Beeld van ’n vrou: Maggie Smith

Beeld van ’n vrou: Maggie Smith deur Corlia Fourie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy speel met oortuiging ’n statige, aristokratiese vrou in die TV-reeks Downton Abbey, sowel as ’n slonsige boemelvrou in die humoristiese The Lady in the Van. Die naam is Maggie Smith, 84, en die aktrise is al byna sewe dekades lank een van die grootste name in die vermaaklikheidsbedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voordat dié Britse aktrise haar eerste Oscar gewen het in The Prime of Miss Jean Brodie (1969) was sy al jare ’n beroemde verhoogster in Brittanje. Daarna het sy ook in rolprente en vir haar TV-werk bekend geword. Sy het toekennings in al hierdie vertakkings van toneelwerk verower.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maggie is nie net by die ouer garde bekend nie. Tieners en selfs jonger rolprentgangers ken haar as die streng professor Minerva McGonagall in die Harry Potter-rolprente.

Die rooi hare en die oulike sproetjies van haar jeug het plek gemaak vir grys hare en ’n fyn vel wat vroeg reeds tekens van veroudering getoon het. Maar Maggie, soos haar Britse tydgenote, die aktrises Judi Dench, Vanessa Redgrave en Julie Christie glo blykbaar nie daaraan om hul velle te laat gladstryk en hul hare jeugdig te laat inkleur nie (soos wat jy doen as jy ’n Hollywood-aktrise is).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Siektes en die ouderdom keer haar nie. Sy het ook geen planne om af te tree nie, selfs nie ná borskanker in 2007 en ’n hartprobleem in 2012 nie; ook nie die outo-immuunsiekte wat haar oë affekteer nie.

Ná haar tweede man, Beverley Cross, se dood bly sy alleen in Fulham en in haar huis op die platteland. Buiten die geselskap van haar kinders en vyf kleinkinders, het sy net ’n paar vriende, onder wie haar beste vriendin, Judi Dench.

Sy is heeltemal onafhanklik, bestuur nog haar eie motor en doen kosinkopies by die supermark. Sy verpes dit om oor haarself te praat. “Sy kan net nie insien waarom ander meer van haar sal wil weet nie,” sê haar biograaf die rolprentkritikus Michael Coveney.

Maggie is op haar gemak as sy iemand anders speel; minder so as sy net haarself moet wees. Sy kan haar tussen vriende en agter geslote deure geniet, maar hou nie van blootstelling aan vreemdes nie. Sy het vir Coveney gesê namate sy ouer word, is dit vir haar al meer uitputtend om toneel te speel. “Die lewe is werklik moeilik,” sê sy.

Coveney vertel dat Maggie van nature pessimisties is. Sy hou nie van die gedoe rondom toekennings nie en is in die werklike lewe amper net so pessimisties soos die aristokratiese vrou wat sy in Downton Abbey speel.

Sy word glo oorweldig deur negatiewe gedagtes, dié dat sy verkies om alleen te wees. Haar biograaf vertel dat Maggie dikwels miserabel is, maar dat sy nie dit doen om ander mense sleg te laat voel nie.

Haar 48-jarige akteurseun Chris Larkin vertel dat sy ma nooit na ’n ouetehuis sal gaan nie. Sy het al vir hom gesê om haar eerder Switserland toe te neem as sy begin om haar familie se name te vergeet. (Dis ’n verwysing na die genadedood wat in Switserland beoefen word.)

Chris sê hy het jare lank probeer ontken dat hy sy ma se seun is – net om nie met haar vergelyk te word nie. Hy is veral bekend vir sy TV-rolle (onder meer in Yes Minister) in Brittanje, maar hy weet ook dat hy nie naastenby die statuur van sy beroemde ma (of van sy oorlede pa, Robert Stephens,) het nie. Maggie en Stephens se jonger seun, Toby Stephens, is ook ’n akteur, ook nie so bekend soos sy ouers nie.

Margaret Nathalie Smith is in Desember 1934 in Essex gebore. Haar tweelingbroers, Ian en Alistair, ses jaar ouer as sy, het albei argitekte geword. Maggie se pa, Nat, was ’n patoloog aan die Universiteit van Oxford en haar ma ’n stroewe Presbiteriaan wat nooit die nut van toneelspel gesien het nie. Die gesin het Oxford toe getrek toe Maggie vyf was, en op skool was haar bynaam The Woozler, ’n uitgedinkte naam omdat sy die ander leerlinge laat lag het.

Maggie het nooit teen haar ouers se eng opvoeding gerebelleer nie en op skool was sy in die skadu van haar twee briljante ouer broers. Sy het nie baie in skoolwerk belang gestel nie, en het ook nie juis skoolmaats gehad nie. Maar sy kon haar in stories verdiep en het eerder iewers met ’n boek opgekrul as om uit te gaan. Een van haar geliefkoosde skrywers toe (en nou) is Jane Austen.

Op hoërskool was dit haar ideaal om Londen toe te gaan en drama aan die Royal Academy of Dramatic Arts (RADA) te studeer, maar haar ma het geweier. Haar ma het haar, selfs toe sy al bekend was, aangeraai om “’n regte werk te kry” en haar as ’n sekretaresse te bekwaam.

