kategorieë: OuerskapJou lewe

Jou kind en eetversteurings: Wat ouers kan doen om te help

Jou kind en eetversteurings: Wat ouers kan doen om te help verwerk deur Martie Swanepoel. Inligting verskaf deur die Akeso-kliniek. Foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou tiener en ’n posistiewe liggaamsbeeld

Die kweek van ’n goeie selfbeeld en liggaamsbeeld is noodsaaklik in die tienerjare. Dit is dan wanneer die tiener aanvaarding van sy liggaam moet aanleer en moet leer hoe om sy liggaam op te pas.

Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die media het ’n groot invloed op hoe ons onsself sien. Tieners is baie kwesbaar daarvoor.

Hulle moet leer hulle kan van binne beheer toepas hoe ’n gebeurtenis hulle raak en nie dinge en mense van buite blameer nie. Hulle moenie aanvaarding soek van buite nie en moet innerlike aanvaarding aanleer, meen  Linda Swanepoel, terapeutiese bestuurder en arbeidsterapeut by Akeso Montrose Manor.

Lees ook: Nie goed genoeg nie? Wat jy kan doen oor gevoelens van minderwaardigheid

’n Kind in ’n gebalanseerde huishouding sal innerlike aanvaarding leer terwyl ’n kind in ’n chaotiese, disfunksionele huishouding maklik invloede van buite sal blameer.

As ’n kind te jonk is om te leer om moeilike situasies te hanteer, leer hulle dat as ek mamma en pappa kan help om beter te voel, sal ek self beter voel. As hulle ouer word, is daar meer stres en verwagtinge en kan hulle dalk daarop fokus om ander te probeer tevrede stel eerder as om ’n aanvaarding van die self te ontwikkel. Uiteindelik sal alles wat hulle aanpak se sukses volgens hulle afhang van hoe ander dit sal ervaar.

Lees ook: Hoe gedrukte foto’s kan help om jou kind se eiewaarde te bevestig

Hoekom ’n positiewe liggaamsbeeld belangrik is

Tieners beskou die middeweg as vervelig en die Westerse gemeenskap bevestig ’n alles-of-niks-houding. Dit lei daartoe dat ’n tiener begin glo jy moet die perfekte lyf hê, jy moet universiteit toe gaan en jy moet geld maak.

Sy sê as ons gemeenskap kan leer om meer middeweg-denkers te wees, sal tieners meer realisties oor hul selfbeeld wees en hulself leer aanvaar. As jy minder druk op jouself het, sal jy makliker na jou eie stem kan luister, meen sy.

Lees ook: As rekmerke jou tiener se selfbeeld knou

Liggaamsbeeld en risikofaktore vir gewig

Sy sê om ’n gewig te handhaaf wat laer is as jou natuurlike vlak of om te probeer om gewig te verloor, aktiveer dadelik die alles-of-niks denke.

“Dit verg dissipline, motivering en determinasie om jou kosinname te beperk. Tieners ontwikkel streng reëls en pas dit toe om deur ander aanvaar te word.”

Lees ook: Skep ’n sterk selfbeeld

Kenmerke van eetversteurings

As jy ’n reël verbreek, voel jy soos ’n vraat en ’n mislukking. Dit kan lei tot skuldgevoelens. As die reëls verbreek word, kan die tiener oorboord gaan en te veel kos eet. Dit kan lei tot rituele van troos-etery van verbode kos. Die tiener kan in die geheim begin eet en dit kan lei tot vetsug.

Volgens Maslow se piramiede van menslike behoeftes het mense basiese behoeftes soos eet, slaap, water en gesondheid nodig voor jy ’n selfbeeld kan ontwikkel en uiteindelik selfaktualisering kan bereik.

Mense op dieet ontneem hulself die basiese behoeftes in ’n strewe na selfaktualisering. Dit benadeel hul gesondheid, verhoudings en doelwitte en hulle raak behep met kos en oefening en word sodoende gevangenes van hul eie gewoontes.

