenantwoord: Mense kritiseer ander mense in elk geval. Dit is hoe mense is.

Jou tiener sê: Sodra ek maer is, sal ek gelukkig wees.

Jou teenantwoord: Depressie is ’n newe-effek van eetversteurings.

Jou tiener sê: Ek mag nie eet nie want ek het my gister ooreet.

Jou teenantwoord: Moenie jouself uithonger en afskeep nie. Dit maak jou gespanne en angstig, en dan gaan jy môre weer ooreet.

Jou tiener sê: Hoe kon ek so baie geëet het?

Jou teenantwoord: Kos is mos lekker. Almal het dit geniet. Jy mag kos geniet.

Jou tiener sê: Ek is simpel, sleg en useless want ek is vet.

Jou teenantwoord: Ék is gek na jou. Ek dink jy is oulik, kosbaar en dierbaar.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.