Maggie het soos ’n goeie dogter tuis gebly. (Dit was die begin van die vyftigerjare, onthou.) Haar pa het gesorg dat sy by die Oxford Playhouse School of Theater ingeskryf word. Hy het haar ná vertonings gaan haal omdat dit nie “fatsoenlik” vir ’n jong meisie was om laat saans alleen huis toe te stap nie.

Sy was gou bekend as ’n buitengewoon voortreflike komediespeler. ’n Paar jaar later was sy ’n groot ster aan die Universiteit van Oxford se bekende blyspelgroep The Oxford Revue. Omdat daar reeds ’n aktrise met die naam Margaret Smith was, het sy haar professionele naam na Maggie Smith verander.

Teen die tyd dat sy 21 was, het die Amerikaners reeds van haar kennis geneem en het sy op Broadway opgetree. Maar ’n nog groter eer het haar te beurt geval toe sir Laurence Olivier, toe die National Theatre se eerste direkteur, haar in The Double Dealer in die Old Vic gesien het en gevra het om Desdemona teenoor sy Othello te speel.

Die enigste probleem was dat nadat Olivier haar in sy toneelgeselskap opgeneem het, hulle met mekaar begin meeding het om die beste te wees. Nog nooit vantevore het Olivier gevoel dat iemand hom na die kroon steek nie; dat iemand se reaksies en gevatheid vinniger as syne is nie. Maar toe het hy skielik sterk kompetisie gehad.

Daar was glo talle rusies agter die skerms. Een keer het Olivier ná hul optrede in Othello vir haar gesê hy dink haar artikulasie is nie heeltemal reg nie.

Die aand daarna terwyl hy poedelkaal in sy kleedkamer besig was om hom swart te smeer vir Othello, het Maggie die deur oopgemaak, vir hom geloer en gesê: “How now brown cow!” (’n Sin wat Engelse akteurs vir artikulasie oefen, maar ook ’n skerpsinnige opmerking in die lig van die omstandighede.) Olivier het ook nie op hom laat wag nie en teruggekap. “Very good, Maggie. Much better, darling.”

In een toneel moes Othello baie kwaad vir Desdemona word en haar met ’n dokument klap. Een aand het Olivier werklik vir Maggie geklap, so hard dat sy op die verhoog flou geword en afgedra moes word.

Wat ook nie in Maggie se guns (by Olivier) getel het nie, was dat die resensente baie opgewonde oor haar vertolking van Desdemona was. (Wat dalk tot die klap aanleiding gegee het.) Kort daarna, sê haar biograaf, het sy vir Olivier “van die verhoog af gespeel” in The Master Builder. Vir sir Laurence Olivier was dit meer as genoeg en hulle het nie gou weer teenoor mekaar gespeel nie.

Dit was nie net haar prestasies as aktrise en haar vete met Olivier wat maak dat dié tydperk in haar lewe baie sterk emosies by haar ontlok nie. Sy het hier ook ’n man se hart gebreek. In dié tyd het sy saam met die dramaturg Beverley Cross in Fulham gebly. Hy was smoorverlief op Maggie en het haar aangemoedig om Olivier se aanbod by die National Theatre te aanvaar nadat sy dit aanvanklik geweier het. Maar jare later het Beverley gesê dit was een van die simpelste dinge wat hy in sy lewe aangevang het.

Maggie het verlief geraak op die Britse akteur Robert Stephens wat in daardie stadium met sy tweede vrou getroud was. (Hy was altesaam vier keer getroud.) Sy en Stephens het ’n geheime liefdesverhouding begin en is later getroud. Robert was ’n vrouejagter en ’n strawwe drinker, maar ook ’n goeie klassieke akteur. Maggie en Robert het teenoor mekaar in The Recruiting Officer in die Old Vic gespeel, en toe ook in die rolprentweergawe van The Prime of Miss Jean Brodie. Dié prent het vir Maggie haar eerste Oscar besorg en Robert het gehoop dat hy hom ook as rolprentakteur kon vestig. Dit het nie gebeur nie en sy woedeuitbarstings (en waarskynlik jaloesie) waarin hy die meubels in hul huis rondgegooi het, het Maggie al hoe verder weggedryf. Sy kon ook nie meer sy verhoudings met ander vroue ignoreer nie. Veral nie aangesien almal geweet het van twee van sy baie verhoudings – met die aktrise Vanessa Redgrave en die skrywer lady Antonia Fraser – nie.

Ná hul egskeiding het Beverley Cross wat intussen in Frankryk gaan bly het weer met Maggie in aanraking gekom. Hy is ’n goeie luisteraar en Maggie kon haar hart by hom uitstort. Hulle het hul verhouding hervat, is getroud en het tot sy dood gelukkig saamgebly.

Nadat Beverley in 1998 aan ’n hartsiekte oorlede is, het Maggie Tea with Mussolini gemaak. “Ek moes verskriklik geskok gewees het. Toe ek die prent agterna sien, kon ek baie van die tonele en ’n hele klomp uitrustings wat ek gedra het, glad nie herken nie. Ek het seker maar die prent gemaak om van die pyn weg te kom. Al probleem is dat jy net die pyn uitstel. Wanneer dit jou wel slaan, slaan dit baie hard.”

*Verskeie webwerwe

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.