kategorieë: OuerskapJou lewe

Babas, bottels & begrotings

Dit klink dalk klinies en koud om die “koste van jou kind” te ontleed, maar dalk bewys jy jouself én jou kind ’n guns deur bewus te wees van stygende lewenskoste en dit betyds by jou begroting in te reken. Dié koste sal verskil van gesin tot gesin en hang af van faktore soos jul inkomste, waar julle woon en waar die kind skoolgaan. Hoe hoër jul inkomste, hoe duurder is dit om kind groot te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die meeste mense weet eenvouding nie hoe om te begroot nie,” sê Nico Gijsen, besturende direkteur van Finlac. “Wanneer dit dan tyd is vir die kind om tersiêre opleiding te kry is daar nie ’n sent daarvoor nie. Dan moet die ouers enorme skuld aangaan wat een of ander tyd afbetaal moet word, óf die kind moet die skuld afbetaal. Dit dompel so ’n kind in ’n skuldspiraal nog voor hy trou. As die ouers dit moet afbetaal, ontneem dit hulle van aftreegeld.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beplanning is die gulde reël. Beplan min of meer wanneer julle van plan is om kinders te hê en begin betyds geld wegsit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Abbi Schutte, eienaar van babybugsnberries.co.za en ma van ’n babadogter, Bella, sê as sy die tyd kon terugdraai, sou sy voor Bella se geboorte reeds begin spaar het. “As ek nou terugkyk, sou ek beslis elke maand geld weggesit het. Ons het ongelukkig eers werklik besef wat ‘kos ’n baba’ nadat Bella daar was!” sê sy.

Dié ma het baie vinnig geleer om nie oorhaastig babatoebehore te koop nie, maar pryse te vergelyk. Haar raad is om doeke, afveelappies en babamelk by die groot maat te koop. Wees ook op die uitkyk na spesiale aanbiedings waar jy ’n gratis pak afveelappies saam met die doeke kry, en soms kan jy sommer ses pakke afveelappies vir spotgoedkoop kry. Abbi en haar man het op bekende kettingwinkels se nuusbriewe aangeteken en kan aanlyn sien watter spesiale aanbiedings daar is. Moenie wag tot jou babaprodukte op is nie, want dan word jy dikwels gedwing om duurder te koop. Wat babakos betref, kook sy groente, maak dit fyn en vries dit in klein porsies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dokters en kinderartse gee afslag wanneer jy kontant betaal. Ons haal maar die beursie uit met sulke besoeke en eis weer die bedrag van die mediese fonds,” sê sy. “Ons het ook die voordeel dat ons mediese fonds 10% afslag gee wanneer ons doeke by ’n sekere speelgoedwinkel koop. Dit maak ’n groot verskil.”

Abbi het geen probleem daarmee om vriende en familie se tweedehandse kinderklere te gebruik nie. “Ek het pas ’n hele winterklerekas by my vriendin met ’n ouer kleuter gekry. En wanneer Bella se klere te klein word, gee ons dit weer vir iemand wat dit kan gebruik en hou die siklus aan die gang. Ons het van die begin af besluit om nie peperduur babaklere te koop nie. Die kleintjies groei so vinnig dat ons voel dis geldmors. Gehalte is wel belangrik maar nie ’n brand name nie! Ons bêre die klere in neutrale kleure vir wanneer daar ’n boetie of sussie kom.”

Het jy geweet?

• Oor die algemeen soek ouers na ’n stootwaentjie met ’n ligte raam wat maklik (met een hand) kan opslaan, in die kattebak van ’n kleinerige motor pas en darem ’n bietjie pakplek vir die babasak en ma se ligte inkopies het. As jy nie vol fiemies is nie, sal jy goeie stootwaentjies, karstoeltjies en bababeddens by tweedehandse winkels kry. Dalk het dit net ’n goeie skoonmaak, of nuwe bekleedsel nodig.

• Pasgebore babas gaan deur ses tot agt doeke per dag. Ná die eerste ses weke daal dit tot vier tot ses doeke.

• Maak goedkoop afveelappies: Verwyder die kartonrolletjie van ’n rol dubbellaag toiletpapier en sit die toiletrol in ’n ronde houer wat kan toemaak (die toiletrol moet net-net inpas). Gooi een koppie tegniese olie, te koop by apteke, oor. Die rol absorbeer al die olie. Gebruik die papier van die middel af buite toe. Die lappies is veilig, hipo-allergenies en sag op die boudjies!

