kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheid 2018: Wonderlikste nuwe rigtingaanwysers

Skoonheid 2018: Wonderlikste nuwe rigtingaanwysers deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Kevin Murphy Art School

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inklusiewe skoonheid

Ons gunstelingbeweging, wat al ’n paar jaar aan die gebeur is, maar eindelik erkenning kry

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is wonderlik om te sien hoe andersheid omhels word in ’n bedryf wat eens behep was met ’n deursneevoorkoms wat as “mooi” beskou is. Vroue van verskillende vorms, kleure, groottes en kulture word deesdae in advertensieveldtogte en modevertonings gebruik. Baie van hulle is nie net mooi nie, maar word dikwels ook as aktiviste beskou.

Foto: Revlon

Ashley Graham is ’n plusgrootte-model en ’n aktivis vir ’n positiewe liggaamsbeeld. Sy is die eerste plusgrootte-model wat op Sports Illustrated se voorblad verskyn het en sy het by modeweke vir topontwerpers op die loopplank geparadeer. Danksy haar betrokkenheid by Revlon se Live Boldly-veldtog kon sy ’n meer inklusiewe definisie van skoonheid skep.  “Elke dag wanneer ek in die spieël kyk, sê ek vir myself: ‘Ek is dapper en sterk, ek is briljant, ek is mooi,’ en saam met Revlon wil ons alle vroue inspireer om dieselfde te doen.”

Foto: Wet n Wild

#BREAKINGBEAUTY-veldtog van WET N WILD: Wet n Wild wil met sy #BreakingBeauty-veldtog die ondersteuners van outydse, tradisionele skoonheidstandaarde uitdaag om alle vorms van skoonheid te vier. B

ekendes wat aan die veldtog gaan deelneem, sluit mense in soos Diandra Forrest, ’n albino-model, aktrise en vroueregte-aktivis; Michelle Zaunder, ’n Koreaans- Amerikaanse musikant en aktivis; Brianna Marques, ’n plus-grootte model en professionele gewigopteller; Mama Cax, ’n Haïtiese blogger, model en aktivis vir mense sonder ledemate – sy moes ’n prostese kry ná sy kanker oorleef het, maar in die proses haar een been verloor het; asook Valentijn de Hingh, transgender Nederlandse model, aktivis en skrywer.

Foto: Foshini

Thando Hopa, ’n prokureur, model en aktivis, is by FOSCHINI se I am Perfect. I am All Woman-veldtog betrokke. “Ons gebruik ses uiteenlopende vroue in ons veldtog in ’n poging om ‘perfeksie’ te herdefinieer,” sê Pride Maunatlala, hoof van Foschini se bemarkingspan. Vir Thando (’n passievolle voorstander van diversiteit) lê die krag daarin dat ons onsself nie moet afvra wát ons sien wanneer ons in ’n spieël kyk nie, maar wié ons sien.

Foto: Dove

G’n fotoredigering in ons veldtogte nie: Dove is bekend vir hul Body Positive-veldtogte en het selfs onderneem om glad nie die fotos van die vroue wat aan hul veldtogte deelneem, te redigeer nie. Hulle het onderneem dat daar teen 2 Januarie 2019 geen foto van enigiemand wat geredigeer is, soos dikwels die geval op die sosiale media is, te gebruik nie, of dit nou gedruk of digitaal gebruik word. Die vroue lyk presies soos jy hulle in die regte lewe sien.

Dove het in 2017 begin om gewone mense en nie modelle nie in hul advertensies te gebruik – hulle wou vroue wys soos hulle in die werklikheid lyk en meisies help om tevrede met hul liggame te wees en hulself te respekteer. Dove se “no digital distortion”- merk sal op al die nuwe veldtogte verskyn. Hulle hoop ander maatskappye sal in hul voetspore volg en by dié beweging aansluit.

Lees ook:

Iris Apfel: Die wêreld se oudste model

Ashley Graham: Die mooie plusgrootte model

Ouer vroue regeer

Veganis-vriendelik

Kaapse grimeerkunstenaar Gemma Dawn is ‘n passievolle veganis

Veganisme is meer as om nie diere of diereprodukte te eet nie, maar onder meer ook om diereprodukte uit die mode- en skoonheidsbedryf te probeer sny. Die klem val op volhoubaarheid en besorgdheid oor die aarde en ons hulpbronne, en dis goed om te sien dat die keuse van veganis-vriendelike skoonheidsprodukte al groter raak.

Van die bestanddele wat veganiste moet vermy is:

  • carmine (ook bekend as cochineal, cochineal extract, crimson lake of carmine lake, natural red 4,[1]C.I. 75470,[1] of E120) wat veral in grimering voorkom (die rooi kleur word verkry van fyngemaalde insekte);
  • lanolien (die olie of vet wat van skaapwol af kom);
  • kollageen (as dit nie ’n sintetiese kollageen is nie) (kan van visgrate en dierebene af kom);
  • byewas, wat veral in lipsalf en bevogtigers voorkom.

