kategorieë: Ons menseBekendes

Barbara-Marié Immelman oor ma-wees, haar loopbaan en 2020

Barbara-Marié Immelman oor ma-wees, haar loopbaan en 2020 deur Mariette Snyman. Foto’s van Barbara-Marié verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Vertel van jou grootwordjare en jou gesin.

Ons gesin het baie getrek toe ek jonk was. Ek is gebore in Pretoria, het my eerste verjaarsdag in Chicago gevier en het in die buiteland gewoon totdat ek agt jaar oud was. My pa was ’n diplomaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het baie ge-travel en wonderlike lande besoek. Ons was baie geseënd om ander dele van die wêreld op so ’n jong ouderdom te kon beleef. My gesin het bestaan uit Casper (my pa), Wanda (my ma), Caspar (my broer), Catherien (my suster) en ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Hoe het dit gebeur dat Chicago en Londen deel was van jou grootwordtyd?

My pa was diplomaat en daarom het ons oorsee gewoon. Ons het eers in Chicago gewoon en daar was ek in die kleuterskool. Daarna is ons London toe waar het ek ’n laerskool bygewoon.

In Amerika het ek ’n wonderlike Amerikaanse aksent gehad, maar toe ons Londen toe trek, het my Amerikaanse aksent handomkeer verander en ek het soos “Queen Elizabeth” Engels gepraat. Ek het nog steeds ietwat van ’n aksent wanneer ek Engels praat.

Die groot uitdaging was om maatjies te maak elke keer wanneer ons verhuis. Ons is geleer om in ons nuwe omstandighede te cope. Kinders is darem baie meer aanpasbaar wanneer dit kom by nuwe omgewings.

3. Vertel van jou eerste professionele rol toe jy 14 jaar oud was.

My eerste professionele rol was die jong Rika in die Afrikaanse TV-reeks Konings. Ek was in standerd 7 (graad 9) toe ons dit verfilm het en in standerd 8 is die reeks uitgesaai. Dit was en bly een van Suid-Afrika se heel beste dramareekse. Dit was ’n wonderlike ervaring en ’n groot voorreg om deel te kon wees van hierdie reeks.  Dit word nog steeds op sekere kanale uitgesaai.

4. Watter rolle het sedertdien uitgestaan, en hoekom?

Elke rol is uniek. As ek moet kies watter rolle besonders uitgestaan het, is dit die rolle waarin ek iemand speel wat die teenoorgestelde is van myself. In Sterk Skemer het my karakter haar eie polse probeer afkou omdat sy nie kon deal met haar sussie se dood nie, in Villa Rosa was my karakter bipolêr, in Die Netwerk was my karakter ’n drug addict. Dis heerlik om ’n karakter te speel met so ’n dramatiese agtergrond. Dit bou intensiteit in die storielyne.

5. Wil jy iemand uitsonder wat ’n vormende invloed op jou toneelspel gehad het?

Ek dink daar is té veel om op te noem, maar my gunsteling aktrise is Meryl Streep. Van kleintyd af het ek haar so bewonder vir haar diversiteit as akteur. Sy het sekere eienskappe wat herkenbaar is in haar toeneelspel, sekere mannerisms wat uitstaan. Elke keer as ek na haar perfomance kyk, leer ek iets nuuts.

6. Waaroor handel Moffie wat op 13 Maart plaaslik begin wys, en hoe pas jou rol in die fliek?

Moffie is ’n film oor ’n jong gay seun en sy ervaring in die weermag tydens die apartheidsera – die struikelblokke waarmee hy worstel en die moeilike pad wat hy tydens sy weermagopleiding stap.

7. Hoe voel jy oor jou karakter?

Ek speel die hoofkarakter se ma. My rol was eintlik baie klein, die storie fokus meer op my seun en sy belewenis in die weermag, maar my naam is tweede op die end credits en dit het als die moeite werd gemaak 😉

8. Hoekom moet ons die fliek gaan sien?

Dit is ongelooflik mooi geskiet! Die cinematography is briljant.

