kategorieë: Nuut & NouKos

Beet-gepekelde salm met ’n créme frâiche-sous

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 2 salmfillete of forrelfilette, met vel
• 200 g sagte bruinsuiker
• 250 g rou beet, grof gerasper (met skil)
• 140 g seesoutvlokkies soos Maldon
• 1 bossie dille, gekap
• skil van 1 lemmetjie
• 125 ml (½ k) brandewyn
• 200 ml crème fraîche
• sap van 1 lemmetjie
• 30 ml (2 e) gerasperde peperwortel (vars of gebottel)
• 2-3 bete
• 4 radyse
• beet-mikro kruie/spruite
• gekneusde pienk peperkorrels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Sit die salm, velkant na onder, op ’n bord. Voel vir en verwyder enige grate. Meng die bruinsuiker, rou beet, dille, skil van die lemmetjie en brandewyn in ’n bak.
2. Plaas twee groot kleefplastiekvelle op ’n werkoppervlak. Skep ’n bietjie van die soutpekel op die een plastiekvel. Plaas ’n salmfilet bo-op die soutpekel, herhaal met nog soutpekel, die ander filet vel-kant na bo en eindig met die laaste van die soutpekel. Draai styf toe met die ander plastiekvel.
3. Verkoel die salm vir ten minste 24 uur in die yskas.
4. Haal uit die yskas. Haal die kleefplastiek af, gooi die vloeistof uit en skraap die soutpekel af.
5. Spoel liggies af en droog met papierhanddoek af.
6. Sny die salm in dun repies.
7. Vir die slaaisous: meng die crème fraîche, sap van 1 lemmetjie en die peperwortel in ’n mengbak.
8. Sny die beet en radyse baie dun en besprinkel met Maldonsout en lemmetjiesap. Laat dit vir 10 minute marineer, spoel af en droog.
9. Pak die beet- en radys-snye op ’n bord en plaas die salm-snye daarop. Skep met crème fraîche, versier met mikro kruie en pienk peperkorrels. Voeg fyn dille en lemmetjiewiggies by.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bezalel Founder’s Reserve XO

Proenotas
• Droëvrugte, sjokolade en vanielje op die neus, met ’n sagte blomme-aksent.
• Geskroeide lemoen, sitrus, karamel en ’n subtiele rokerigheid vul die mond met ’n uiters gladde afronding van vrugte en vanielje.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.