• As jy dapper is, kan jy wasbare en herbruikbare lapdoeke eerder as weggooidoeke gebruik.

• As jy klere in groter nommers op uitverkopings koop, hoef jy nie soveel op te dok wanneer jou kleinding deur ’n vreeslike groeifase gaan en jy noodgedwonge moet koop wat beskikbaar is nie.

Die wiskunde van spaar

Nico sê stap een is om skuld te vermy. “Ek sien dit te veel. Dit lyk vir my asof baie mense nie kan besef dat skuld terugbetaal moet word nie. Met rente daarby.” Die tweede stap: Spaar. “Hoe vroeër jy begin, hoe minder sal jy maandeliks hoef af te knyp. Dink aan dit wat saak maak. Rekenaarspeletjies en ontwerperjeans dra niks tot jou kind se toekoms by nie. Ook nie elke tweede jaar ’n nuwe kar vir jou nie,” sê hy.

Beplan betyds

1 Kry mediese dekking
Moenie wag tot jy swanger is voor jy by ’n mediese fonds aansluit nie. Indien jy aansluit ná jy swanger is, kan die mediese fonds die swangerskap as ’n voorafbestaande toestand ag en ’n wagtydperk van 12 maande toepas. Dit beteken die fonds sal niks van die swangerskap of geboorte betaal nie. Jy kan selfs net ’n hospitaalplan uitneem as jy beplan om swanger te word. Daar is ook omvattende swangerskapplanne wat selfs die koste van jou baba se immunisering en twee besoeke aan ’n kinderarts dek.

2 Kraamvoordele deur die werk
Stel vas watter persentasie van jou inkomste, indien enige, jou werkgewer gaan betaal terwyl jy op kraamverlof is. Tensy julle spesifiek ooreengekom het, het jou werkgewer geen verpligting om enige bydrae tot jou inkomste te maak terwyl jy met kraamverlof is nie. As dit die geval is, begroot en bepaal of jy genoeg kontant vir die verloftyd het. As jy nie kan bekostig om vier maande verlof te neem nie, kan jy vroeër teruggaan werk toe.

3 Werkloosheidsversekering
Stel vas of jy vir werkloosheidsversekering (WVF) kwalifiseer. WVF word op ’n glyskaal bereken as ’n persentasie van jou inkomste en is onderworpe aan ’n maksimum-inkomste per maand. Hoe hoër jou inkomste, hoe laer die persentasie wat jy kan verwag om te kry.

4 Lig jou mediese fonds in
Stel jou mediese fonds so gou moontlik in kennis van jou swangerskap sodat jy kan registreer vir swangerskapprogramme wat die fonds bied. Dit sal ook verseker dat die mediese fonds gereed is om jou en jou baba te dek sou daar vroeë komplikasies wees.

5 Stel vas watter koste gedek is
Stel vas wat die mediese fonds dek en wat jy moet betaal. Neem veral die koste van jou doktersbesoeke, die bevalling, immunisering en besoeke aan die pediater in berekening. Bepaal ook vooraf watter tariewe jou ginekoloog vra. As dit meer is as die tarief wat jou mediese fonds dek, sal jy die verskil moet betaal. Dit kan nogal ’n aansienlike bedrag wees as jou mediese fonds bv. net 100% van die tarief vir ’n bevalling dek, maar jou ginekoloog 200% vra! Jy kan altyd die tarief met jou ginekoloog bespreek, of ’n ginekoloog kry wat dieselfde tarief vra as wat jou mediese fonds dek.

6 Bestee maandeliks minder
Uitgawes styg aansienlik sodra ’n baba gebore word. Dis belangrik om jou uitgawes in te kort. Begin deur kredietkaarte en daardie skuld met die kortste oorblywende betalingstermyn af te betaal. Klererekeninge moet tipies binne ses maande afbetaal word; indien jy vroeg begin, kan daardie rekeninge ten volle betaal wees wanneer die baba gebore word.

Magdeleen Cornelissen, Finansïele Beplanner by SG Wealth Menlyn

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.