kategorieë: Ons menseBekendes

Posduif: Rubber Duc sing nou ook Afrikaans

Posduif: Rubber Duc sing nou ook Afrikaans deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Afrikaanse groep, Posduif, mag dalk nie bekend klink nie, maar almal ken hul reeds goed met hul lekkerluister-musiek onder die naam Rubber Duc. Nou het die talentvolle mans bande gesmee met James Boland as Posduif se hoofsanger, en hul eerste enkelsnit Brandy Special (in Afrikaans) beloof om ’n gunsteling te wees by enige braai of partytjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die groep het ook ’n paar “dieper” liedjies geskryf wat hul ook in die toekoms wil vrystel, “om te wys ons is darem manne wat ook die ander belangrike dinge van die lewe waardeer”.

Maar Jordaan vertel gretig die volgende oor Brandy Special: “Wanneer jy daarna luister, omhels die lewe, goeie vriende en om fantastiese herinneringe te maak. Daar is soveel wonderlike goed in die lewe en dit is so ongelooflike voorreg om te kan leef. Mens moet elke dag vier as ’n geskenk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het met die ouens van Posduif gesels om meer uit te vind oor hierdie nuwe projek

Vertel vir ons van Posduif! Waar het die idee ontstaan om bande te smee met James Boland? En hoe lank het die idee gebroei voordat julle besluit het om dit ’n werklikheid te maak?

James en Rubber Duc is al lank goeie pelle. Ons het gereeld saam gekuier, James het af en toe vir die pret saam met Rubber Duc opgetree. Dit was na een só ’n aand wat dié klomp na James se huis is om verder te kuier en spontaan ’n Afrikaanse song geskryf het. Net daar het ons besluit dis dalk ’n goeie idee om ’n Afrikaanse band te begin …

Hoe het julle besluit op die naam?

Omdat Rubber Duc nou reeds “deel van die familie” is, wou ons die naam voël-verwant hou.

“Volstruis was net nie goed genoeg nie” sê James, en Posduif was die natuurlike opsie.

Wat maak Posduif anders as enige ander Afrikaanse band?

Posduif is ’n kleurvolle groep en verteenwoordigend van Suid-Afrika. Nie net in die groep self nie, maar ook wat die musiek betref.

Posduif se musiek trek inspirasie vanuit alle klanke, kulture en stories van dit wat mense in Suid-Afrika beleef, hoor en ervaar.

Watter soort musiek wil julle met Posduif maak?

“Al ons liedjies is stories wat ons uit ons eie lewens vertel” sê James. “Die musiek gaan oor lewenservarings en ons wil die harte van die mense aanraak, maar dit is belangrik dat die boodskap met groot pret en positief oorgedra word.” Ons wil só ’n positiewe boodskap uitstraal.

Agter die skerms by die video-opname van Brandy Special

Vertel vir ons wie almal deel is van die groep en wat elkeen se rol is.

  • James Boland: Hoofsanger en Kitaar: Ons noem hom die “Fun instigator”.
  • Nick Jordaan: Kitaar en Tweede stem: Nick is beslis die kreatiewe een! Van grafiese ontwerp tot melodieë – hy kan maar bly.
  • Brendan Campbell: Vervaardiger en Elektriese kitaar: Uiters talentvolle vervaardiger van Posduif en Rubber Duc – ÉN dan is hy nog Mr. Six Pack! Hoe sê die Engelse? “Not just a pretty face …”
  • Amiel Gopal: Baskitaar: Amiel is die besigheid-baasbrein van die groep!
  • Sheldon Sham: Saksofoon: Sheldon doen gewoonlik een van twee goed: óf hy speel die saksofoon soos niemand anders in Suid-Afrika nie, óf hy slaap!
  • Leeroy Sauls: Tromme: Leeroy se energie op die verhoog is aansteeklik en boonop het hy ’n stem wat mens laat dink aan Luther Vandross. Nie sleg vir ’n “agtergrondsanger” nie …  🙂

Waarna kan ons uitsien in die toekoms?

Posduif is halfpad met die opname van ons debuut-album. ’n Hele paar enkelsnitte is in die pyplyn, waarvan die tweede een binne die volgende paar maande by die radiostasies sal begin draai.

Navrae stroom en en die dagboek raak vol! Besprekings word gedoen by info@posduif.live. Optredes in Noordwes, Mpumalanga en Lephalale word binnekort aangekondig. Maak seker jy kuier ten minste saam op Brandy Special by hul vertoning naby jou!

Watter boodskap wil julle graag met Posduif oordra?

“Daar is soveel mooi aan ons land. Ons is lief vir Suid-Afrika en lief vir sy mense,” sê James.

Ten spyte van al die negatiewe dinge wat daar te sê is oor ons land, wil ons net ’n positiewe boodskap uitdra. Ons wil mense weer bewus maak van al die mooi om ons.

Kyk hier na Posduif se musiekvideo van Brandy Special:

Het jy geweet? Hierdie video is reeds meer as 160,000 keer op Facebook gekyk vandat dit in Desember verlede jaar vrygestel is!

Besoek gerus hul webwerf vir meer inligting, of volg hulle op sosiale media: Instagram, twitter, en facebook

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

14 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

17 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

18 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.