kategorieë: Ons menseBekendes

Bekendes en hul dierekinders!

Bekendes en hul dierekinders! Deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tom Hardy

Dié hartebreker lyk dalk soos ’n taai, manly man wat gereeld foto’s van motorfietse en intense tonele uit sy flieks op die sosiale media plaas, maar hy het beslis ’n sagte plekkie vir sy honde. Hoewel Tom verlede jaar swaar gekry het toe sy lieflinghond, Woody, ná ’n ses maande lange stryd met ’n aggressiewe spierversteuring, bekend as polimiositis, dood is, is Tom se liefde vir diere steeds sigbaar. Hy het selfs ná Woody se afsterwe ’n emosionele blog daaroor geskryf wat almal in trane gehad het. Deesdae neem Tom heelwat honde in sy pleegsorg en jy sal gereeld foto’s van diere op sy sosiale media sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tom en sy liewe Woody:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
View this post on Instagram

A post shared by Tom Hardy (@tomhardy) on

Blu-soene:

Paris Hilton

Ná die verlies van haar geliefde chihuahua, Tinkerbell, wat ’n permanente sitplek in haar handsak gehad het en die wêreld saam met haar aangepak het, het Paris sommer ’n paar nuwe honde gekry. Hulle staan bekend as die Hilton Pets – gaan kyk gerus na hul persoonlike Instagram-profiel @hiltonpets. Hulle het selfs hul eie honde-herehuis!

Die #HiltonPets:

Buite die honde-herehuis:

’n Kykie in die lewe van ’n Hilton-troeteldier:

Priyanka Chopra

Ons het begin dink dat Priyanka se vierpotige hondekind, Diana Chopra, dié ster se gewildheidsvlak gaan oortref. Diana het nie net meer as 88 000 volgelinge op haar persoonlike Instagram-rekening (@diariesofdiana) nie, sy was boonop saam met Priyanka op die Maart 2018-voorblad van die tydskrif Elle.

Sy is immers voorbladmateriaal:

Karl Lagerfeld

Choupette Lagerfeld is sekerlik dié bekendste onder die bekendes se troeteldiere! Choupette speel dikwels die rol van ’n model en sy het nie verniet meer as 115 000 volgelinge op haar persoonlike Instagram-profiel nie.

Volgens Indië se grootste sakenuus-kanaal, CNBC is ’n groot gedeelte van die modereus Karl Lagerfeld se versamelings deur Choupette geïnspireer. Soos jy kan verwag, leef Choupette Lagerfeld natuurlik ook die lewe van ’n superryke – sy het selfs haar eie persoonlike versorgers en die hele entourage reis gereeld saam met Karl na hul luukse bestemmings. Dis nie bekend hoeveel stukke bagasie sy op haar reise saam neem nie …

Kan jy dit glo? Choupette het meer as 115 000 volgelinge op haar Instagram-profiel.

Gewild, gewilder, Choupette:

Karl se oogappel:

Taylor Swift

Net so bekend soos hul mens-ma, is Taylor Swift se katte ook! Haar katkinders, Merideth Grey en Olivia Benson – vernoem na karakters uit die Amerikaanse TV-reekse, Grey’s Anatomy en Law & Order – verskyn gereeld in Taylor se foto’s en het selfs al in die advertensiebedryf naam gemaak. Merideth en Olivia hang ook gereeld saam met die celebs van die vermaaklikheidsbedryf uit – hoe dan anders, as die sterre van die DirectTVNow-advertensies hulle is in elk geval ewe beroemd!

Dis net bekendes waar jy kyk:

Kyk net Olivia se reaksie op Taylor se Olivia-oorbelle:

Liam Hemsworth

Dié hunk is die hele pakket: slim, snaaks, gespierd, aantreklik én lief vir diere. Soos ons almal weet is Liam en sy verloofde, Miley Cyrus, bekende dierliefhebbers. Maar ons het nie besef presies hoe lief hulle vir diere is totdat ons ’n bietjie op Liam se Instagram-profiel en Miley se Twitter-rekening gaan rondkrap het nie.