Ek dink daar gaan baie mans wees wat met van die karakters kan identifiseer. Dinge was nie altyd maklik tydens die weermagopleiding nie. Baie ouens het genuine swaar gekry.  Ek dink nie dit was enigsins maklik om homosekueel te wees in daardie tydperk nie, dit  was nie aanvaarbaar nie.  Baie jong seuns het met hierdie “geheim” gelewe.

9. Hoe het die fliek jou verryk?

Dit was wonderlik om deel te kon wees van so ’n besonderse professionele groep mense. Almal het hulle A-game gebring en gegee. Ek is so trots dat hierdie film so goed doen in die buiteland. Dit het my net weer bewus gemaak van die kwaliteit van die films wat ons in Suid-Afrika kan maak. Ons hoef nie terug te staan vir ander nie. Ons maak mooi films. Oliver Hermanus is ’n briljante regisseur. Sal baie graag weer saam met hom wil werk.

Alles omtrent my man is besonders – waar begin ek?

10. Waarna kan ons nog in 2020 uitsien?

Op hede wys die tweede reeks van Die Byl op kykNET. Daarin speel ek een van die hoofrolle. Ek beoog om meer van my musikale talente gebruik te maak dié jaar. Ek speel viool en klavier. Ek sal bitter graag vir Karen Zoid en Amanda Strydom wil viool speel. Komaan julle … we can make it happen! 🙂

11. Waar het jy jou man ontmoet, en hoekom is hy vir jou besonders?

Ek het hom in Stellenbosch ontmoet. Dit was ’n bestiering en blessing van Bo. Alles omtrent hom is besonders, waar begin ek?

12. Vertel ons van julle kinders.

Ons het twee pragtige kinders, Max en Wanda. Max word 10 en Wanda 9 jaar oud.  Ek is so trots op hulle. Hulle is ons alles in die lewe en het ons lewens baie spesiaal kom verryk. Ek kan my nie die lewe indink sonder hulle nie. Max volg definitief in sy ma se spore, hy het ’n rol gekry in ’n film. Wanda het ook gesê sy wil aktrise word, sy love dit om te perform.

Dis baie belangrik om na ons kinders te luister

13. Wat dink jy is die geheim van ma-wees?

Daar is geen geheim nie. Elke ma beleef ma-wees op haar eie manier. Geen twee mammas is dieselfde nie. Elke mamma hanteer  en leer haar kinders op haar eie wyse. Ek dink dis die beauty van ma-wees….jy doen wat werk vir jou as mamma en as gesin.

Dis baie belangrik om na ons kinders te luister. Om werklik te verstaan wat hulle vir ons wil vertel en hulle ten alle tye te ondersteun. My grootste geskenk is om ’n mamma vir Max en Wanda te kan wees. Ek LOVE dit!

14. Wat is jou wens vir jou kinders?

My wens vir my kinders is om die lewe ten volle te geniet. Om kind and considerate te wees teenoor ander en om ’n positiewe ingesteldheid te hê. Daar gaan tye wees wanneer dinge ’n uitdaging mag wees, maar met die regte gesindheid en wysheid van ons hemelse Vader is als moontlik om ’n sukses daarvan te maak.

15. Watter aspekte van vrouwees is vir jou kosbaar?

Om vir my gesin te kan sorg: om vrou van die huis te kan wees.  Om my kinders te troos en te kan bemoedig. Om my kinders te help en ondersteun. Om basies ’n mamma te kan wees is die  grootste voorreg vir ’n vrou. Om ’n vrou te kan wees vir so ’n besonderse man is een groot plesier en ’n bonus!  My gesin is my alles.

Volg Barbara-Marié by @barbaramarieimmelman op Instagram en by Barbara- Marié Immelman Actress op facebook.

Vir nog lekker onderhoude, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.