kategorieë: Skoonheid

Bakwena Spa haal die spasma uit stres

Na ’n paar stresvolle weke en ’n paar spanningshoofpyne het ek onlangs ’n halwe dag van pamperlang en ontspan by Bakwena-Spa, geleë by die Hennops Rivier, naby die Velmore Hotel Estate in Centurion deurgebring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het aanvanklik gesukkel om daar uit te kom weens slegte padwerke, maar die sukkel was voorwaar die lang ry werd. Ek sal julle egter aanbeveel om liefs die vriendelike personeel vooraf te kontak en te vra vir ’n alternatiewe roete, of te hoor hoe die padwerke vorder en of dit jou sal affekteer, as wat jy net die aanwysings vanaf die webwerf volg. My terugtog was baie minder moeite te danke aan hulle hulp!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is verwelkom met ’n heerlike koue ontbyt en daar is toe begin met die halwe dag spabehandelings wat die volgende ingesluit het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

– ’n Vollyf-masering met warm klippe (60 min)
– ’n Kop-, nek- en skouer-masering (60 min)
– ’n Voet-, enkel- en kuit-masering (60min) wat ’n 10 minute Mr. Nibble sessie insluit. Die Mr. Nibble-terapie is klein vissies in ’n skoon swembad wat ou velle van jou hande en voete af eet. Dit werk ook veral goed vir mense met ekseem en psoriase, mits jy dan vir herhaaldelike behandelings gaan.

My gunstelingdeel was verseker die vollyf-masering met aromatiese olies en warm klippe wat nie net help om spanning diep vanuit jou spiere te trek nie, maar ook bloedsirkulasie te verbeter. Ek het vir die masseuse gesê dat sy maar hard kan maseer en sy hét! Maar sonder om my seer te maak, en dis ’n kuns. Selfs die volgende dag het my spiere net meer ontspanne gevoel, glad nie seer of gekneus nie. Daarna het ek my voet- en kuit-masering, asook ’n Mr. Nibble sessie gehad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was die eerste keer wat ek dié vis-sessie gehad het, en het dit vreeslik interessant gevind. Aan die begin is dit baie aardig om die klomp klein vissies te sien wat om jou voete saamkoek en hulle verlustig aan die ‘feesmaal’, maar dan raak dit lekker en ontspanne. Ek dink wel ’n mens het meer as 10 minute nodig om ’n groot verskil te maak, afhangend van jou vel se kondisie, maar dit is ’n goeie kombinasie saam met die kuit en voet massering en ’n mense se voete voel sag, glad en bevog as jy klaar is.

Ter afsluitng het ek basies aan die slaap geraak terwyl my kop, skouers en nek met aromatiese olies gemaseer is, en weereens is geen van my spiere gekneus of beseer nie. Die halwedag-behandelings sluit ook sekere drankies van die kroeg in en daar is ’n kelner wat gereeld kom vra of jy iets wil hê om te drink.

Die diens was uitstekend en dit was ’n lekker ontspanne ervaring. Bakwena bied ’n verkseidenheid pakkette aan wat halfdag, voldag en aandbehandelings met oornagfasiliteite by die luukse Valmore Hotel insluit.

Vir meer inligting kontak 0861 222 928 of gaan na www.bakwenaspa.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.