kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is jy moeg weens te min yster?

Eintlik is ’n ystertekort omdat jy te min ysterryke kosse eet seldsaam, sê Jeanie Nel, ADSA-dieetkundige in die Kaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die rede?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou liggaam het ’n oulike manier om yster te behou: dit herwin letterlik ou yster. Dit werk so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Twee-derdes van yster is in die vorm van hemoglobien, die hoofbousteen van jou rooibloedselle
• Rooibloedselle leef vier maande en sterf af
• In plaas daarvan om yster bloot uit te skei en te verloor, herwin jou liggaam dit en word dit in ferritienmolekules, waar dit in jou lewer gestoor word, gebêre
• En daar bly dit, tot jy weer yster nodig het

Maar ’n ystertekort is ’n werklikheid, sê dr. Danie Kotze, Kaapse hematoloog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Al het die meeste mense wat altyd moeg voel eerder ’n tekort aan vitamien B12, is daar tog mense met ’n ystertekort. Dit verg altyd deeglike mediese aandag omdat die redes daarvoor gevind moet word – wat kan strek van iets so ernstig as kanker tot die verleentheid van wurms.

Wat vertel ’n ystertekort vir ’n dokter van jou gesondheid?

Jy kan gebrekkige ysterstore hê
Dit beteken jy het geen ‘spaar’ yster nie maar wel genoeg yster dat jou liggaam eintlik goed funksioneer. Daar is dikwels goeie redes waarom jy yster verloor. Van die algemene redes is kanker, swaar menstruasie, seliaksiekte en wurms. ’n Ysteraanvulling stel jou dalk gerus dat jy ‘iets doen’ vir jouself, maar eintlik is jy besig om die bal heeltemal mis te slaan.

Jy kan ’n funksionele ystertekort
Jy het waarskynlik genoeg yster maar jou liggaam gebruik dit nie suksesvol nie. Hiervoor is daar dikwels ook ’n goeie rede, soos ’n langtermyn-infeksie. Weereens moet jy dalk dieper kyk.

Jy het werklik ’n ystertekort anemie
Jou ystervlak is werklik laag. Jy kort ekstra yster. Maar goeie oordeel en balans is nodig want te veel doen skade.

Mense met ’n vitamien B-tekort kla ook van moegheid. ’n Bloedtoets kan gou uitwys wat jy eintlik kort.

Lees ook

Moegheid weens lae yster of vitamien B
Hoekom jy nie self ysteraanvulling moet doen nie
Tekens van lae ystervlakke
Jy hoef nie net vleis te eet vir vit B12 nie!
Tekens van lae vitamien B12-vlakke
Watter kosse is ryk bronne van yster?

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.