Hoe om die winter ’n ander tipe “koel” te maak

Deur Ansu Visser

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag sal ek nie weer diep delf oor my negatiewe gevoelens teenoor die winter nie. As jy van my vorige bloginskrywings gelees het, sal jy weet waarvan ek praat. Ek sal eerder die koffie drink soos die kan hom skink, solank die kan mooi en die koffie lekker is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos die New Yorkers is ek ook mal oor die idee van swart van kop tot toon, ongeag die geleentheid. Dis regtig net die maklikste en vinnigste manier om modieus te lyk. Maar om elke dag net swart te dra is nie altyd moontlik nie. Klere moet gewas word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het al ’n vorige keer gesels oor hoe ’n mens ’n vervelige uitrusting met ’n bietjie kontras kan optof. Vandag gaan ek daarop uitbrei deur met die kontras tussen swart en wit en patrone te speel – so hou jy dit eenvoudig, maar maak darem jou uitrusting meer pret.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk, ek het eintlik nie hierdie broek nodig gehad toe ek hom in die winkel raaksien nie, maar ek het net geweet dat ek nie daarsonder  uit die winkel kan loop nie, want anders sal Toekomstige-Ansu voor haar kas staan, wonder wat om aan te trek en Verlede-Ansu  daarvoor haat.

Hierdie swart-en-wit blokkiesbroek veroorsaak dat dit weer eens by die swart modegier pas, maar dat ’n mens terselfdertyd ’n ou ietsie bysit sonder om te lyk asof jy te hard probeer.

Die idee om te speel met die gewilde mode-elemente van die seisoen (soos patrone) is niks nuuts nie, maar wat hierdie uitrusting wel laat werk, is om die basiskleur te herhaal. Die basiskleur van hierdie broek is natuurlik swart (wel, dis die een wat vir my oog die mees prominente element is) en dus het ek al die ander items ook swart gehou.

Dis dan hoe ’n mens ’n “statement”-item dra: Jy bepaal wat die basiskleur van die kledingstuk is en dan kies jy items wat dit herhaal.

Kry die basis reg en alles anders val in plek – soos die meeste goed in die lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: blogsfashion

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.