kategorieë: FiksheidGesondheid

Ballet vir die pret: Hoekom Barre-oefeninge goed is vir jou

Ballet vir die pret: Hoekom Barre-oefeninge goed is vir jou deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sommige mense raak kortasem van opwinding by die gedagte daaraan om sesuur op ’n Sondag-oggend 70 km te gaan fietsry, of ure in die gim saam met ’n slawemeester te oefen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dan is daar ’n veel groter groep wat vermoed hierdie bittereinders is van ’n verre planeet.

Maar die waarheid is dat oefening ’n mens lekker laat voel, jy lyk beter en is gesonder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Barre-oefeninge is op ballet gegrond en kan jou siel en lyf bevoordeel, en dis dalk net die ding wat jou weer uit die rusbank en aan die beweeg gaan kry. Jy word sterker en fermer, en ’n goeie postuur laat jou slanker en jonger lyk.

Doen die toets

Al ooit opgemerk hoe ’n fier en regop houding jou slanker en sterker laat lyk? Gaan staan voor die spieël, rek jou nek, trek jou skouers reguit en na agter, stoot jou bors uit, trek die maagspiere saam en boude in.

Volgens kenners is dit wat gereelde Barre-sessies vir jou kan doen.

11 redes hoekom barre-oefeninge goed is vir jou

  1. Dit voel nie soos konvensionele oefening nie en die kans is groter dat mense wat nie juis oefen nie dié oefening sal geniet en daarmee sal volhou. Dis geskik vir oud en jonk, mans en vroue.
  2. Jy oefen ’n verskeidenheid spiere wat jou liggaamshouding verbeter en jou slanker en sommer jare jonger laat lyk.
  3. Jy oefen nie met gewigte nie. Barre-oefeninge versterk jou spiere deur herhalings. Omdat die bewegings so beheers is, isoleer jy spiere wat jy herhalend oefen. Dit klink dalk nie na harde werk nie, maar wag maar …
  4. Kernspiere is nodig vir stabiliteit en balans. Barre-oefeninge fokus op die belangrike spiere wat jou postuur en rugpyn verbeter.
  5. Die meeste van ons sit lang ure voor ’n rekenaar wat nie veel vir ons sitvlakspiere doen nie. Selfs gereelde oefening oefen nie die boudspiere genoeg nie. Barre-oefeninge versterk jou boudspiere wat jou risiko op besering verminder en ook vir rugpyn help.
  6. Dit kan marathonatlete help om uithouvermoë te verbeter. Omdat jy dieselfde beweging oor en oor doen, versterk jy daardie spiere wat jou in uithourenne gaan help.
  7. Volgens die kenners kan Barre-oefensessies jou selluliet verminder omdat dit die spiere definieer en los vel stywer maak.
  8. Barre-oefeninge hou jou spiere lenig wat jou soos ’n danser eerder as ’n liggaamsbouer laat lyk.
  9. Hardlopers en fietsryers gebruik meestal beenspiere en dis nodig om ander oefening te doen om die bolyf en kernspiere te oefen. Oorgebruik van spiere lei boonop tot beserings. ’n Goeie sessie balletoefening kan hierdie wanbalanse regstel.
  10. Strekoefeninge hou jou soepel en verbeter die omvang van beweging sodat jy nie met een skewe beweging ’n besering opdoen nie. Namate ons ouer word, raak dit nóg belangriker om soepel te bly.
  11. Dis die ideale oefening as jy van beserings herstel. Hoëimpakoefening soos hardloop lei maklik tot knie- en beenbeserings. Dit kan help om vir ’n ruk iets anders te doen tot jou besering herstel het.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

So, wat is barre?

Dit is ’n kombinasie van ballet, pilates en joga.

Die kombinasie van strek en op kleiner spiere soos jou kernspiere fokus, is ideaal as jy ’n oefensoort soek wat jou hele lyf oefen. Of jy dit by ’n ateljee of gim doen (Barre 180 by Virgin Active), dit bly goeie oefening.

En wat is dit nie?

Jy gaan nie eensklaps van Little Lotta in Phyllis Spira verander nie. Dis nie ’n kardiosessie waar jy baie energie verbrand en op die manier gewig verloor nie. Dis ideaal as jy Barre met ander kardio-oefeninge soos stap, hardloop, fietsry of swem kombineer as dit jou doelwit is.

Hooffoto: Pexels

Loer hier vir nog goeie fiksheid-inspirasie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.