kategorieë: InspirasieJou lewe

Dertien vrae aan Belinda Bras-Nel, die engelvrou

Dertien vrae aan die engelvrou deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Wat was die inspirasie vir jou nuwe boek, My Naked Soul: exploring the true self?

Die laaste ses jaar van my lewe was baie intens en het diep groeiprosesse behels. Om myself te help het ek ’n ontdekkingspad aangedurf waar ek die begeleiding van die engele intens leer ken het. Hulle het my gehelp om alles te identifiseer waaraan ek klou, maar wat nie werklik deel van my ware self is nie. Ek het ’n intense stropingsproses ondergaan tot ek gevoel het dat ek naak in die wêreld staan. Tog het hierdie nuutgevonde naaktheid my siel ontbloot en my intens bewus gemaak het van wie ek eintlik is.

In hierdie tyd het ek, in ’n poging om staande te bly, inspirasie in elke dag probeer vind. Ek het hierdie inspirasies elke dag op sosiale media geplaas om myself en ander aan te spoor, en 242 van hulle het ontwikkel om die boek te vorm. Ek het besef dat ons almal deur ons eie stropingsprosesse gaan. Jy kan kies om dit nie te besef nie of daarteen skop, maar dit gebeur steeds. My Naked Soul bevat al die “gereedskap” wat ek gebruik het om my te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Belinda Bras-Nel: Die Engelvrou

2 Wat was die grootste vreugde tydens die skryf van die boek, en die grootste uitdaging?

Dit was vir my regtig lekker om die oefeninge, meditasies en engelboodskappe wat my tot hulp was met ander te kon deel.  Die grootste uitdaging was om die boek drie keer te herskryf voor dit sinvol vorm kon aanneem.

3 Hoe verskil dit van jou vorige boeke?

Hierdie boek is ’n self-help joernaal, terwyl my vorige boeke – “My Pad met Engele” (Lapa, 2011) en “My Pad met die Doodsengel” (Naledi, 2016) – onder niefiksie val. Daarin deel ek inligting en wyshede uit my eie lewe en ervaringe met engele en die dood. In “My Naked Soul” (Corals, 2018) neem die leser deel, en vind hy of sy inspirasie vir hul eie spirituele groei. Ek het besluit om die boek in Engels te skryf sodat dit vir ’n wyer kring lesers beskikbaar kan wees.

Lees ook: Die engele om ons

4 My Naked Soul is gebruikersvriendelik met 22 kort dagstukke onder elk van elf temas. Hoe kan mense dit gebruik?

Ook die gebruik van die boek is gebaseer op elke leser se eie behoeftes en gevoel van wat hulle nodig het. Die temas ontwikkel vanaf uitdagings, oorgawe, en om jou denke te vernuwe tot liefde, vreugde en ’n identifisering van die ware self.

Lesers kan voor begin en in volgorde deur die dagstukke werk, of elke dag ’n spesifieke tema kies. Jy kan ook eenvoudig die boek laat oopval en vertrou dat dit die regte stukkie is vir daardie dag. Die joernaalgedeelte waarin jy inskrywings kan maak, wys jou watter dae jy reeds afgehandel het. Die oefeninge en hulpmiddels in die appendix kan enige tyd weer gebruik word, na behoefte.

5 Elke dagstuk het onder meer ’n aanhaling deur ‘n spesifieke engel. Vertel ons meer van jou werk met die engele.

Sewentien jaar gelede het ek myself in ’n diep depressie bevind waar ek nie meer wou lewe nie. Ek het God gevra om my te wys waarom ek op die aarde is, en drie maande later het die engele aan my verskyn. Hulle het my gelei om sin en betekenis in my lewe te vind. Ek het ook vir ander mense boodskappe van die engele begin gee om inspirasie en insig in hul eie bestaan te voorsien. Ek bied werkswinkels aan waar ek meditasies fasiliteer waarin mense hul eie engele en begeleiding kan ervaar.

6 Verduidelik wat affirmations, visualisations, exercises en mudras is, en gee voorbeelde uit My Naked Soul.

  • Affirmations is positiewe woorde wat jy deur die dag herhaal om jou gedagtepatrone van negatief na positief te herskryf. Dit word by elke dagstuk ingesluit om by die tema te pas.

Affirmation – “I trust life to carry me forward”

  • Visualisations is visualiseringsoefeninge of meditasies wat jou help om opbouende prentjies te begin vorm, asook om ou patrone in jou lewe met nuwes te vervang. Visualisering is jou sterkste vorm van gebed. As jy iets vir jouself kan visualiseer, kan jy dit makliker glo en in jou lewe  verwerklik. Die visualiserings is deur die engele aan my meegedeel en word by sekere dagstukke ingesluit om jou met genesing te help. Die visualisering vir vergifnis help jou byvoorbeeld om die genesing van vergifnis – en ook verskuiwings in jou lewe – op ’n diep vlak toe te laat.

Visualisation – Letting go of Control

Imagine yourself standing at a closed door. Deep inside, you know that opening this door is in harmony with your soul’s guidance. Notice any thoughts and feelings that come to you to show you why you cannot fit through this door yet. What do you need to surrender? What do you need to allow? Ask the angels to help you release all that you still try to control. Imagine yourself surrendering to what needs to happen and then, when you have let go of your need to force the door open, see it opening on its own.”