Onthou om jou huiswerk goed te doen, want sommige produkte in ’n reeks kan veganis-vriendelik wees, terwyl ander nie is nie.

Eko-vriendelik en volhoubaar

Handelsmerke wat in ’n verantwoordbare wyse omgaan met die natuur, bestanddele vanaf etiese en volhoubare bronne kry, hulle werknemers goed behandel en teruggee aan die gemeenskap, is waarvoor baie verbruikers deesdae soek as hulle moet kies watter skoonheidsprodukte om te koop. Dit maak ons bly dat daar soveel Suid-Afrikaanse handelsmerke is wat hieraan voldoen.

Skin Creamery

Ons is gaande oor die Skin Creamery The Everyday Cream (R350) se mooi herwinbare glasbottels. As jou room op is, kan jy die room in ’n sakkie (R310) koop en dit weer in jou glasbottel gooi. Skin Creamery is ook organies en deel van Beauty without Cruelty (word nie op diere getoets nie). Die Oil in Milk Cleanser word ook in ’n hervulbare glasbottel verkoop.

OH-Lief

’n Persentasie van alle Oh-Lief produkte word gebruik om bome in Platbos, ’n herbebossingprojek tussen Hermanus en Gansbaai, aan te plant. Hulle het reeds byna vyf honderd bome geplant. As jy ’n Baby Box (R245) koop, is daar ’n boomsertifikaart in wat die GPS-koördinate aandui van die bome wat geplant word.

Natuurlike, glansende vel

Hierdie is jou basis vir enige grimeervoorkoms, en dit is waarop jy die meeste tyd behoort te spandeer.

Minder is meer as dit by onderlaag kom. Verby is die dae wat onderlaag jou vel moet ‘toemaak’.  Die geheim om dit egter suksesvol te doen, sodat dit lyk of jou vel van nature vlekkeloos en glansend is, is goeie voorbereiding. Met ’n wye verskeidenheid voorbereidingslagies en verbloemers is dit gelukkig maklik.

Ek gebruik graag ’n voor-bereidingslagie wat glans gee (voor die onderlaag), ’n groen korrigerende verbloemer (na die onderlaag, vir rooiheid rondom my neus en oë) en onderoog-verbloemer (na die onderlaag) en ’n beklemtoner (Hihglighter) in die binnehoeke van my oë en die holtes langs my neus, die C-vorm rondom my slape en op my lip se kupido-bogie. Die onderlaag wat ek gebruik is lig en glansend. (Dolcé & Gabanna Millennial Skin Tinted Moisturiser is tans my gunsteling).

Foto MAC Cosmetics SS18

Grimeerkunstenaar Diane Kenal het die voorkoms geskep vir die modeweek-vertoning van ontwerper Prabal Gurung. M.A.C Prep +Prime Fix om te verfris en M.A.C Studio Conceal and Correcting Palettes is gebruik waar nodig.

Sagte pienk en warm oranjerooi

Foto: CHANEL

Pienk en rooi saam? Ja!  Die pragtige voorkoms is vir Chanel se 2018 Lente/Somer Haute Couture-vertoning geskep, waar die klem veral op blomme geval het. Die grimering is vroulik en elegant met ’n spatsel oranjerooi kleur op die lippe en sagte pienk ooggrimering. Die vel lyk vlekloos en glansend.

Hare: Moeiteloos mooi

So dit is dalk nie heeltemal ‘moeiteloos’ nie, maar hare wat lyk of die kleur natuurlik en terloops is (dink handgeverfde kleur in die balayage tegniek, wat lyk of jou hare natuurlik effens donkderder op jou kop is met ligter punte), jy jou natuurlik tekstuur gebruik en jou hare sommer so in die verbygaan gedoen is, is kenmerkend van 2018.

Die voorkoms van Indola se Raw Bohemia versameling het ’n songesoende balayage kleur, met ’n vlegsel aan die een kant en los krulle aan die ander kant.

Foto: Indola Street style

Hierdie balayage is so natuurlik gedoen, dat jy dit skaars kan sien. En dit is presies hoe dit moet wees. Dit is deel van Kevin Murphy se Color.ME Art School versameling

Foto: Kevin Murphy Art School

Foto: Kevin Murphy Art School

Die haarstilis en ghd-ambassadeur Eugene Souleiman het die voorkoms geskep. “Die sogenaamde nuwe “glansryke” style is hare wat lyk asof dit vinnig en sommer so in die verbygaan gedoen is.

Foto ghd

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.