Hulle raak eensaam, moeg en voel soos ’n mislukking. Hulle haat hul liggame ongeag hul gewig en voel hulle is nooit perfek nie. Dit is waar depressie begin en tieners hulself begin benadeel of selfdood oorweeg.

Lees ook: Tekens van selfdoodneigings wat alle ouers moet ken

Kyk uit vir hierdie waarskuwingstekens

  • Verlies of toename van gewig, of gewig wat baie wissel, kan tekens van eetversteurings soos bulimie wees.
  • Toename van die oefenprogram en stokperdjies om verveeldheid en gepaardgaande ooreetsessies uit te skakel.
  • Vermy sosiale situasies, tree geheimsinnig op en het ’n behoefte om in beheer te voel.
  • Denke van alles of niks, oordeel ander, kritiese denke en isolasie.
  • Bring lang tye deur op sosiale media.
  • Bestee baie tyd aan kosmaak en bak vir ander, maar eet nie self nie.
  • Maak verskonings om nie etenstye saam met die gesin tee eet nie.
  • Baie eise in ’n restaurant. Hulle kosreëls is belangrik.
  • Word kwaad of begin hulself verdedig as hulp aangebied word.
  • Dra sakkerige klere, veral neutral kleure soos swart, wit en grys.
  • Depressie, angs, obsessiewe kompulsiewe simptome

Hoe kan jy help?

Kinders moet veilig voel sodat hulle op hulself kan fokus eerder as om ander tevrede te stel. Sy verwys na die drama-driehoek van oortreder, slagoffer en redder. Dit gebeur as een ouer by die kind kla oor die ander ouer. Die kind voel hy moet kant kies en red en dit begin ’n siklus van aanvaarding soek van buite. Dit kan lei tot ’n lae selfbeeld, slegte liggaamsbeeld en siklusse van beperking van kos en dan weer ooreet van kos. Ouers wat as ’n span werk, laat die kind geborge voel en keer dat hy manipulerend raak om guns van buite te kry.

Wenke vir ouers

  • Ontwikkel ’n gesonde verhouding met kos en moenie sekere kosse as verbode etiketeer nie.
  • Moenie voor jou kind oor jou gewigskwessies praat nie en stel ’n gesonde dieet-voorbeeld.
  • Eet maaltye as gesin, tuisgekook waar moontlik.
  • Moedig buitemuurse oefening aan en leer hulle dat dit oor genot eerder as wen gaan.
  • Leer respek en aanvaarding van die liggaam.
  • Vermy oordeel en probeer eerder vasstel hoekom jou kind op ’n sekere manier optree.
  • Bespreek dinge eerder as om voor te skryf.
  • Leer jou kind innerlike ervaring is belangriker as aanvaarding van ander.
  • Leer jou kind om negatiewe emosies te hanteer.
  • Stel ferm grense en leer jou kind verantwoordelikheid.

Globale syfers

  • 58% van alle meisies op universiteit voel onder druk om ’n sekere gewig te handhaaf.
  • Studies toon die kyk van realiteitsprogramme lei tot die fokus op die perfekte lyf.
  • Meer as ’n derde van persone wat beweer hul dieet is normaal, is patalogiese diëters en ’n kwart van hulle het ’n eetversteuring.
  • Hoofstroom-media beïnvloed meisies se selfbeeld
  • 95% van alle eetversteurings kom voor tussen 12 en 25 jaar.
  • Net 10% van mense met ’n eetversteuring sal hulp soek.

As jy vermoed dat jou kind ’n eetversteuring het, praat met hulle hieroor. As jy of jou kind professionele hulp kort, skakel die Akeso-kliniek by 0861 435 787. Hoe vroeër mediese en sielkundige behandeling toegedien word, hoe vinniger sal jou kind met die herstelproses kan begin.

Bronne:

  1. DoSomething.org. [Internet]. 11 Facts About Body Image. Available from: https://www.dosomething.org/us/facts/11-facts-about-body-image

Meer inligting by www.akeso.co.za. Vir ’n sielkundige krisis kan 0861 435 787 gebel word.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.