Beplan onderhoud vir jou kinders na ’n egskeiding

Beplan onderhoud vir jou kinders na ’n egskeiding deur Anet Schoeman. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Huwelik wat faal kom met sy eie trauma. Soms is dit twee mense wat voel dat hul niks meer in gemeen het nie en beter apart as saam is. Soms is dit weens groot emosionele teleurstelling of verraad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Of julle op goeie voet uitmekaargaan óf mekaar ál tien Bybelse plae toewens, maak seker dat jy die beste finansiële beplanning doen vir onderhoud van jul kinders. Lee Hancox, Kanaal- en Segmentbemarking by SPF Distribusie het duur finansiële lesse uit haar eie lewe geleer.

Lees ook: 10 wenke om te voorkom dat egskeiding jou breek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op die oomblik is die verdoemende statistiek vir egskeidings in Suid-Afrika dat vier uit elke tien huwelike voor hul tiende huweliksherdenking in egskeiding eindig.

Lee het self op 26 geskei toe haar dogtertjie een jaar oud was. “Ek wou die egskeiding so gou as moontlik agter die rug kry en omdat ons op  goeie voet uitmekaar is, het ek aanvaar dat ons altyd vriende sal bly en saam sal werk om ons dogtertjie groot te maak. Dus het ek nie toe die beste finansiële besluite geneem nie. Met nabetragring wens ek dat ek met ’n prokureur of finansiële beplanner gesels het.”

“Ek het die minder opvallende kostes onderskat. Soos hoeveel dit kos om my eie blyplek in te rig en dagsorg vir ons dogtertjie. Voorheen het my eks se ma na die baba gekyk.”

Lees ook: Egskeiding: Hou ’n oop deur vir Pa

Lee se raad aan ander ouers in hierdie situasie

1 Moenie haastig wees nie

Moenie ’n “quickie” egskeiding doen nie. Praat met jou prokureur en finansiële adviseur. Maak seker jy onderhandel vir ’n regverdige skikking wat vir jou kind se skool- en na-skoolse opleiding voorsienning maak. Maak ook seker dat onderhoud jaarliks in lyn met inflasie aangepas word.

Lees ook: Egskeidingsmediasie is goedkoper, makliker en vinniger

2 Sorg vir versekering

Sorg dat jy ’n versekeringspolis het wat onderhoudsverpligtinge dek. As jy dit nie in plek het nie kan dit tot ’n moeilike situasie lei as jou eks bv. sterf of gestrem raak, want onderhoud sal steeds voorrang geniet, wat sal beteken dat jou eks se huidige vrou besittings moet verkoop om die onderhoud te dek.

Lees ook: Geskei: Etiket vir funksies

3 Maak seker jou testament is op datum

Verander jou testament. Jy het drie maande na jou egskeiding grasie om dit te doen. Anders gaan die reg aanvaar dat jy wil hê dat jou eks steeds van jou erf.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

4 Dateer jou lewensversekeringspolis op

Verander die begunstigdes van jou lewensversekeringspolis.

Lees ook: Egskeiding: Kinders vir die naweek

5 Oppas vir verskuilde kostes

Wees ook bewus van ander verskuilde kostes aan ’n egskeiding soos prokureursfooie, oordragkoste van eiendom en potensiële veranderinge aan aftreevoordele.

Lees ook: Jou kind en egskeiding

Lees ook: Geskei en alleen op Kersdag. Hoe gemaak?

Die ander nadraai van egskeiding

Salf teen die seer van egskeiding

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.