kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bekommerd oor borsvoeding? Hier’s raad

So, jy het besluit jy gaan jou nuwe bondeltjie vreugde borsvoed? Buiten dat dit ’n perfek gebalanseerde maaltyd vir jou baba is (en baie gerieflik en boonop ’n winskoop), sal jy aan haar al die voordele van moedersmelk-teenliggaampies en die beskerming teen ’n lang lys siektes en allergieë gee. Jy het seker ook al gehoor dit sal jou help om jou oortollige swangerskapsgewig te verloor en jou die moeite spaar om al daardie bababottels te was?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nieteenstaande jou goeie voornemens, is jy dalk bekommerd dat jy nie sal kan borsvoed nie. Jy het ander ma’s al hoor praat oor borsvoeding, oor hoekom hulle gestop het, en hoekom hulle nooit eens probeer het nie. Al daardie praatjies kan ’n nuwe ma se selfvertroue ’n knou gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As nuwe ma’s hoor wat die redes is hoekom so baie vroue nie borsvoed nie, sal hulle maklik dink dat vroue se liggame nie altyd behoorlik funksioneer nie en dat die voorreg om te borsvoed net van genetiese geluk afhang …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Sy is gelukkig, sy het die regte soort borste”. Dit is hoekom die meeste nuwe ma’s na die eerste probleem met borsvoeding voortydig opgee en glo hulle is op die pad na mislukking. Inteendeel, as sy net vasbyt, sal ma en baba die voordele van borsvoeding – beide sielkundig en fisiek – ervaar.

Meer vroue is fisiek in staat om te borsvoed as die wat dit nie kan doen nie. Neem in ag dat in Bangladesh 98% ma’s borsvoed en in Noorweë borsvoed ook 95% ma’s. Dit is ’n goeie aanduiding van vroue se werklike borsvoedingsvermoë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die boodskap is dat as jy gekies het om jou baba te borsvoed, moet jy jouself en jou liggaam vertrou. Moenie dat ander se – dikwels oningeligte – redes hoekom hulle nie borsvoed nie, jou van jou visie vir jouself en jou baba beroof nie.

Hier is van die redes wat nuwe ma’s gee hoekom hulle nie borsvoed nie, en ook hoekom hierdie redes jou nie moet ontmoedig nie:

“Ek het nie genoeg melk nie. My baba is altyd honger.”

Dit is die rede wat ek die meeste hoor, veral in die eerste weke na geboorte. Maar die meerderheid vroue sal genoeg melk produseer om hulle babas te voed as hulle goeie borsvoedingspraktyke volg.

Ma’s dink gewoonlik hulle het nie genoeg melk nie as hulle babas skielik meer as gewoonlik begin kla, of meer as gewoonlik drink, of voortydig die bors los. Nog ’n sondebok is die borspomp. As ’n ma net ’n paar milliliter kan uitpomp, wie kan haar kwalik neem as sy dink dat sy nie genoeg melk het nie, maar in realiteit het sy oorgenoeg? Dit is omdat daar niks soos ’n regte baba is om melkproduksie te stimuleer nie.

Onthou borsvoeding is ’n voorsien-op-aanvraag balans. Voed jou baba op aanvraag, en jou liggaam sal melk produseer. As jy ’n voeding of twee elke dag oorslaan sal jou liggaam reageer deur die voorraad te verminder.

Jou baba verstaan nie jou skedule nie, plaas dus jou behoefte om die voeding te beheer eenkant, en laat jou baba die skedule self bepaal. Babas wil voed as hulle honger is, nie as die een of ander bababoek die mamma inlig dat dit voertyd is nie.

As jou baba gewig optel, redelik gelukkig is, op en wakker is en vyf of meer nat doeke en twee tot vyf poepdoeke per dag vanaf dag vier produseer, kan jy jou kommer oor melkproduksie opsy skuif.

“Dit is net te pynlik.”

Wees gewaarsku … as jy net begin borsvoed, kan dit voel of jou baba ‘n mond vol doringdraad het. La Leche League sê 80-90% borsvoedende ma’s sal tepelpyn ervaar, en 26% se tepels sal bars en seer wees. Selfs ma’s wat voorheen geborsvoed het, kan die tweede keer pyn aan die begin ervaar.

Daar is baie oorsake daarvoor en die meeste, soos swak vassuig, is maklik om te korrigeer. Met ’n bietjie tyd, goeie tepelsorg, en leiding deur ’n borsvoedingskonsultant, sal borsvoeding nie langer seer wees nie. Maar moenie wag voor jy hulp vra nie; seer tepels vandag kan maklik in onbeheerbare pynvlakke omskakel.

“Ek het mastitis.”

Mastitis is die inflammasie van die melkkliere, wat verkoue-agtige simptome en ‘n seer area op jou bors veroorsaak. Maar pynlike mastitis beteken nie die einde van borsvoeding nie. Die teendeel is dat as jy meer voed om die melkkliere te ledig, is dit deel van die genesing (mastitis maak nie die melk onveilig vir die baba nie). Laktasie-veilige medikasie soos paracetamol en ibuprofen en yspakke sal die pyn verlig. Raadpleeg ‘n dokter as jou simptome volhou want jy het dalk ’n laktasie-veilige antibiotika nodig.

“Ek kry dit nie reg nie. Ek is nie een vir borsvoeding nie.”

Min ma’s kry dit dadelik reg om te borsvoed. Borsvoeding mag dalk natuurlik wees, maar kom nie altyd natuurlik nie. Die meerderheid ma’s het hulp, ondersteuning en veral oefening nodig. En babas maak dit nie makliker nie. Terwyl pasgeborenes ’n kragtige instink het om te borsvoed, moet hulle ook leer om behoorlik vas te suig.

In die eerste weke kan borsvoeding moeilik wees en jy mag voel jy is ’n mislukking, maar jy is nie. Jy is net op die leerkurwe van borsvoeding; daardie vier-tot-ses-weke periode as julle beide probeer om die vaardigheid baas te raak.

Om jou en jou baba so vinnig as moontlik reg te kry vir borsbvoeding, begin binne ‘n uur na die geboorte borsvoed, hou jou baba so veel as moontlik by jou, voed op aanvraag, en vermy bottels en fopspene.

“Ek moet spoedig weer teruggaan werk toe, wat gaan dit baat?”

Om terug te gaan werk toe, is ’n probleem vir borsvoeding. As jy binne enkele maande na die geboorte moet teruggaan werk toe, moet jy uitvind of jy by die werk gereeld kan melk uitpomp. As uitpomp nie ’n opsie is nie beteken dit nie jy moenie borsvoeding oorweeg nie. Enige borsvoeding, al is dit net ’n kort rukkie, is ’n geskenk aan jou baba.

Lees ook: Nageboortedepressie

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.