Die Hemsworths:

Die “ons-het-pas-wakker-geword”-selfie:

Julianne Hough

Julianne Hough se King Charles-spaniel, Lexi, het vir ons die krag van  “puppy love” bewys toe sy geweier het om Julianne se sy te verlaat ná haar tweede operasie vroeër vanjaar. Pleks dat Julianne die kollig op haar chroniese stryd met endometriose laat val het, het sy op haar beurt die jare lange lojaliteit wat Lexi aan haar bewys het, beklemtoon.

Julianne se beskermengel:

Soveel liefde:

Sonskyn, glimlaggies en ’n rooi sportsmotor:

Amanda Seyfried

“Ek maak seker dat Finn op al my werkkontrakte ingesluit word. Ek maak dit duidelik dat hy ‘n nie-onderhandelbare entiteit in my lewe is. Hy is familie. Natuurlik, as ek êrens skiet waar troeteldiere nie toegelaat word nie, maak ek uitsonderings. Maar mense in die bedryf weet al dat wanneer ek saam met hulle werk, hulle ook saam met Finn werk,” het Amanda in ’n onderhoud met InStyle in 2017 verklap. Dit wys mos nou vir jou, Amanda en Finn is onafskeidbaar! Finn Seyfried spog ook al met meer as 77 000 volgelinge op sy Instagram-profiel (@finnsite).

Lees ook Amanda Seyfried: In volle blom

Dis lekker op die plaas:

“Glimlag!”

Sharon Osbourne

Om tot 25 000 km per week te vlieg, sal sy tol van enigeen eis, maar aktrise Sharon Osbourne het ‘n unieke én redelike duur manier gekry om dié stres te hanteer: haar twee geliefde honde vlieg saam met haar waarheen hulle ook al gaan … En niks minder as eersteklas is goed genoeg vir die twee nie. Teen ’n koste van sowat 230,000 Britse pond per jaar (dis meer as R3 miljoen) slaag dié X Factor-regter daarin om lugrederye se streng reëls rondom troeteldiere aan boord vry te spring. Sharon dring daarop aan dat haar geliefde honde “emosionele ondersteuningsdiere” is waarsonder sy nie oor die weg sal kom nie. Hoewel dié pomeranians, Bella en Rocky, nie soos jou gemiddelde, geharde dienshonde lyk nie, beweer Sharon dat dit presies is wat hulle is. Sy bestee selfs ’n bykomende £400 per jaar om individuele troeteldier-paspoorte vir haar hondekinders uit te reik.

Hallo Dolly en Daisy:

Pret op die strand:

Martha Stewart

Dis geen geheim dat Martha Stewart lief is vir diere nie – sy het immers al heelwat honde, katte, chinchillas, parkiete en hoenders besit. Maar kom ons wys net weer vir julle haar pragtige versameling troeteldiere.

Kyk net daai ‘siggies:

But wait, there’s more“:

Hugh Jackman

Hugh Jackman het twee honde, Dali (’n Franse bulhond) en Allegra (’n karamel-kleurige poedel/terriërmengsel). Wanneer hy nie op stel besig is om tonele te skiet nie, speel Hugh die rol van ’n liefdevolle man, pa en honde-eienaar: hy neem sy kinders skool toe, spog gereeld op foto’s saam met sy vrou en neem vir Dali en Allegra park toe. Selfs in die winter! En voor hulle park toe gaan om in die sneeu te speel, maak Hugh eers seker dat Dali warm genoeg is in die regte baadjie en skoene.

Vroegoggend-stappies:

Son, see en sand:

Reese Witherspoon

Dié Oscar-bekroonde aktrise het ‘n Franse bulhond genaamd Pepper, ‘n sjokolade-kleurige Labrador, Hank, ‘n bulterriër met die naam Lou Ann en twee donkies – Honky en Tonky. Ons wil beslis een van Reese se troeteldiere wees! En wie is jou gunsteling onder die beroemdes se troeteldiere?

Lees ook: Reese Witherspoon: Blonde Ambisie

Storietyd:

“Waarheen gaan jy?”

Luilekker op Ma se skoot:

So, wie is jou gunsteling beroemde troeteldier?

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.