Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee

Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee deur Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy deel hierdie lesse in die kykNET-reeks In die sop, wat Woensdagaande uitgesaai word. Bertus sit die restaurant-evolusie in die tweede seisoen voort saam met dekorspesialis, Misi Overturf, en dit word nou uitgesaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos in die eerste reeks, word daar in elke episode gewys hoe ’n eetplek in drie dae ’n transformasie ondergaan. Kykers gaan sien hoe daar nuwe lewe binne 72 uur in restaurante, wat wissel van alledaagse eetplekke tot fynproewerrestaurante, geblaas word.

Bertus en sy span deskundiges kan enigiets verander – dit sluit die naam, dekor, uitrustings van die personeel, die spyskaart en die kombuisopset in.

Volgens hom poog hy en sy span om restauranteienaars met hul kennis en ervaring te bemagtig en te inspireer.

“Soos altyd is daar geen heilige koeie nie en ons woeker met die restaurante se kombuis, uitleg, meubels en disse, maar danksy die eerste seisoen het die nuwe deelnemende restaurante ’n beter idee wat die resep behels,” vertel hy.

Lees ook: Sjef Mynhardt se eie kookboek

Die eerste reeks van In die Sop het veral gehelp om die gekose eetplekke, wat onder die streng inperkingsmaatreëls van die Covid-19-pandemie gebuk gegaan het, huishoudelike name te maak.

In die tweede episode wat in vroeg Mei uitgesaai is, het Bertus en sy span DNA Café in Kuilsrivier gaan regruk, waar ’n barmhartige paartjie geleer het dat ’n mens nie uit ’n leë koppie kan skink nie.

Dis juis by DNA Café wat gaste onlangs kon kom kuier om uit die perd se bek te hoor hoe dié reeks die eienaars se lewens verander het, maar ook by Bertus en Misi te hoor wat die reeks se uitdagings is.

Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger vir die reeks, het vertel dat restaurateurs se drome verpletter is, en hulle wanhopig is. “Hulle is so ongelooflik weerbaar en stukkend en dan kom daar hierdie hoop.” Sy sê vir haar is deernis en omgee die oorkoepelende boodskap van die reeks.

Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger vir In die sop, en Bertus Basson, sjef en aanbieder, staan by Adelé en Nate Smith, eienaars van DNA Café.

Bertus het vertel hoe die reeks sy ontstaan gehad het: Hy en sy vrou, Mareli, het gedurende die inperking sop vir hul gemeenskap, Jamestown, net buite Stellenbosch gekook het. Ander sjefs het later kom help en hulle het 1 200 liter sop per dag gekook. Homebrew Films het daarvan te hore gekom en hulle genader met die idee van ’n reeks waarin Bertus sukkelende restaurateurs help.

Mareli Basson, Bertus se vrou, en sakevennoot, Misi Overturf, die dekor-spesialis in In die sop, en Jaco Loubser van Homebrew Films, wat die reeks vervaardig.

“Ek kan ’n kwaai bliksem wees, maar jy werk met ander mense se drome en die reeks gee hoop, sodat mense beter af is as voorheen.”

Die eienaars van DNA Café, genoem na Dugald (Duke) Cloete en Nate en Adelé Smith, was voorheen deel van ’n koffiewinkelketting. Duke, Adelé se broer, is etlike jare gelede onverwags oorlede.

’n Deel van die spyskaart met sy Afri-Kaapse beskrywing. Regs is ’n foto van die eienaars, Dugald (Duke) Cloete en Nate en Adelé Smith, voor Duke se dood.

Adelé vertel dat hulle baie slapelose nagte oor die onderneming gehad het. Die inperking het hulle op hul knieë gedwing, maar dis moeilik om openlik te erken jy kry swaar. Nate vertel dat sy vrou se onthulling dat sy ingeskryf het vir In die sop die “reaksie van enige klein sakeman gehad het: Jy hou alles vir jouself en hou aan glimlag as mense vra hoe dit gaan. Ek was bang om mense te laat weet hoe sleg dit met ons onderneming gaan.

Dis hoe die koffiewinkel gelyk het toe dit nog deel van ’n koffiewinkel-ketting was.

“Maar om te kon laat gaan, om dit nie meer vir jouself te hou nie, was wonderlik.”

Die koffiewinkel se slagspreuk is nou “Cape soul food” en Bertus sê dis die identiteit van Nate en Adelé. “Dis Kaapse kos, dis nie Joburg-kos nie, dis ons kos.”

Die nuwe DNA Café, nadat Bertus Basson en Misi Overturf met die projek klaar is.

Die spyskaart spog met Afri-Kaapse begrippe soos “Komvandaan Classics”, “Lekkerchies en Lussies” en “Daltjies what you must bakkies”.

Die nuwe DNA Café, nadat Bertus Basson en Misi Overturf met die projek klaar is.

Nate het vertel dat hulle die Kaapse tradisies waarmee hy grootgeword het, soos koesisters op ’n Sondag, by die restaurant laat voortleef. Sondagoggende staan die rye by die restaurant uit om koesisters te kom koop.

En in lyn hiermee het elke gas by die bekendstelling ’n barakat-boksie (wegneemboksie) gekry met hul vertrek. In die Kaaps-Maleier-kultuur is ’n barakat ’n papiersak gevul met koeke, vrugte en lekkergoed wat aan vriende en bure uitgedeel word.

Adelé Smith, mede-eienaar van DNA Café, wys hoe ’n gatsby nou eintlik moet lyk.

My boksie was vol stroopsoet sagte koesisters met baie klapper en ’n stuk gatsby met dik slaptjips.

Blykbaar is die wortelkoek die beste in die weste, maar ons het ons ooreet aan koesisters en nooit by wortelkoek uitgekom nie!

Daar is 13 episodes in die tweede seisoen: In episodes 7 op 8 Junie kuier die span by die Old Goal op Swellendam. In episode 8 op 15 Junie is JJ’s Takeaways aan die beurt. In Struisbaai se hawe staan ’n gehawende karavaantjie wat al vir meer as ’n dekade vis en tjips verkoop.

The Gathering Café in episode 9 op 22 Junie onder die loep. Pastoor Bjorgan Morrie van The Gathering-gemeente het onlangs die deure van sy koffiewinkel oopgemaak, maar het ‘n wonderwerk nodig om dit oop te hou.

Op 29 Junie is episode 10 by Amazink net buite Stellenbosch. Die gordyne op die restaurant se gloriedae is lankal toegetrek en Bertus en Misi gaan na meer as net die dekor en spyskaart moet kyk.

Verfilming en redigering van episodes 11, 12 en 13 is tans onderweg en die tweede seisoen loop op 20 Julie om 20:00 op DStv-kanaal 144 ten einde.

• Die 12 restaurante wat in die reeks verskyn, word uit honderde aansoeke gekeur. Die kostes van die projek word deur kykNET gedra en is hul belegging in gemeenskappe.

Foto’s: Clifford Roberts, Martin Gouws, Ian du Toit

Lees ook: Nuwe dubbelloop-lekkerte vir Nederburg

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.