5 maniere om depressie te bekamp

Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy geweet een uit elke ses Suid-Afrikaners ly aan angs of depressie (met die uitsondering van meer ernstige toestande soos bipolêre versteuring of skisofrenie)?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dr Renata Schoeman, lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters (SASOP), sê nóú is die tyd vir mense om bewus te raak van ongesonde lewenstyle om sodoende hul kanse op geestesgesondheidsverwante siektes te beperk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons was almal al voorheen daar, waar dit veel makliker en lekkerder is om eerder vir ure die rusbank warm te hou as om jou hardloopskoene uit ’n stowwerige kas op te diep. Sodra jy wel die skuif gemaak het, is dit onmiskenbaar hoe fantasties jy ná oefening voel. So, hoekom wag om ’n bewuste keuse te maak om gesonder te wees? Om jou gesondheid eerste te stel, sal ’n ongelooflike positiewe uitwerking op alle gebiede van jou lewe en gemoedstoestand hê.”

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die verband tussen fisieke fiksheid en geestesgesondheid is al oor en oor bewys. Baie mense verkies egter om op ’n besige lewenstyl te fokus eerder as om te besef dat om onaktief te wees op die langtermyn ’n negatiewe uitweking op hul gesondheid, maar ook op hul gemoedstoestand sal hê. Oefening is ’n sterk teenvoeter vir ligte tot matige depressie, dit is ’n natuurlike bui-opkikker en het ’n geweldige positiewe impak op emosies.

“Oefening stel endorfiene vry wat jou energiek hou, jou fisies moeg maak en jou gevoel van welsyn verbeter. Dit bevorder neuronale groei en verminder inflammasie van die brein. Hierdie biologiese veranderinge het ook kalmte tot gevolg. Een van die belangrikste voordele van oefening is die positiewe invloed wat dit op die handhawing van gereelde slaapsiklusse het. Gemoedstoestande en angsversteurings kan slaap negatief beïnvloed en slaapsteuring kan bydra tot die ontwikkeling van gemoeds- en angsversteurings.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

“Nog ’n voordeel van oefening is die moontlikheid wat dit skep om, op ’n gesonde manier, sosiaal aktief te wees. Dit is die beste manier om stres en spanning te verlig en angs hok te slaan. Jy fokus eerder op ander dinge as om voortdurend besig te wees met die dinge wat jou juis angstig maak.”

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Dr Schoeman sê verder diegene wat aan ADHD ly kan baie voordeel trek uit oefening aangesien dit konsentrasie en geheue verbeter deur die vlakke van dopamien wat in die brein verhoog word. Dit is ’n belangrike toevoeging tot medikasie wat gebruik word vir die behandeling van ADHD en kan selfs die pasiënt se behoefte vir medikasie verminder.

Lees ook: ADHD – Is dit dalk jy?

“Het jy geweet oefening kan jou eintlik slimmer maak? Dit wakker kreatiwiteit aan en help met vinniger probleemoplossingvermoëns, maak voorsiening vir beter fokus en konsentrasie, wat op sy beurt lei tot die toename in produktiwiteit. Dit stimuleer ook die groei van nuwe neurone in die geheue-areas van jou brein.”

Wanneer jy 30 minute se fisiese oefening vyf keer ’n week kan inpas, kan jy begin kyk na ander selfversorgingsareas in jou lewe om jou gesondheid geheel en al te verbeter.

“Om balans tussen jou persoonlike en professionele lewe te vind, moet mens ’n paar veranderinge maak. Begin klein – die idee is om jouself nie te oorweldig nie, eerder andersom. Met elke klein verandering sal jy agterkom dat ander areas van jou selfsorgreis natuurlik verbeter, omdat dit jou ingesteldheid is om gesonder te wees.”

Dr Schoeman glo dat ’n gebalanseerde dieet, opvoeding, sosialisering en voldoende slaap hand aan hand gaan met oefening om die basis te vorm vir wat nodig is vir goeie geestesgesondheid en algemene welsyn.

“Jou brein is toegerus om lewenslank te leer en hoe meer jy dink, hoe beter funksioneer jou brein, ongeag jou ouderdom. Begin dus met neurobics deur jou brein te stimuleer met aktiwiteite soos kuns, kunsvlyt, reis, om musiekinstrumente te bespeel en vrywilligerswerk.”

Lees ook: Mediteer só met inkleurboeke vir grootmense

Daar is ’n gesegde wat sê jy is wat jy eet. Dr Schoeman glo ’n gebalanseerde dieet wat vesel, Omega 3 en vitamiene B en E insluit, sal die risiko van demensie verminder, korttermyngeheueverlies verbeter, jou bui opkikker en leervermoë, energie en konsentrasie verhoog.

Lees ook: Vitamienes wat vasvat

Kan jy Alzheimer keer? Lees hier

“Die volgende stap is om te sosialiseer. Om gelukkig te wees is aansteeklik en as jy jouself omring met mense wat jou vlak van geluk verhoog, sal jy ’n afname in stres, depressie en selfs hartsiektes sien. Fisieke liefde verbeter jou gemoedstemming en lag is die beste medisyne wanneer dit by geestesgesondheid kom.”

Lees ook: Leef lig en lag ’n bietjie

Dr Schoeman glo die laaste stap is voldoende slaap. Dit gee jou immuunstelsel ’n hupstoot en behou hormonale balans wat vetsug en diabetes voorkom. Voldoende en gereelde slaap voorkom ook geestesgesondheidsprobleme soos depressie, deur emosionele welstand te verhoog. Slaap is daarby ook baie belangrik vir konsentrasie, geheue en leer en selfs voorkoming van demensie, want “afvalprodukte” wat ophoop wanneer jy wakker is, word deur slaap “weggespoel”.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.