Genoeg vir 4
Bestanddele
- 2 salmfillete of forrelfilette, met vel
- 200 g sagte bruinsuiker
- 250 g rou beet, grof gerasper (met skil)
- 140 g seesoutvlokkies soos Maldon
- 1 bossie dille, gekap
- skil van 1 lemmetjie
- 125 ml (½ k) brandewyn
- 200 ml crème fraîche
- sap van 1 lemmetjie
- 30 ml (2 e) gerasperde peperwortel (vars of gebottel)
- 2-3 bete
- 4 radyse
- beet-mikro kruie/spruite
- gekneusde pienk peperkorrels
Metode
- Sit die salm, velkant na onder, op ’n bord. Voel vir en verwyder enige grate. Meng die bruinsuiker, rou beet, dille, skil van die lemmetjie en brandewyn in ’n bak.
- Plaas twee groot kleefplastiekvelle op ’n werkoppervlak. Skep ’n bietjie van die soutpekel op die een plastiekvel. Plaas ’n salmfilet bo-op die soutpekel, herhaal met nog soutpekel, die ander filet vel-kant na bo en eindig met die laaste van die soutpekel. Draai styf toe met die ander plastiekvel.
- Verkoel die salm vir ten minste 24 uur in die yskas.
- Haal uit die yskas. Haal die kleefplastiek af, gooi die vloeistof uit en skraap die soutpekel af.
- Spoel liggies af en droog met papierhanddoek af.
- Sny die salm in dun repies.
- Vir die slaaisous: meng die crème fraîche, sap van 1 lemmetjie en die peperwortel in ’n mengbak.
- Sny die beet en radyse baie dun en besprinkel met Maldonsout en lemmetjiesap. Laat dit vir 10 minute marineer, spoel af en droog.
- Pak die beet- en radys-snye op ’n bord en plaas die salm-snye daarop. Skep met crème fraîche, versier met mikro kruie en pienk peperkorrels. Voeg fyn dille en lemmetjiewiggies by.
