kategorieë: InspirasieJou lewe

Anys Rossouw oor die industrie van hoop

Anys Rossouw oor die industrie van hoop deur Mariette Snyman. Foto van Anys verskaf. Ander foto’s van Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Anys, baie mense kry sielkundige hulp. Watter voordele hou dit in?

Ek werk in die industrie van hoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sielkundige terapie is ’n belangrike tool in my industrie. Dit bied mense ’n veilige omgewing waar hul nie geoordeel word nie, maar gehoor en verstaan word om dikwels dinge wat hul geluk en optimum funksionering steel te verander.

Dit gee mense tyd en ’n ruimte om mindfully te reflekteer, na te dink en meestal verrassend te beleef watter wonderlike moontlikhede en sterktes in hul eie persoonlikheid en situasie is. So oorkom hulle moeilike dinge in hul verlede en hede, en ontwikkel strategieë en hanteringsmeganismes om vir hulle ’n beter toekoms te skep. Vir baie mense is dit ’n uitlaatklep en beteken dit baie om net hul storie met iemand te kan deel en te ervaar “ek is nie meer alleen hiermee nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sielkundige hulp gaan oor baie meer as mense met probleme.

Dit help ook mense om doelwitte te stel, en duidelikheid te kry oor wat hulle in hul lewe en verhoudinge wil hê. Dit fokus daarop om emosioneel en in terme van dinge soos kommunikasie-vaardighede te ontwikkel, wat dit makliker maak om te kan doen en wees soos hulle graag wil. Dit maak nuwe deure oop en laat hulle anders doen en dink as hulle die moeilike dinge in hul lewe konfronteer en ervaar dat daar hoop en planne is.

Luister ook na ons gesprekke met Anys oor hoe om beter tydens die inperking te “cope“:

Hinder “lockdown” jou? Hanteer dit so

Raad om vrese en frustrasies tydens die inperking en COVID-19-pandemie te verminder

Kommunikasie en konflikhantering tydens die inperking en “social distancing”

Raadop met jou kinders? Ons het raad

Anys Rossouw oor die industrie van hoop

2. Wat is jou benadering as sielkundige?

Ek werk vanuit ’n positiewe sielkunde en gefokusde oplossingsbenadering sodat kliënte so gou as moontlik kan kom waar hulle graag in hul lewens wil wees.  Ek glo dat mense die potensiaal en innerlike sterkte het om aanpassings te maak, te kan verander, ontwikkel en groei.

Die eerste tree na ’n goeie môre begin dalk klein, maar vandag. Dan is nuwe moontlikhede en ervaringe om die draai …

Lees ook: Hoe om positief tydens die inperking te bly en dit as ’n tyd vir heling en groei te sien

3. Jy skryf al lank sielkunde- en reisartikels vir rooi rose, in die tydskrif self en op www.rooirose.co.za

Ja, my eerste artikel het ek in 1996 geskryf!

Ek skryf egter van 2002 af gereeld vir rooi rose. Skryf is vir my  wonderlik stimulerende ervaring, wat vir my baie bied.  Ek hou van die kreatiewe proses van skryf.  Dis werk, maar beslis vir my ontspanning, ontwikkeling en persoonlike groei.

Dit help my in my werk as sielkundige om my gedagtes oor sekere onderwerpe op skrif te orden en te formuleer, werklik daaroor na te dink, en weer na te lees.

Foto Pexels

4. Watter mense is na aan jou hart?

My man, kinders, skoonkinders en kleinkind.  En dan ons groter kosbare, getroue ondersteuningstelsel van naby vriende, vriendinne, ander familielede en kollegas.

5. Wat het die lewe jou geleer?

Dat die lewe tog goed is, al gebeur skrikwekkende dinge soos ons oudste kind se skielike dood drie jaar gelede.

Dat mense belangriker as dinge of prestasies is en dat daar mense is wat werklik omgee en daar is vir jou.

Dat om te vra waarom en te fokus op wat jy verloor het, geen sin het nie en jou nog die baie wat jy steeds het, kan laat mis of selfs verloor.

Dat weerstand teen wat ek nie kan verander nie, my en ander mense se geluk steel.

Geluk is nie eendag nie, maar iets wat ek nou en hier elke dag oomblik vir oomblik vir myself en my geliefdes moet skep.

Daar is dikwels geleenthede en goedheid waar ek dit nie verwag of op aanspraak kan maak nie.

Dat vrede vryheid is om te wees en ander te laat wees.

Foto Pexels Anys Rossouw oor die industrie van hoop

6. Jy is gek na reis. Wat is dit omtrent reis wat jou trek?

Soveel dinge: Die opwindende beplan en dan ontdek van nuwe plekke, mense, kulture, kosse, smake, reuke, musiek, argitektuur, geskiedenis, kulture … ander maniere van doen, dink en wees, wat my gees en perspektief verruim. Dit vul my met verwondering en dikwels met dankbaarheid vir wat ek het en beleef.

Ek en my man se reise behels dikwels lang afstandstaptogte iewers in ’n ander land of op ’n ander kontinent.  Ons stap meestal meer as 100km tot selfs 200km of meer oor ’n tydperk van ’n week tot 10 dae dag vir dag met ons rugsakke.  Ons probeer om elke aand in ’n ander dorpie in ’n gastehuis of pension te slaap. Dis  stadige, dieper kyk, dieper ervaar, deelword en inaseming van ’n plek en sy mense met hul gewoontes en kultuur.

7. Hoe hou jy jou gees gesond?

Ek omring my met positiewe en liefdevolle mense en probeer moeite maak met die belangrike verhoudinge in my lewe.

Ek en my man drink elke aand  whiskey en gesels kopstukke.

Ek probeer om tevrede-dankbaar te wees vir wat ek het en om klein dingetjies en oomblikke te waardeer en te geniet.

Ek vind sin, stimulasie en bevrediging in my werk.

Ek probeer  balans vind tussen werk en speel deur regtig te beplan en tyd te maak vir tye van rus, vakansie, wegbreek, geniet en kuier saam met ons kinders en vriende.

Ek is deel van groepe mense wat my stimuleer en waar ons plesier vind, soos by ons boekklub.

Ek lees, skryf, oefen, stap gereeld, werk in die tuin en speel met en geniet my dierbare kleinkind.

Anys Rossouw: tel. 012 460 7366

Luister na ons gesprekke met Anys – klik op die pienk speelknoppie om te begin luister. Dis gratis en jy kan enige tyd daarna luister.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.