kategorieë: TrendsMode

2018 modetrends: Wat sê ons redaksie

2018 modetrends: Wat sê ons redaksie deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Anélle (Produksiehoof)

Die groot tossel-oorringe is my gunsteling. Dit het my lank gevat om te besef dit kan vreeslik mooi lyk, maar ek hou van hoe dit dadelik die aandag trek en dit lyk of jy moeite gemaak het met jou voorkoms, al het jy nie eens grimering onthou nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Fokus op oorringe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Melissa (Fotoredakteur en produksie-assistent)

Ek is nie regtig ’n rok of romp-persoon nie, daarom was die broeke met die wye pype en ’n paar tekkies my wen-kombinasie. Ek het dit graag saam met ’n t-hemp gedra of met ’n stylvolle bloes vir netjieser geleenthede.

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur vlei

Susra (Moderedakteur)

Ek is mal oor die manier waarop serpies nou as kopbande gebruik word. Dit kan ’n eenvoudige uitrusting interessant maak. Jy kan dit om jou kop bind, dit in jou hare invleg en ook om jou handsak of nek knoop. Daar is die mooiste kleure en patrone om van te kies vir jou persoonlike styl.

Lees ook: 16 maniere om geld op jou klerekas te spaar

Cornel (Leefstylredakteur)

Ek was gaande oor die moue van die afgelope seisoene. Dit skep ’n vroulike element as jy dit saam met iets soos lospassende kêrelsnit-jeans dra. Hoewel ek meestal broeke verkies, was die middellyf-rompe ook vir my pragtig en verslankend.

Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

Corné (Skoonheidsassistent)

Ek oefen baie en die feit dat jy nou tekkies saam met enigiets kan dra, is vir my die beste nuus ooit. Ek het hierdie jaar graag my hakskoene vir ’n paar stylvolle tekkies verruil as ek ’n skoonheidsgeleentheid bygewoon het. Die tekkie met die hoër platform is my gunsteling. Oor die algemeen is ek ’n groot aanhanger van die athleisure –styl.

Lees ook: 6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop

Maak jou hoë hakke gemaklik

Hoe om jou wit tekkies te was

Ronel (Boeke en Vermaak)

Ek is baie bly oor die wederkoms van hoede! Dit is stylvol, tog speels en ruk nie jou beursie nie. Dit is ’n maklike manier om jou voorkoms af te rond en boonop jou teen Suid-Afrika se sterk son te beskerm

Lees ook: Groot, groter, grootste strooihoede

Anet (Joernalis)

Hoewel ek nie baie oplet na die nuutste modes nie, het ek onlangs vir my ’n poncho aangeskaf. Met sy asimmetriese snit waarborg hierdie item vleiende buitelyne en ’n snoesige herfsseisoen. Daar is ook verskeie kleure en patrone om van te kies wat ’n eenvoudige uitrusting vinnig opkikker. Dit was vir my ’n goeie belegging vir die toekoms mits dit by jou lewenstyl en persoonlikheid pas.

#rrwenk: As jy nie van ponchos hou nie kan jy ook ’n oorrgroot-serp om jou draai.

Lees ook: Vermy hierdie modeglipse

Corlia (Verhaalredakteur)

Swart-en-wit-modes is vir my altyd ’n staatmaker. Die kombinasie bly altyd onderlangs in die mode en beeld ’n stylvolle voorkoms uit.

Lees ook: Naeltrend: Swart-en-wit polkakolle

Rokke wat jy nou moet dra

Catherine (Digitale Redakteur)

Ek is verlief op die helder kleure wat hierdie jaar weer gewild is. Uiteindelik kan ons weer lekker rondspeel en eksperimenteer. Ek hou ook van die modes van vroeër jare wat weer kop uitsteek, veral die verskillende style skoene.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.