kategorieë: ReisOntspanning

Lekker avonture in die Durbanville-wynvallei

Die Durbanville-wynvallei is Kaapstad se noordelikste wingerde. Hier wag verskeie avonture op besoekers, maar ‘n paar wynplaaservarings is ’n lekker manier om ’n dag in die buitelug te geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Canto bied wyn-, vonkelwyn- of jenewerproeë aan. Wat die vonkelwynproe ’n móét maak, is die bekroonde wynmaker Anneke Potgieter se slag met ’n raar Cap Classique, een wat van shiraz gemaak is, die Canto Shiraz Rosé Burt 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit het vier sterre in die Platter-gids en goud by Michelangelo gewen. Dit word tydens die proe met ’n rooifluweelmakrolletjie bedien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Kukumakranka-jenewerproe word met vier verskillende tonikums geproe en elkeen kry sy eie geurmiddels soos steranys, roosblare, komkommer en gedroogde lemoen. Die jenewer word op die landgoed se sustersplaas, Bellevue op Stellenbosch, gemaak.

Die wynproe én Cap Classique-proe kos R60 per proe, die tonikum en makrolletjies R80; die Cap Classique en makrolletjies kos R105 en die jenewer-en-tonikum-proe kos R120. Daar is ook allerhande beskikbaar as jy iets saam met jou wyn wil geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Min ander plase bied iets so uniek soos Klein Roosboom-boetiekkelder, waar jy in die ou wynkuipe kan wynproe. Maar moenie dink dis vervelige sementgrotte nie. O nee, elkeen het ’n tema en oulike naam: Bubbliotique, Ou Gat, Rouge, Versailles, Hang Gat, Die Kombuis en Die Spens. Die grotte kan van een tot agt mense op ’n slag huisves.

Daar is kaas- en vleisborde en ander peuselgoed in die grotte wat saam met jou wynproe geniet kan word.

As jy nog honger is, stap oor na die Jéan Deli en Restaurant vir ’n heerlike ervaring in die restaurant met sy reuseglasruite, of sit in die wingerde. Jy kan jou eie piekniek met die varsgebakte brode, koue vleis en slaaie pak, of van die spyskaart bestel.

Die witwynproe kos R55 per persoon; die rooiwyn R65 en die beste van al twee, R85. Die plaas is Dinsdag tot Sondag van 10:00 tot 17:00 oop.

De Grendel is nie net bekend vir sy bekroonde wyne nie (hulle het al ‘n swetterjoel pryse ingepalm), maar dis sekerlik die plaas met die mooiste uitsig oor Tafelbaai én die restaurant het ’n lojale ondersteuningsbasis soos min ander.

Maak ’n plaastoer op ’n wildkykvoertuig mee. Jy leer meer van die plaas se geskiedenis wat tot 1720 terugdateer.

Die eienaar is De Villiers, die vyfde geslag wat die titel “Sir” dra en Charles Hopkins is sedert 2005 die wynmaker. Hy het gehelp om die kelder vir die plaas te ontwerp.

Die Premiumproe kos R100 en die Vlagskipproe kos R120.

En geen besoek aan Durbanville sal volledig wees sonder ’n besoek aan Die Boer-teaterrestaurant nie. Bespreek by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Saterdag 8 Januarie en Sondag 9 Januarie is Marion Holm in Holmruggery. Selfs Marion Holm het ná ’n jaar en ’n half weinig rondom haar kon sien om oor te lag. Toe besluit sy om in die verlede te gaan krap en daar laggoed te gaan soek.

Elandré en sy band kuier van 12 tot 16 Januarie daar. Hy is bekend vir onder meer “Boomhuis”, “Vuur op die Water”, “Tussen Die Lakens”, “Woorde Uit Jou Mond” en vele meer.

Lees ook: Afrike se nuew beste restaurant

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.