kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-ontwerper Salomie du Plooy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ontmoet Salomie du Plooy, die visioenêre Suid-Afrikaanse mode-ontwerper, wie se reis in die wêreld van couture as jong meisie begin het toe sy gekoesterde oomblikke saam met haar ma voor die naaimasjien deurgebring het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“As klein dogtertjie het ek altyd by my ma gesit, terwyl sy naaldwerk gedoen het en haar oorskietlappies gebruik om vir my Barbies klere met my eie klein naaldwerkmasjien te maak,” vertel Salomie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met sulke kinderjare en ’n natuurlike aanvoeling om unieke ensembles saam te stel, het Salomie se passie vir mode die dryfkrag geword agter haar besluit om ’n loopbaan in mode-ontwerp te volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Mode is nog altyd vir my ’n manier om myself uit te druk en my te laat goed voel oor myself. Daar’s min dinge wat jou so selfversekerd laat voel soos ’n uitrusting wat jou goed pas en jou lyf komplementeer. Ek wou hierdie ervaring van wat mode vir my beteken, met ander vroue deel,” sê sy.

Salomie se unieke perspektief van mode is duidelik in haar ontwerpe, wat deur ’n mengsel van kreatiwiteit en ‘n moderne benadering tot detail gekenmerk word. Haar vreesloosheid om risiko’s te neem, haarself voortdurend uit te daag en te eksperimenteer, het Salomie ’n prominente figuur in die modebedryf gemaak. Bekendes soos Karlien van Jaarsveld, Angelique Gerber, Natasha Joubert en Anlia Etzebeth het almal al in Salomie Couture-skeppings geskitter.

Behalwe vir haar prestasies in couture, beplan Salomie ook om vanjaar opslae in die gholf-arena te maak. Sy is ’n ywerige gholfspeler en beplan om ’n eksklusiewe handelsmerk van gholfklere vir mans én vroue bekend te stel.

Karlien Meiring het meer oor dié bekende mode-ontwerper gaan uitvind.

Waar kry jy die inspirasie vir jou ontwerpe vandaan?

Ek word deur alles van modeneigings tot die natuur, mooi lap, kuns en ook die mense en dinge om my geïnspireer. My With love Sienna-reeks is geïnspireer deur die oorweldigende liefde wat ek vir my dogtertjie het. My Embellished-reeks is deur my liefde vir detail en handwerk in my ontwerpe geïnspireer.

As jy een van jou ontwerpe moet uitsonder waarop jy besonder trots is, watter een sal dit wees en hoekom?

My beste vriendin, Mariska Thorpe (van Die Real Housewives van die Wynlande-faam), se trourok. Ons is al van kleuterskool af vriendinne, so ek was verskriklik trots om te sien hoe sy in Griekeland kansel toe stap. Daardie ontwerp was soveel meer as ’n trourok, dit was die uitbeelding van ’n leeftyd se herinneringe.

Die Springbok-baadjie wat ek vir Anlia Etzebeth gemaak het, staan ook uit. Ek het dit nog voor die Springbokke die halfeindronde gewen het, gemaak. Ek het net vas geglo dat sy dit by die eindronde sal dra en dat ons die Wêreldbeker-rugbytoernooi gaan wen. Ek hou daarvan om kanse te vat!

As jy ’n uitrusting vir enige bekende kon ontwerp, wie sou dit wees?

Miley Cyrus!

Ons weet jy is ’n kranige gholfspeler. Waarmee hou jy jouself nog besig wanneer jy nie aan modeskeppings werk nie?

Ek hou daarvan om binnenshuise ontwerp te doen en hou myself meestal besig met my eie huis se binnekant. Ek is mal daaroor om iets te revamp en sal altyd iets vind wat werk nodig het.

Is daar ’n modeneiging wat jy wens wil verdwyn? En een wat jy hoop nooit uit die mode gaan nie?

Ek hou nie van maksirokke nie, dit voel vir my asof dit vroue aanmoedig om hul lywe weg te steek. Ek glo vroue moet hul kurwes met selfvertroue flaunt!

Ek is mal oor shoulder pads, dit help jou dadelik om jou skouers terug te trek, op te lig en gee jou ’n bietjie ekstra selfvertroue. My nommereenmodeneiging sal altyd selfvertroue wees!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met bekroonde rolprentmaker Stefan Enslin

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.