'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Beenverlies vind toenemend oor ’n aantal jare plaas en het geen simptome nie. Die eerste teken van osteoporose is gewoonlik ’n beenbreuk. Om hierdie rede word daar gereeld na osteoporose as die “stil epidemie” verwys.1
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Osteoporose, wat letterlik “poreuse been”1 beteken, is ’n siekte wat voorkom wanneer die liggaam te veel beenmassa verloor, of te min vervaardig – of albei. Die resultaat is dat die bene in jou liggaam swak en bros word. Hulle kan breek as jy val, of in ernstige gevalle selfs wanneer jy nies, of jou teen iets stamp.1
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kalsium is een van die hoofboublokke van beenweefsel en dit versterk die skelet. Wanneer die kalsium, wat deur die dieet ingeneem word, onvoldoende is, sal die liggaam kalsium uit die been onttrek en in die bloed vrystel. Dit kan meebring dat die been swak word en mettertyd kan dit iemand vatbaar maak vir osteoporose.3
’n Voldoende hoeveelheid kalsium moet in die liggaam beskikbaar wees om te keer dat bene swak en bros word.
Indien jy vatbaar is vir osteoporose (wanneer daar byvoorbeeld ’n familiegeskiedenis van die siekte is) sal jy moontlik ’n kalsiumaanvulling moet neem om te verseker dat jou liggaam genoeg kalsium kry. Die volgende persone mag ook moontlik ’n kalsiumaanvulling nodig hê:
Jou beenmassa bereik sy hoogtepunt rondom die ouderdom van 30 jaar.5 Daarna begin die beenselle, wat verantwoordelik is om nuwe beenweefsel te vervaardig, stadiger te werk as dié wat ou beenweefsel weer opneem – dus word die been vinniger afgebreek as wat dit opgebou word. Dit lei tot bros bene.4
Dit is dus belangrik dat beenmassa van ’n jong ouderdom af opgebou word om sodoende osteoporose later in die lewe te voorkom.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.