  • Exercises sluit joga-oefeninge in wat kan help met kalmte, om depressie te laat gaan, ens. Daar is ook asemhalingsoefeninge om te help om kalm te raak en vrede te ervaar. Mudras is ’n antieke toepassing, ’n tipe meditasie waarin jy handgebare en vingerposisies gebruik om jou gedagtepatrone the herskryf. Daar is byvoorbeeld mudras om vreugde in jou lewe toe te laat en om insig te bekom

Exercise – Mudra to detach from the stress of reality

“Sit with your spine straight and cover both your eyes with the palms of your hands. With long, deep breathing, repeat to yourself: “I let go of the stress of the world. I return to me. God supports me in all ways.”

7 Hoekom vind baie van ons dit so moeilik om hulp te vra – van God, die engele of ander mense?

Ons word van kindsbeen af gekondisioneer om te glo dat ons nie onnodig hulp mag vra nie en self verantwoordelikheid moet vat. Natuurlik wil ons nie hulpeloos voel nie, maar tog moet ons die balans vind. Dit is ’n baie belangrike deel van ons menswees om nooit alleen te voel nie. Ons wil almal voel ons is iets werd en dat ander ons ondersteun. Wanneer dit by bid kom, glo die meeste mense jy mag net om die nodigste bid, en ongelukkig lei dit tot gebede uit vrees: gebede vir beskerming en dalk genesing, maar selde vir vrede, vreugde en geluk.

8 Hoe kan ons ons oopstel om hulp te ontvang?

Om hulp toe te laat moet jy ongelukkig eers ou geloofsisteme – soos dat jy alleen moet regkom, of waardeloos is en niks verdien nie – uitvee en vervang met positiewe geloofsisteme: geloof in die self, selfliefde en waarde. Wanneer iets skeef loop, glo mense nog te maklik hulle word gestraf. Hulle kyk selde na wat hulle vir hulself gun. Iets kan eenvoudig nie opdaag as jy dit nie vir jouself gun en glo nie. Die engele daag my heeltyd uit om meer en meer vir myself te glo. Hoe meer jy jouself toelaat om te ontvang, hoe meer vreugde ervaar jy en hoe meer kan jy dit met ander deel.

9 Vertel asb. van jou wolwe.

Nes die engele het die wolwe in my lewe opgedaag sonder dat ek daarvoor gevra het. Engele was nie werklik deel van my denkraamwerk voor hulle opgedaag het nie, en nog minder het ek ooit kon dink dat wolwe my leefspasie sou deel. Maar Spirit (God, die engele en ons afgestorwe geliefdes) is vol verrassings en daarom is my lewe vol wonderwerke. Aangesien ek ook dierekommunikasie doen, glo ek dat die wolwe opgedaag het om as mentors vir my op te tree. Ek leer ontsettend baie by hulle oor die natuur, oor verskillende siele en oor myself.

10 Jou kaartstel Ask the angels het pas nuut verskyn. Wat is die funksie van so ’n stel?

Die kaarte is ’n hulpmiddel om jou intuïsie te stimuleer en jou te help om die begeleiding wat jy van Spirit ontvang te vertrou.

11 Hoe gebruik ’n mens die kaarte?

Jy skommel die kaarte eenvoudig met die intensie om begeleiding te ontvang, of jy dink aan ’n vraag terwyl jy die kaarte skommel. Vertrou dan jou gevoel oor watter kaart om te trek. Elke kaart het ’n tema, en in die hulpboekie wat die 44 kaarte vergesel, is daar ’n verdere beskrywing van wat die kaart vir jou kan beteken.

12 Wat as jy bang is om met só ’n stel kaarte te werk?

Sommige mense is bang dat die kaarte jou toekoms voorspel, wat glad nie waar is nie. Jy skep jou eie toekoms volgens die keuses wat jy maak en die aksies wat jy neem. Die kaarte is bloot ’n hulpmiddel om jou eie intuïsie te versterk en te ontsluit. Hulle kan jou wel help om beter keuses te maak of meer vir jouself te glo, en so ’n meer vervulde toekoms in te nooi.

13 Hoe gebeur dit dat die kaarte so akkuraat is?

Ons is inderdaad elk aan God en ons begeleiding verbind, in elke oomblik van ons Aardse bestaan. Ongelukkig sukkel ons dikwels om daardie begeleiding te glo, of ons dink dis ons verbeelding. Die kaarte en selfs die boodskappe van die engele wat ek vir mense ontvang, bevestig net wat jy eintlik reeds in jou hart ter harte besef, maar dalk nie met die nodige besluite en aksies opvolg nie. Alles wat geskape is en geskep word, dra die skeppingsenergie. Deur dit wat jy uitstraal, trek jy aan wat jy nodig het, soos wanneer jy ’n boek of jou Bybel oopslaan en ’n sin of versie ontvang wat jy op daardie oomblik nodig het. Die kaarte werk presies net so. Jou intensie om bemoediging of leiding te ontvang, trek die kaart aan wat vir jou die inspirasie moet bring. As jy jouself vertrou om die regte kaart te trek, stimuleer jy jou intuïsie en vertroue in die begeleiding wat God jou bied.

Meer inligting by www.belindabrasnel.co.za of volg Belinda Bras-Nel op Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.